Geliefde radio-omroeper en gospelsanger oorlede

Ivan Siegelaar

Ivan Siegelaar

Die gospelsanger en Tygerberg 104fm-omroeper Ivan Siegelaar (46) is Donderdag oorlede.

Siegelaar is in die Grootte Schuur-hospitaal dood ná ʼn lang stryd met kanker. Tygerberg 104fm het in ʼn verklaring gesê Siegelaar, voormalige televisie-aanbieder van Pasella op SABC 2 en verskeie ander TV-programme, was vir bykans 16 jaar as vryskutomroeper by die stasie betrokke.

“Hoewel hy bekend was as gospelsanger, was hy ook ʼn opgeleide operasanger. Hy was bemind onder luisteraars en veral sy program op ʼn Sondagoggend, insluitend sy bemoedigende gebede vir die Wes-Kaap en sy mense, was baie gewild.”

Volgens die verklaring het Siegelaar terselfdertyd van krag tot krag gegaan as gospelkunstenaar en gehore in Suid-Afrika sowel as in die buiteland bekoor met sy besonderse sangtalent. “Hy was van die instelling van Gospel Skouspel tien jaar gelede ʼn groot deel gewees van dié grootste gospelmusiekfees in Suid-Afrika. Een van vele hoogtepunte was sy optrede saam met internasionale sanger Barbra Streisand in Amsterdam, Nederland.”

Die stasie het gesê hulle neem afskeid van ʼn geliefde oudkollega en vriend. “Ons gun hom die verlossing van die aardse pyn en lyding weens sy siekbed sedert Oktober verlede jaar.”

Die bestuur en personeel van Tygerberg 104fm het hul innige simpatie met sy familie, vriende en kennisse betuig. “Ons bid hulle die troos van ons hemelse Vader toe.”

Siegelaar is op 3 Augustus 1970 in Kaapstad gebore.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Charmaine ·

My hart is so seer oor jou Ivan..My spesiale lied vir jou is Go rest high on that mountain,son ur work on earth is done?

Sylvia ·

Trane loop oor my wage, ek kan glo nie. Ek was mal oor jou stem en jy kon ongelooflik bid. Ek is so sad dat ons dan nie geweet het van jou struggle nie. Ons kon vir jou bid. Sondae oggende gaan nooit weer dieselde wees nie. Rus in vrede!

Ananda ·

Ivan, jy het altyd n mens laat voel hulle is spesiaal wanneer jy met hulle gepraat het, maar eintlik was JY die spesiale een. Jy was vir elkeen wat in aanraking gekom het met jou n seen, en ons is armer gelaat sonder jou. Jy is nou by Jesus en jy is verenig met jou moeder. Dankie getroue dienskneg van God vir die lig wat jy gebring het in ons lewens. Mag ons mekaar weer een dag sien. Jy is nou by die huis!

Sam ·

Rus in vrede Ivan. Dankie dat jy my encourage het met my musiek, even though ek is Amerika is het jy my boodskappe gestuur en my songs op jou set gespeel. Dankie dat jy in my geglo het.

w ·

RIP Ivan. Die mense van SA gaan jou mis. Sterkte aan geliefdes en vriende?

MM ·

Laat inderdaad ‘n baie groot leemte. Baie sterkte aan sy familie .

Louise ·

My hart is so seer maar ek weet hy het sy reis op aarde voltooi en daarom het Jesus hom geroep om te gaan rus in Sy vrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.