Geliefde wynmaker oorlede

Martin Moore (Foto: Durbanville Hills)

Martin Moore, keldermeester van Durbanville Hills, is oorlede.

Hy was bekend vir sy charismatiese persoonlikheid en storievertellery. Hy het in 1998 by Durbanville Hills aangesluit toe die kelder nog onder konstruksie was en het sedertdien ʼn deurslaggewende rol gespeel in die gehalte wyn wat hier vervaardig word.

“Die Durbanville-wynvallei is baie hartseer oor die verlies van Durbanville Hills-keldermeester Martin Moore,” lui ʼn plasing op Facebook deur Durbanville Wine Valley.

“Martin was bekend daarvoor dat hy uitstekende wyne geskep het en het die Durbanville Hills-handelsmerk ʼn wêreldwye huishoudelike naam gemaak. Sy kennis was nie net beperk tot wynmakery nie. Hy het ook ʼn diep begrip gehad van die terroir en ʼn groot waardering vir die mense van ons streek. Hy was ʼn trotse pa wat altyd gespog het oor sy seuns se prestasies.”

Die groep het hulle innige meegevoel betuig met die Moore-familie.

“Martin se sin van humor, charisma, passie vir wyn (en kos) kan nie gemeet word nie. Ons klink ʼn glasie met sy gunsteling- Sauvignon Blanc! Cheers!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Skappie ·

Sterkte aan sy gesin. Mag onse Liewe Heer julle deur hierdie moeilike tyd wat nou voorle dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.