Geliefde sjef Vaatjie sterk aan ná motorfietsongeluk

Tommy Dickson, bekend as Sjef Vaatjie, sterk aan ná ‘n motorfietsongeluk. (Foto: Facebook/Tommy Dickson Chef Vaatjie)

Tommy Dickson, oftewel Toks ʼn Tjops se Sjef Vaatjie, sterk tans aan nadat hy Sondagoggend in ʼn motorfietsongeluk was.

Liebie Opperman, vervaardiger van Toks ʼn Tjops op kykNET, het aan Maroela Media gesê Dickson is Vrydagoggend uit die hospitaal ontslaan.

Die ongeluk het Sondagoggend in die Benoni-omgewing plaasgevind.

Opperman is sedert die ongeluk gereeld in kontak met Dickson se suster, Romy, wat hom in die hospitaal bystaan.

Volgens Opperman het Dickson onder meer ʼn gebreekte linkerarm en gebreekte regterskouer in die ongeluk opgedoen.

“Hy moes ʼn operasie aan sy skouer ondergaan, maar die dokters is baie tevrede met hoe dit afgeloop het. Hy sal sekerlik nog ʼn paar dae in die hospitaal deurbring en daarna ʼn paar weke nodig hê om volkome te herstel,” het Opperman gesê.

Opperman het bygevoeg dat daar eerskomende Vrydag nie ʼn braaier op die stel van Toks ʼn Tjops sal wees nie, en dat hulle vir die volgende paar weke van die publiek en gehoorlede gebruik sal maak om Dickson se sjefskoene vol te staan.

Dickson het Woensdag op sosiale media gesê hy was “in ʼn klein ongelukkie”, maar dat hy op die herstelpad is.

“Binnekort is ek weer agter my braai met nog avonture om te deel. Dankie vir al die ondersteuning, en sien julle binnekort weer saam met die vonke en rook op my gunsteling-plek agter die kole.”

‘Toks ʼn Tjops’ se Sjef Vaatjie. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Prikkie ·

Ai Vaatjie, ai.

Neem liewer aan ‘n rodeo deel en los die motorfietse uit.

Sterkte, hoop jy herstel vinnig en sonder blywende skade.

Casper ·

Liebie Opoerman sê hy is Vrydagoggend ui die hospitaal ontslaan maar net ‘n entjie verder sê hulle hy sal sekerlik nog ‘n paar dae in die hospitaal deurbring,so wat is dit nou eintlik

AmY ·

Hy is in dieselfde kerk as ek. Hy het Sondagoggend reg voor die kerk geval.
Dit gaan beter met hom.

Manie ·

Sterkte met die herstel Vaatjie!! ñ Motorfiets het net een nadeel…dit het te veel deure en te min wiele!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.