Geliefde Stellenbosse aarbeiboer vermoor

Jeffrey Zetler (Foto: Facebook)

ʼn Geliefde Stellenbosse aarbeiboer is die naweek op sy plaas in die omgewing van die Annandale-pad net buite dié dorp in die Wes-Kaap vermoor.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die boer is glo Saterdagmiddag op die toneel dood nadat hy verskeie kere met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek is. Sy kon nie die presiese gebeure rondom die voorval bevestig nie.

“Met ER24-paramedici se aankoms by die toneel was daar reeds lede van ʼn veiligheidsmaatskappy wat kardiopulmonêre resussitasie (KPR) op die man uitgevoer het,” sê sy.

Volgens Van Huyssteen het ER24-paramedici die KPR-pogings by veiligheidsbeamptes oorgeneem, maar kon nie daarin slaag om die man weer by te bring nie.

Die 62-jarige boer is intussen deur talle op sosiale media as Jeffrey Zetler, eienaar van die Mooiberge-aarbeiplaas op Stellenbosch, geïdentifiseer.

Zetler, wie se plaas aarbeie aan verskeie kettingwinkels verskaf het, het volgens naasbestaandes glo sowat 1 000 mense in diens geneem.

Leon Zetler, ʼn naasbestaande, sê op die Facebook-groep South Africans in British Columbia: “Nóg ʼn boer in Suid-Afrika vermoor. Dié keer was dit my oom, Jeffrey Zetler, die eienaar van Mooiberge Farmstall in Stellenbosch. Jy sal  nooit vergeet word nie. Rus in vrede.”

Zetler se aarbeiplaas (Foto: Facebook)

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn 62-jarige man Satermiddag in die Stellenbosch-omgewing vermoor is. Van Wyk sê die voorval word ondersoek.

“ʼn Saak van moord is aangegee. Misdaadtoneelkenners is steeds op die toneel om dit vir enige leidrade te fynkam en speurders is steeds besig om verklarings van alle betrokkenes te verkry. Geen verdere inligting kan in dié stadium bekend gemaak word nie as gevolg van die sensitiwiteit van die saak.”

Zetler word op sosiale media bestempel as ʼn geliefde boer van die omgewing wat altyd ʼn “vriendelike praatjie aangeknoop het”. Meer inligting was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

AD ·

Dis vreeslik!! En nou is daai 1000 werkers se werk ingedrang. Mens sien daaglik hoe produkte van plase minder in winkrls word. Boere word vermoor en produkte word minder of bestaan nie meer local nie. So die gaan nou gebeur tot alles ingevoer gaan moet word met 4keer die prys. Here help ons

Ander Annie ·

Dit is tragies. My innige simpatie aan sy geliefdes, familie, vriende en gemeenskap. Ek het self die vreugde ervaar om daar aarbeie te pluk en die mooi van sy plaas te geniet.

Sefbeskikking ·

Tyd om ons skeisaak met die regering te bespreek. Hulle kan en mag nie ons een vir een uitmoor en dink ons gaan dit aanvaar nie. Ons kan veilig in ons eie land wees en ja ons het baie om mee te onderhandel, ons het baie grond en vaardighede.

HPV ·

Innige simpatie met sy naasbestaandes asook 1000 werknemers . Witwarm woede teenoor die regime, sy meelopers en alle opswepers.

Tuislander ·

Wat kan ons doen om VF+ te help om die opsie van selfregering vinniger op die nasionale agenda te kry?

Michael ·

Mense ek ken die Zetlers. Dit is seker een van die mees dierbaarste famielies wat jy kan kry Net goed vir mense en hulle werkers Dit is so tragies. Rus in vrede Jef.

Michael ·

Mense ek ken die Zetlers Dit is seker die mees dierbaarste famielie wat jy kan kry . Hulle is net goed vir mense en hulle werkers Dit is so tragies. Rus in vrede Jef.

Marietjie ·

So wreed en daar is nou 1000 plus werkers sonder n werk en inkomste. Sterkte aan almal.

Emma ·

Tragies en baie hartseer en alles draai om geld. Die regering sal dit moet stop. Maar daar is geen wil nie. Hoevele sal nog sonder werk sit.

Lindiq ·

al wat die regering gaan doen is om die suksesvolle program van hulle uit te brei. As ons dit wil keer sal ons dit self moet doen, met hulp van die buiteland.

