Geliefde Polokwane-egpaar sterf in N1-ongeluk

Pierre en Erika Bantjes. Foto: Facebook

Terwyl owerhede nog besig is om amptelik die identiteit van die 27 oorledenes in Vrydagmiddag se grusame ongeluk op die N1 in Limpopo te bevestig, het dit reeds aan die lig gekom dat ʼn bekende egpaar van Polokwane in die ongeluk gesterf het.

Erika (44) en Pierre (44) Bantjes het in die ongeluk tussen Kranskop en Middelfontein gesterf. Erika was ʼn bekende haarstilis in die stad. Die egpaar het twee kinders.

Kevin Smit, Erika se swaer, het die nuus op sy Facebook-blad bevestig. “My hart is gebreek!” het hy geskryf. Ook Erika se suster, Janelle Smit, het haar profielfoto na ʼn foto van die Bantjes-egpaar verander en ander sosialemediagebruikers het hul medelye onderaan betuig.

Ook elders op sosiale media het boodskappe van skok en medelye ingestroom. “Voel nie werklik nie, of dit nie kan wees nie!” het vriende van die egpaar geskryf. “As ek geweet het die laaste keer was die laaste keer wat ek jou sou sien, sou ek vir jou dankie gesê het vir die engel [en] mooiste gees wie jy was op hierdie aarde. Die wêreld was regtig ʼn beter plek met julle in dit.”

Die departement van vervoer in Limpopo het intussen bevestig ʼn gebarste band was die oorsaak van die tragiese ongeluk wat soveel lewens geëis en nog mense beseer gelaat het.

‘n Wrak van een van die voertuig op die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Matome Moremi-Taueatsoala, woordvoerder van die departement, sê ʼn vragmotor wat in ʼn noordelike rigting gery het se regtervoorwiel het gebars en veroorsaak dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor.

Die vragmotor het verskeie voertuie getref, insluitend ʼn minibus-taxi wat in ʼn suidelike rigting op pad was. “27 mense het in die ongeluk gesterf, insluitend twee mense in ʼn Ford Everest-sportnutsvoertuig. Nog vier mense het ernstige beserings opgedoen,” het Moremi-Taueatsoala gesê.

Twee kinders is onder die oorledenes.

Makoma Makhurupetje, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, het die ongeluk as rampspoedig bestempel. “Wat vandag [Vrydag] gebeur het, is niks minder as ʼn ramp nie. Dit is ʼn bitter hartseer dag vir ons provinsie wat 27 mense op een dag verloor het.”

Makhurupetje het gesê dit is kommerwekkend dat die ongeluk gebeur het op ʼn plek wat reeds gemerk is as ʼn hoë-ongeluksone. “Gegewe die feit dat hierdie die derde ongeluk is wat in ʼn kort tydperk op die N1 gebeur, dink ons dit is nou tyd vir Sanral en die nasionale regering om ʼn ramp op hierdie pad te verklaar – ons kan nie nog lewens op dié manier verloor nie.”

Die LUR het haar opregte medelye met die oorledenes se familie uitgespreek.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Annonnie ·

Voorstel: alle trokbestuurders moet ‘n gevorderde bestuurskursus bywoon voordat hulle toegelaat word om lang afstand en snelweë te ry. Daarin word hulle geleer presies wat om in so ‘n situasie te doen. Die natuurlike reaksie is skrik, trap rem, en dis dit wat veroorsaak dat die bestuurder beheer verloor.
My innige simpatie aan al die families en vriende in die hartseer tyd.

Mooi ·

Ek sien Anonnie weet presies wie die bestuurdser was, wat sy opleiding en ervaring was ens. Hy het ook die ongeluk sien gebeur. Darem lekker as mens met die helmet gebore is

Nadine ·

Ek dink werklik dis waar … diee laaste 7 maande reis ek baie tussen SA en mozambiek en dis verskriklik hoe sekere trokke nie sal skroom as om jou van die pad af te druk omdat jy “stadig” ry nie…. ek meen … ek dink nie hulle besef die nagevolge nie

Marisa ·

@Mooi – kom jy tot ‘gevolgtrekkings’ op grond van wat Anonnie gesê het?? Dis goeie raad wat vir elke liewe vragmotorbestuurder geld. Daar was nie ‘aannames’ in die raad nie. Indien dit wél ‘n ervare bestuurder was, sou die ongeluk nie gebeur het nie. Of dalk sou dit in élk geval gebeur het. Mense val mekaar alewig aan op sosiale media. Dis SA se nasionale sport.

