Geliefde pastoor doodgeskiet

Pastoor Johan van Eeden. Foto: Facebook

ʼn Pastoor van Mosselbaai in die Wes-Kaap is dood nadat hy Saterdag in die vroeë oggendure koelbloedig geskiet is.

Kol. Maurice van Egmond, woordvoerder van die polisie, het gesê dit blyk dat pastoor Johan van Eeden buite sy huis in De Bakke geskiet is. Die presiese gebeure is egter nog nie duidelik nie.

“Van Eeden en sy seun was alleen by die huis. Hy het sy seun wakker gemaak en gesê hy is geskiet. Hy is kort daarna op die toneel oorlede,” het Van Egmond gesê. Daar word vermoed Van Eeden het moontlik iets buite die huis gehoor en met sy gelisensieerde vuurwapen gaan ondersoek instel. Hy is vermoedelik toe buite die huis geskiet. Die voorval het omstreeks 00:40 gebeur.

Van Eeden se vuurwapen word tans vermis.

“ʼn Man wat ʼn ent laer af in die pad was, het in dié tydperk toevallig ʼn verdagte man by hom sien verbystap. Hy het na hom geroep, maar die man het hom net geïgnoreer en aangestap. Hy het letterlik oomblikke daarna gehoor hoe ʼn skoot klap en toe hardloop dieselfde man weer by hom verby,” het Van Egmond gesê.

Volgens Van Egmond word daar in dié stadium ʼn saak van moord ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ʼn Familielid van Van Eeden het aan Maroela Media gesê Van Eeden is net drie weke gelede van die PPK Potgietersrus na Mosselbaai beroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hartseer ·

Ai dat so iets met iemand wat soveel vir ons gemeente beteken het gebeur! Harte is vandag baie seer, dat ons klein dorpie die pastoor moes groet toe hy na mosselbaai verhuis het. Potgietersrus (Potties) gaan die pastoor baie mis! Rus in vrede!

Mia ·

Die regering voer oorlog teen ons met mense soos hierdie as soldate. Ons het voole reg om op ons eie land aan te dring.

Sannie ·

Dit is so jammer dat n groepte man van die Here so wreed uit die lewe weg gevat is maar regverdigheid sal geskied

Neville Abrahams ·

Die geweldige vlaag van moorde wat nou orals kop- uitsteek KAN gestuit word deur die REGERING indien hulle wil.Beki Cele wat kamma soos n wafferse icon met n ongemaklike hoed rondloop beteken nog steefs niks .Eenvoudig , stuur die weermag as onderstening vir die polisie en konfiskeer die wapens.

Reneo ·

so tragies, rus in vrede Past Johan.
Sterkte aan sy gesin, familie & kollegas.

Ander Annie ·

Tragies. Innige simpatie aan sy geliefdes, familie en vriende. Pastoor Johan was ‘n wonderlike leraar, en ‘ n omgee mens. Rus sag Pastoor. Jou plekkie op aarde is nou leeg, maar die Hemel juig.

Anoniem ·

Dis so tragies dat mense net sommer doid geskiet word vir niks rus in vrede Pastoor

Coba ·

Dis so hartseer. Ons land is so vol drama. Ek het nou behoorlik al die nuus op Google gelees. Ons land is so vol moord, skiet, skop en dinges. Mag Ons Hemelse Vader SY hand oor ons ELKEEN hou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.