Geliefde onderwyser dood in woonstel gekry

Hanelise Klopper, bekend as juffrou Hanna in Upington. (Foto: Facebook)

’n Laerskool in Upington in die Noord-Kaap is in rou gedompel nadat een van hul onderwyseresse Woensdag dood in haar woonstel aangetref is.

Hanelise Klopper, bekend as juffrou Hanna by die Laerskool Oranje‑Noord, was ten tyde van haar dood met siekverlof.

Die omstandighede rakende haar dood is nie in die stadium bekend nie.

Klopper was 32 jaar oud.

Sias van Rooyen, skoolhoof by Laerskool Oranje-Noord, sê Klopper se afsterwe laat ’n enorme leemte by die skool.

“Sy was ’n fantastiese juffrou. Sy het groot deernis met haar leerders gehad en hulle was baie lief vir haar. Sy kon ’n ding aanpak. As jy iemand gesoek het om vir jou iets te organiseer en goed te organiseer, dan was dit juffrou Hanna.”

Van Rooyen sê Klopper was baie geliefd onder haar mede-onderwysers. “Sy het verskriklik omgegee vir haar medemens. As jy die dag af was, het sy iets op jou tafel gelos of jou bemoedig met woorde.”

Klopper het aan die Hoërskool Duineveld gematrikuleer en later in 2012 by die Laerskool Oranje‑Noord aangesluit. Hier het sy vir die gr. 3’s klas gegee en ook netbal en hokkie afgerig.

Van Rooyen sê ’n berader was reeds met die skool se personeellede in aanraking om hulle te bemoedig in die moeilike tyd. ’n Berader sal ook in die komende skooldae met Klopper se klas gesels om hul te “bemoedig en deur die rouproses te neem”.

Jy kan trane uitstort dat sy weg is,of jy kan glimlag omdat sy geleef het.Jy kan jou oë toemaak en bid dat sy terug…

Posted by Laerskool Oranje-Noord on Thursday, September 9, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
marius

Jammer !

Elinette

Wat ‘n mooie ode aan dié dame. Sterkte aan die leerders, skool en haar mede onderwysers, asook haar gesin, onmiddellike familie en vriende.

Marcello

RIV . My innge simpatie met haar familie en vriende.

Toy

So jonk nog. Sterkte aan haar familie.

babbelblapsie

Hanna was regtig ‘n omgee mens en dit is sooo waar dat sy ‘n regte raakvatter was! Sy sal gemis word!