Vraagteken ·

Marisa, alle respek maar jy’ is nou besig om vir Mooi ook aan te val. Mooi doen net presies wat Annonnie gedoen het. Dit gesê, Mooi maak ‘n baie goeie punt: Annonnie weet self nie wat gebeur het nie so hoe kan die persoon die bevoegdheid van die bestuurder bevraag? Kom ek sê vir jou, trokbestuurders is baie meer bevoeg as gewone padverbruikers, ongeag van ras of geslag.

Andrew ·

Solank as wat Arrive Alive en ander rol spelers spoed as rede aanvoer om geld te maak, word geen ag geslaan op ander redes nie.

CB ·

Hans het nog vriende oor wat nie in die rug gesteek is nie.
Ai hartseer vir die mense.
Sterkte

Andre ·

Dit is n ramp. Daar is mense wat rou. Los die ondersoek vir ondersoekbeamptes en die hof om die oorsaak vas te stel en hou op om alwetend uit jou leunstoel te wees.

nieBAFUnie ·

Met verbystering lees en hoor ons daagliks van die verlies van menselewens weens “gru” ongelukke. Ons harte breek saam met naasbestaandes, familie,kinders wat ouerloos gelaat word.
Interessant dat die vragmotor se band juis in die “hoë-ongeluksone” gebars het. Dan kom staan die LUR vir vervoer en wil hemel en aarde met haar hoogdawerende engels verskuif oor wat gedoen moet word om hierdie gebeure te voorkom.Tussen hakkies, sy het nou nie vreeslik aangedaan of ontseld gelyk nie. Ek het nuus vir jou LUR : Wat jul ookal beoog om te doen sal niks help nie todat elke padboef van die paaie verwyder is nie.
Sterkte aan almal wat hierdie trauma moet verwerk.

Alida ·

Die LUR is dalk net so bevoeg soos die een wat SARS se IT afdeling bestuur.

Patty ·

Maklik om te kritiseer. Ons mototband het al gebars met trailer agteraan gehak. Gelukkig stadiger gery maar dit kon ook ander uitgedraai het. Ek het al by tonele verby gery waar n motorband gebars het en motor oor middelman gegooi het in aankomende verkeer in wat almal by spoedgrense gehou het. Gelaaide vragmotors se kanse is net bitter min om ongelukke te vermy.

Patty ·

Maklik om te kritiseer. Ons motorband het al gebars met trailer agteraan gehak. Gelukkig stadiger gery maar dit kon ook anders uitgedraai het. Ek het al by tonele verby gery waar n motorband gebars het en motor oor middelman gegooi het in aankomende verkeer in wat almal by spoedgrense gehou het. Gelaaide vragmotors se kanse is net bitter min om ongelukke te vermy. Sterkte aan al die families

Spike ·

Wanneer ñ voorband bars is dit nie maklik om die voertuig te beheer nie. Sterkte aan die famielies.

Retha Prinsloo ·

As dit ‘n band is wat gebars het, wat kan enige instansie/mens daaraan doen. Dit is hoekom dit ‘n tragiese ongeluk genoem word.

IK ·

Ook ek voel so maar https://www.youtube.com/watch?v=bGehjE8osyY
Die kante/skouers van ons paaie is so uitgery dat daar maklik skade kan plaasvind aan die binnekant vd band wat nie maklik sigbaar is. Dit is nie maklik om ‘n voertuig te beheer wanneer ‘n band bars en remtrap is die laaste om te doen. Opvallend is die versperring tussen tweerigting verkeer soos by https://www.youtube.com/watch?v=EOxDhCl5X9s
Die oplossing lê by https://www.youtube.com/watch?v=8znCgvHMb-g
Daar is GEEN onderdeel aan ‘n voertuig wat harder werk as die bande.

