Gelofte gevier met herdenking van hoeksteenlegging

Die Voortrekkermonument (Foto: falco, Pixabay)

Die Voortrekkermonument vier op 16 Desember vanjaar sy Geloftediens met die 80ste herdenking van die hoeksteenlegging.

Die noordelike amfi-hek in Jan Smutslaan sal ook oop wees om toegang tot die terrein te vergemaklik. Die diens sal regstreeks op die monument se webblad (www.vtm.org.za) uitgesaai word.

Die diens sal vroegoggend begin en teen 10:00 afsluit, waarna dr. Jackie Grobler ʼn praatjie oor die Slag van Bloedrivier in die kapel sal aanbied. Toegang is gratis. Die diens en die sonverligting van die Senotaaf sal op groot skerms in die Heldesaal en die Senotaafsaal geprojekteer word.

Mense wat die Geloftediens bywoon, betaal nie toegangsgeld nie, maar ʼn kollekte sal wel voor die aanvang van die diens opgeneem word om die uitgawes van die verrigtinge te help dek.

Gaste word vriendelik versoek om vroeg te kom sodat hulle reeds van 07:30 af hulle sitplekke in die monument kan begin inneem. Die monument se deure sal toegemaak word sodra al die plekke ingeneem is, waarna gaste onder die tentafdakke buite die monument gehuisves sal word.

Mense wat verkies om buite te sit, is welkom om hulle eie opvoustoele saam te bring. Klank word aangebring sodat almal na die diens kan luister. Rolstoele en helpers is op aanvraag op die hoofparkeergebied van die monument beskikbaar om bewegingsgestremde mense met die spesiale rolstoelpad na die monument te help vervoer. Die diens word deur die direksie van die Voortrekkermonument gereël met ondersteuning van Die Voortrekkers.

voortrekkermonument-senotaafDie program is kortliks soos volg:

  • 06:30 VTM se hoofhekke maak oop, ook die noordelike een
  • 07:00 Assegaaihekke en Monument se deure maak oop en gaste neem plekke in
  • 08:15 Samesang: Sangleier, Evelyn Ferreira
  • 08:30 Opneem van kollekte
  • 09:00 Voorlees van Gelofte
  • 09:05 Geloftediens gelei deur ds. Christo Pretorius – Hervormde Kerk
  • 10:00 Afsluiting – wegpak van stoele
  • 11:00 VTM-hoofhekke open vir algemene publiek (normale toegang betaalbaar)
  • 12:00 Waarneem van die son op die Senotaaf

** Weet jy van ʼn Geloftediens in jou omgewing? Deel gerus die besonderhede in die vorm hieronder of stuur ʼn e-pos na [email protected]. Maroela Media sal binnekort ʼn artikel plaas met inligting oor die verskeie Geloftedagvieringe oor die hele land heen.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

zoom zoom ·

Gaan daar ongewenste elemente ook daar wees om die dag te ontwrig.

Dirk ·

Ek het nog elke jaar n paar daar gesien. Ek dink dis bloot uit nuuskierigheid. Hulle gedra hulself altyd baie statig. Hulle weet die oormag is te groot om stout te wees.

Sophia ·

Wow, ek dink dis tyd vir ‘n GROOT BYMEKAARKOM op die 16de Desember! Ons moet opruk soos die dag van die opening van die Monument!!

Staak saam ·

Ek was een jaar daar en sal nooit weer gaan nie, bloedrivier en die gelofte handel oor die wonderwerk wat plaas gevind het. Vandag handel al die gelofte diense oor die skuld wat ons moet dra en versoening.
Ek was ook een jaar by bloedrivier self en dit was n belewenis, om die laer in die nag te sien met daai lanterns is asemrowend, elke blanke Christe in die land moet die laer teminste een keer i sy lewe besoek.
Dit is net n jammerte dat daai versoeningsbrug gebou is, in jou uur van aanbiding en danksegging wandel onwelkomes nou om die laer rond en versteur die doel van die gelofte.
Ek en n klompie mense vier ons gelofte nou maar op my plaas waar elk n klipstapel pak en ons gaan in gebed en ons dank Hom vir Sy wonderwerk, en dan vier ons die oorwinning met n lekker braai en boeresport, (eintlik maar vir die kinders) en die wat wil speel met binnebande in die plaasdam.
Wat lekker van dit alles is, elke jaar is daar nuwe gesigte en meer mense.

Geniet jou geloftefees, dit is jou reg.

Henry ·

Dankie tog ou Staak saam, dat jy ons nie met jou teenwoordigheid gaan ‘vergas’ nie.

Abe ·

Staak saam,
Soos jy dit vier saam met familie en vriende op jou plaas is eintlik n wonderlike manier om dit te doen. Mooi!

John ·

Miskien moet die hekke nie oop le vir elke ander ongelukkige om te kom rondhang en ontwrig nie. Wees op jul hoede. Die glo so verontregtes… oppas vir hulle…

AndreP ·

Piet Piet, probeer uitvind wat jou adres is, en gaan praat jou nonsens daar.

At Dippenaar ·

Piet Piet het ‘n klok hoor lui maar hy weet nie waar die bel hang?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.