Geliefde snuffelhond by PTA-winkelsentrum gesteel

Jack die snuffelhond. Foto: Verskaf

Jack die snuffelhond. Foto: Verskaf

ʼn Groot soektog is van stapel gestuur nadat ʼn snuffelhond genaamd Jack, wat in Duitsland opgelei is om renosterstropers op te spoor, saam met sy eienaar se voertuig by ʼn winkelsentrum in Pretoria gesteel is. Jack is ʼn 10-jarige Duitse korthaar jaghond.

Kobus Greef, Jack se eienaar, het Sondag sy 70ste verjaarsdag gevier en was saam met sy familie by Brooklyn Mall toe sy wit Land Cruiser uit die onderdakparkeergebied gesteel is.

“Jack is mal daaroor om saam te ry en het soos hy opgelei is,  in die voertuig gewag terwyl die familie in die winkelsentrum was,” het Selomie Maritz, stigter van die Palala Rhino Sanctuary, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Greef woon op ʼn plaas in Pongola in KwaZulu-Natal en was vir sy verjaarsdagvieringe in Pretoria toe sy voertuig gesteel is. “Hy is hartgebroke. Hy soek al sedert Sondag na Jack en het gesê hy gaan nie terug huis toe voordat Jack nie opgespoor is nie,” het Maritz bygevoeg.

Verskeie mense hou veeartse en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) dop om te sien of die diewe nie dalk vir Jack iewers afgelaai het nie. Maritz het ʼn beroep op mense gedoen om ʼn foto van Jack en haar telefoonnommer te versprei in die hoop dat Jack vinnig opgespoor sal word. “Hy kan enige plek wees. Ons weet nie of hy nog saam met die diewe by die voertuig is, of dalk iewers afgelaai is nie.”

Die polisie is ook van die diefstal ingelig. Mense wat Jack sien, kan Maritz by 082 451 1043 skakel. ʼn Beloning word aangebied.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Saartjie ·

Waarom kon die hond nie by die huis bly nie. Hoe vier ‘n mens jou verjaarsdag in ‘n winkelsentrum terwyl jou hond in die kar moet sit?

Kosie ·

Partytjie lekker en die arme hond moet in ‘n voertuig toegesluit wees. Wonder of die dier darem kos en water gehad het? Dit wil voorkom of party net gedeeltelik ‘n brein ontwikkel het.

Kosie ·

Lewer ‘n bietjie kommentaar op jou eie of is die IK ook maar skraps onder die sewentig soos die ander James’es, James?

nic van rensburg ·

My mond hang behoorlik oop vir die onnoselheid! “n GSP, duidelik met veel meer verstand as sy eienaar, in ‘n voertuig los! By ‘n winkelsentrum! Daar is gewoon nie pille nie!

anet ·

Kobus, ek is jammer oor jou skade en hartseer (Jack) Ek hoop dat hy spoedig opgespoor sal word.

Gaan na al die netwerke, Twitter Face Book ens en vra vir almal om te help soek, ek is seker dat die woord gou sal versprei, en dat almal sal help soek. Ek het kopiee gemaak van die berig, en gaan dit uitgee in Fourways Johannesburg, asook my kinders sal die berig uitgee in Bromhof en selfs Kempton Park, so kan ons almal vir jou help om Jack te vind.

Hou moed en bly positief

Theresa ·

Gee my net krag asseblief…………..!!!! Die eienaar kort ‘n klap teen die kop!!!

Lea Erasmus ·

Ek wou jammer voel vir die eienaar en sy hond tot ek gelees het dat hy die hond in sy motor gelos het terwyl hy sit en eet en partytjie hou … rerig!
Ek voel nou net jammer vir Jack en ek hoop nogtans dat hy veilig is en dat hy gou gevind sal word.

Jasper ·

Ek was nie by toe dit gebeur het nie en kan ongelukkig nie kommentaar lewer nie. Was enige van die kommetators op die blad dalk daar ?

Jasper ·

Lees weer. s t a d i g. Die hond is opgelei en gewoond daaraan om in die voertuig te sit.

Kosie ·

Lees asb stadig. Opgelei sonder tenminste water in ‘n toegesluite voetuig?

James J ·

Kosie jy moet bykom in die lewe. Volg eerder Jasper se raad en lees noukeurig en sommer baie stadig die keer.

Leeutjie ·

Ai, kon die Media nie maar net gese het dat die hond ‘n geliefde hond van sy eienaar was en saam met die bakkie gesteel is nie. Jack se foto en die feit dat hy renosterstropers kan uitsnuffel kan die hond sy lewe kos!!!! As dit net Jack se foto was kon dit nog werk maar die vernuftigheid van die hond kan erge gevolge he. Ek hoop regtig ou Jack vind sy pad terug na sy baas toe!

Selomie Maritz ·

Vir die wat oningelig is oor Jack en honde. Dit is heeltemal normaal dat ‘n opgeleide hond op ‘n voertuig vir ure sal wag. Jack was nie toe gesluit en het op ‘n oop voertuig wat gesit. Hy was onderdak reg voor ‘n deur gesit. Die eigenaar het niks verkeerd gedoen nie. Vra liewer die vraag waar was die sekuriteit wat dalk deel was? Hoekom word ‘n voertuig gesteel? Blameer eerder die skelms.

Respekteer mense se verlies in sulke tye en hoop daar gebeur nie so iets tragies met jou of jou familie nie. As jy enige gevoel het sal jy jou negatiewe pos vewyder.

Ai tog ·

Julle kam darem oorreageer. Dit is duidelik dat die eienaar baie lief is vir sy hond, en hom nie doelbewus te na sou kom nie.

Ek hoop jy vind jou hond spoedig.

Maroela, is daar al enige nuwe nuus oor die berig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.