Frikkie Geld en huis ·

Dynamic Transport, aan wie die betrokke vragmotor behoort, is ‘n groot besigheid wat reeds lank in die bedryf is. Hulle sal beslis nie versoolde bande op die voertuig se voorwiele hê nie. Die drywer het moontlik iewers oor ‘n klein voorwerp gery wat die band effens beskadig het, en hy was nie eers bewus daarvan nie.

Bakgat29 ·

Tragiese ongeluk. Glo nie die vervoer maatskappy Dynamic Transport sal so roekeloos wees om versoolde bande op die perd te sit nie. Hulle trokke lyk meeste van die tyd goed opgepas. n Amptelik ondersoek sal die feite hopelik gou gou aankondig, hoop daar is nog bevoegde mense wat ondersoeke kan hanteer.
My probleem is die pad. As hierdie ongeluk dalk gebeur het voor Kranskop Plaza, dan het die drywer en mede pad gebruikers meer tyd gehad om te reageer en dalk lewens kon spaar. Die hele N1 moet eintlik Dubbel bane he, met n bree geel lyn en n bree eiland of ordentlike “buffers” tussen die twee verkeers rigtings. Die N1 is n besige pad. Sal nooit ongelukke heeltemal keer nie(menslike faktor) maar ons kan darem die skade vermy. Sodat ons sulke tragiese gebeure kan vermy. Waar is/was die “route patrol” wat seker maak die pad moet skoon wees van alle “foreign objects”? Tipiese regeering(Blade Nzimande) wat nou “shine” wil vang, doen n ordentlike ondersoek deur bevoegde amptenare dan tree jy op. Hoekom iemand pakslae gee(bande vervaardigers) as hulle moontlik onskuldig is in hierdie ongeluk. Wat n tragiese ongeluk, my hart bloei vir die mense en hul vriende/families wat iemand spesiaal verloor het.

Red ·

My innige simpatie met die groot verlies … dis bitter hartseer en so onnodig!

@Francois, ek werk vir n versolings maatskappy. n Regter voorwiel mag NIE n versoling wees nie. So, die band kon iets anders oorgekom het, of n fabrieksfout gehad het. Dis nie te sê dit was n versoolde band nie. Trokeienaars is veronderstel om dit te weet! Bande MOET nagegaan word voor trokke depots verlaat. Word dit gedoen? Versoolde agterbande moet gereeld afgehaal word op plus minus 5mm en vervang word met ‘n nuwe band of versoolde band. Maar dit word nie altyd gedoen nie. Dis baie sleg.

Sterkte aan hierdie 2 kindertjies wat hulle ouers op hierdie hartseer wrede wyse verloor het en nou die lewe in die oë moet kyk elke dag, sonder hulle ?

sandra ·

Ek stem, versoolde bande moet verbied word, kyk net bietjie hoe MIN swaar voertuie het nuwe, of egte bande op, nee, hulle ry almal met versoolde bande, Die gebeure is inderdaad baie hartseer en niemand sal weet wat regtig gebeur het nie. Almal bespiegel en moontlik is ‘n paar in die kol. My innige simpatie aan al die geliefdes wat nou by oop grafte gaan staan, wat geliefdes moet groet.

william ·

Transnet is korrup en ons spoor netwerk en dienste het dramaties agteruit gegaan wat die hoeveel trokke op die paaie dramaties vermeerder het wat aanleiding gee tot hierdie voorvalle

Henk ·

Nee wat om die pad as rampgebied te verklaar gaan geen verskil maak. Pas die wet toe. Mense en veral swaar voertuie ry te vinnig.

Liebenberg ·

Daar is gerugte dat sekere vervoermaatskappye, onder andere in Limpopo, nie hulle vragmotors en busse onderhou nie omdat hulle te fyn aan kostes in tenders sny. Dan sien hulle ongelukke as uitweg vir versekeringsgeld. Daar kort n ondersoek na alle vragmotor en busongelukke in die verband.

AW ·

The Rational Idea / practice, should be that every lawful Licensed Driver in South Africa, must attend and successfully complete an Advanced Driving Intervention, for each Code he or she has lawfully passed.

In Reality that will Never materialise!!!!

However, when it comes to Drivers of Trucks (in all categories), Busses and Taxis; one wold Think that such must be a Requirement!!!!

The reality is also, the higher the speed of any M/V ; the less control you will have, not to mention the Time ….

