Geliefde polisievrou se moordenaar steeds op vrye voet

Ao. Michelle Stephenson. Foto: Facebook

Ao. Michelle Stephenson. Foto: Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn polisiebeampte van Vanderbijlpark se liggaam Dinsdagoggend in haar huis aangetref is nie.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê ao. Michelle Stephenson (44) se liggaam is gevind nadat sy nie vir werk opgedaag het nie en iemand gaan ondersoek instel het. Sy is met ʼn stuk lap verwurg.

“Ons voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte of verdagtes deur ʼn klein deur toegang tot die huis verkry het voordat hulle die slagoffer verwurg en die huis omgekeer het. Dit is nie duidelik hoe die verdagtes uit die huis gekom het nie, aangesien die hek en buitedeure toe was,” het Dlamini gesê.

“Stephenson was ten tyde van die voorval alleen by die huis. Dit is nog nie duidelik wat uit die huis gesteel is nie. Die polisie is besig om verskeie leidrade op te volg om die verdagte of verdagtes te identifiseer.”

Verskeie mense het op sosiale media hul skok en hartseer oor Stephenson se dood uitgespreek. Sy was ʼn bekende gesig in die gemeenskap, veral as die stigter van Jessica’s Wall of Life.

Dié muur is in 2008 agter die Cormed-hospitaal in Vanderbijlpark aangebring. In die muur is ʼn kluis aangebring waarin weggooibabas geplaas kan word. ʼn Alarm gaan dan in die hospitaal af en die kluis sluit outomaties totdat hospitaalpersoneel die baba kom haal. Stephenson was ʼn groot kampvegter om die probleem van ongewenste babas wat op ashope of elders weggegooi word, hok te slaan.

Boodskappe op sosiale media het Stephenson beskryf as ʼn uitstekende polisiebeampte, ʼn wonderlike ma en iemand wat ʼn pragtige nalatenskap agterlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Raymond ·

Dit is n groot jammerte dat sulke dinge gebeur in die tyd van samelewe vandag. Sterkte en seën vir die wat agter bly

Erika ·

Sy kon nog soveel vir die gemeenskap gedoen het. So onnodig. Sterkte vir familie en vriendin.

stienie Craig ·

Hiervan hoor jy NOOIT OP DI NUUS NI !!

Waars rasse krimenasie NOU ????????

Buitestander ·

Is ons samelewing nie so boos omdat ons nie meer werlike christene is nie. Bo blink ons maar diep bine ons, wat gaan daaraan?
Ons Christene het ‘n groot taak om teverig en verootmoediting doen.

Jan ·

Jy kan nie eers behoorlik spel nie dan wil jy vir ander preek. Ons sit met ‘n afgryslike probleem in hierdie land.

Hendrik ·

ek sien dit nie as preek nie. lyk eerder of jy n taalkundige is. Nee man. Sien buitesaander se kommentaar in die regte konteks of vra vir buitestaander wat hy/sy werklik bedoel.

Veronica ·

JAN . . . . .dalk moet jy tussen die lyne try lees as jy kan, syt n vraag gevra en nie gepreek nie! Tereg het jy gesê ons land het n afgryslike probleem . . . .

m ·

So jammer dat iemand wat so baie in die gemeenskap beteken het op so manier aan haar einde moet kom. En wie se kleintjies word op die ashope gegooi……. dis die einste mense was so rassisties teenoor wittes is… Hierdie tipe goed maak mens baie bitter…. Alles kan nie net altyd van een kant af kom in hierdie land nie..

miv ·

So tragies. Ons meegevoel met die familie. Hoop ons hoor dit op vannaand se tv nuus.

Cherokee ·

Anel, in wiè se hoederhok wil jy hê ‘n kraan moet kraai? Die hoenders oorsee weet nie eens van Suid Afrika nie, so ons sal self die hokke stewiger moet maak.

Lance ·

Miskien ook tyd om n video of n paar pics van die sogenaamde ”verdagtes ” lostelaat en vir almal te wys hoe hulle mense behandel …

Hannie ·

My vraag is, het God op gegee met die mensdom, waarom laat Hy hierdie gruwels toe om te gebeur?

Veronica ·

Hannie . . . . kyk nou het jy my warm onder die kraag!!!
Hoe kan jy impliseer GOD gee op????????
HE IS GOD ALMIGHTY

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.