VC ·

As medeboer in die omgewing,my innige medelye met dieZetler-familie. Dis die werklikheid waarmee ons daagliks te kampe het;alarmstelsels binne en buite om jou huis en met sonsak toegesluit binne. Is dít hoe ons nuwe SA lyk? Ons wil graag daaraan help bou,maar gaan baie krag en genade nodig hê. Sterkte aan almal wat lief is vir hierdie land.

Smit ·

Ons miet nou konsentreer om ons eie land te bou, dit help nie om saam land te bou as hulle ons wil verjaag nie. Ons moet eerstens aan n plan saam die regering en internasionale organisasies vir eie regering bou.

A ·

Dis meer as 1000 wat nou gaan honger ly. Hulle het omtrent almal mans en vrouens en kinders ook

NZ ·

Ek kan dit nie glo nie! ons het altyd daar gaan aarbeie pluk in die seisoen, was altyd n heerlik uitstappie.

LAETITIA ·

DIS SKOKKEND!!! ‘N MAN WAT ‘N PLAAS OPGEBOU HET EN SOVEEL TOERISTE , VERBYGANGERS , KINDERS SE HARTE VREUGDE GEGEE HET MET SY PRAG PLAAS, ABSOLUTE IKOON PLAAS IN DIE WES KAAP, EN ONS REGERING LAAT TOE DAT SO ‘N DINAMIESE PERSOON WAT OPGEBOU HET, OOK IN TOERISME BEDRYF KOELBLOEDIG VERMOOR WORD. LIEWE VADER KAN ONS ‘N REGERING KRY MET PERSPEKTIEF EN RUGGRAAT OM DIE VEILIGHEID IN DIE LAND DRASTIES TE STRUKTUEER OM DIE MENSE WAT DIE LAND OPBOU WEER TE LAAT VEILIG VOEL.

Monument ·

Plaas ‘n monument daar waar al die toeriste en verbygangers kan sien wat gebeur het, daar en op ander plase.

Rudolf Raath ·

Ek dink die Suid Afrikaanse Boere het meer as die reg om grond grype sonder vergoeding te illimuneer deur al hierdie onnodige plaas moorde om die minste daarvan te sê, dit betekin wel nie dat lewens ver grond grype as aanvaarbaar afgestaan kan word nie….

Rudolf Raath ·

Ek het bepeins oor hoekom verwelkoming vir boer geleenthede in die buiteland afgeblok word, ek het gedink dit gaan oor belasting inkomstes, ek twyfel egter…

A. Christie ·

Drie boere binne 24 uur vermoor in die land wat genoem word Suid Afrika. Ek het vir Jef geken. Hy was n goeie boer wat geweet het waaroor boerdery gaan dis jammer dat ons sulke goeie boere verloor. Dan nog bonop wil die regering die boere se grond net so vat. “Daai kaait gaan nie vlieg nie”.

Sarel ·

Die 1000 mense moet voor melama se duer gaan staan en werk by hom kry , hy is tog een die wat die plaas moored dryf

liz ·

Wil nie eers vandag hierdie berigte lees nie…… ek wil net so gou moontlik padgee uit hierdie misoes van ‘n land.

Hannelie ·

Elke liewe dag word ‘n boer vermoor……… Ek is al bang om Maroela media oop te maak, want dit is net boere wat vermoor word. Dit is so ‘n mooie aarbeiplaas, lyk altyd so vrolik as jy daar verbyry. As jy nou daar verby ry dan dink jy aan die familie se hartseer. Die regering laat ons in die steek.

Stephanie van Niekerk ·

Nouja, ek hoop die regering kan vir die 1 000 plaaswerkers elk ‘n joppie gee. Siende dat die regering net staan en kyk hoe werkgewers uitgemoor word, het hulle waarskynlik ‘n briljante werkskeppingsplan. Baie, baie jammer oor die 3 moorde in 24 uur. Simpatie aan al die familie en vriende. Mag julle wel uiteindelik kan aangaan met julle lewens.

Dell ·

Verander asb net die Satermiddag na Saterdagmiddag. Ek dink almal wat die artikel lees, is so woedend oor nog ‘n sinnelose moord om dit eers raak te sien.

Tania Heyns ·

Dagsê Dell

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.