Now, we are refering to a “Truck” ….
It is assumed that the truck driver was in access of the speed limit …. and assumed that he did not attend and or successfully completed an Advanced Driving Course for driving “Trucks” ….

What is difficult to comprehend is the fact that there are so many Rules and Regulations concerning Transportation of goods and passengers, and motor vehicles, YET no law, to state that an Advange Driving Intervention will be / must be a prerequisite for driving “Trucks” and Busses and Taxis .

However, no legislative rule / regulation / law, will in a million years, cause “a Licenced or Unlicensed Driver” to have a Mindset of Respect and Consideration for his or her own safety, nor towards other road users !!!!

ZAR ·

Hierdie is ‘n tragedie! En dan nog 27 mense ook. My hart breek vir hierdie kinders en almal se familie en vriende. My innige simpatie. Mag God jul styf vashou deur hierdie moeilike tyd.

Oubaas ·

Ek pendel 3 x per week tussen Polokwane en Pretoria.
Die pad is in ‘n uitstekende toestand.
Taxi’s,SUV’s,Trokke en elke motor wat meer as 120 km/u kan ry,ry teen enige spoed behalwe 120.
Verkeersbeamptes sal eerder wetsgehoorsame gebruikers aftrek vir roetine ondersoek maar is hulle blykbaar skrikkerig vir die werklike jaagduiwels.Taxi’s doel wat hulle wil by tolhekke,hulle druk doodeenvoudig voor in die lang rye in,laat weet ander taxi’s om te kom en die verkeersbeamptes trek skouer op.Dit veroorsaak padwoede,want ek het al gesien hoe mense dan die taxi probeer inhaal om ‘n paar vinger tekens te wys.Die trokke,busse en taxi’s het ‘n 100 of 80 plakker op.Waarvoor? E k beweer nie dis ‘n taxi se kuld in die geval nie,punt is daar is geen orde op die paaie nie.Meegevoel met al die oorledenes se naasbestaandes.

Daan Erasmus ·

Daar is twee dinge wat Arive Alive en die AA en die Staat nie wil glo nie. Want dit pas nie by hul strategie nie.
1. Spoed is nie die oorsaak van alle ongelukkie nie.
2. Nie Alle ongelukke kan voorkom word nie. Daar sal altyd ongelukke wees.

Vragie vir vervoerkenners ·

Mag trokke soos die betrokke een swaer sement vervoer, is dit ooit ontwerp daarvoor? Die trok lyk na n gewone goederetrok, nie n swaremateriaal trok nie?

leon ·

Trokke is meeldoelig. Dit gaan nie oor die vrag maar die gewig van die vrag.

Koos de Meyer. ·

Die probleem is dat daardie trok swaar gelaai was met sement. Dit moes op die afdraande gebeur het. Die momentum met spoed en gewig stop jy nie maklik die voertuig nie en met die gepaardgaande spoed en voor b and wat bars is daar nie ‘n manier wat daai voertuig op die pad sal bly nie. Kragstuur of nie. Trokke ry onverskillig ongelukkig is dit maar die tendens. So jammer dat daar twee wesies nou agter gelaat word. Ons harte gaan uit na die families.

Oom Kalahari ·

Alle simpstie aan families, vriende en kollegas wat mense in hierdie groot ongeluk verloor het. Wens jul alle sterkte toe deur hierdie tyd van rou en mag jul berusting vind en die hartseer te kan verwerk. Jul is in ons gebede.

gerhardf ·

Leon is korrek. Swaar voertuie mag basies enige vrag vervoer binne wet natuurlik. Dit gaan oor die gewig van die vrag. Die totale gewig van die voorhakker, wa en vrag mag nie 56 000kg oorskry nie. Die kans daarvoor op die N1 is baie skraal weens al die weegbrue. Daar is baie bydraende faktore wat so insident kan veroorsaak soos spoed (bestuursgedrag) , goedkoop ingevoerde bande, bande wat afgeloop is, swak padoppervlak en voorwerpe wat in die pad le. Ek kan julle verseker dat verskeie vervoermaatskappye uit hul padgaan om all ongelukke te very. Wat dit ook al die rede is, my hart gaan uit aan die vragmotorbestuurder en al die families wat hulle geliefdes verloor het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.