Medelye stroom in vir Dennis Lloyd, die bekende mode-ontwerper en geliefde persoonlikheid in modekringe, wat Woensdag oorlede is.
Hoewel die oorsaak van sy dood nie amptelik bekend gemaak is nie, blyk dit dat hy weens Covid-19 gesterf het.
Lloyd (56), van Centurion, Gauteng, was ook bekend as huwelikbevestiger en doodsbegeleier.
“Ek het nie woorde nie. My gunsteling-ontwerper, die man wat altyd seker maak ek kan deur ʼn ring getrek word vir die rooitapyt. ʼn Talentvolle mode-ontwerper, mode-ikoon. Ons sal jou mis, my liewe vriend,” het Sue Moodley geskryf.
Lloyd was bekend as ontwerper van Dennis Lloyd Designs en eienaar van die Crystal Lace-boetiek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Rus in vrede, Dennis, dankie vir die mooi voorbeeld wat jy altyd vir almal gestel het. Jou nalatenskap leef voort.
RIV Dennis.
Hy het ons in die huwelik bevestig. Wat n voorreg