Gelukkige einde vir 17 groot sirkuskatte

Leeus wat gered is uit aanhouding in ‘n sirkus in Suid-Amerika. (Foto: Skermgreeep)

Vyf leeus en 12 tiere wat ná ʼn gespook uit sirkusse in Suid-Amerika gered is, het Woensdag ’n tuiste by ’n wildreservaat van sowat 445 ha in die Vrystaat gevind.

Dit bring ’n gelukkige einde aan ’n reddingspoging van sowat 18 maande lank deur Animal Defenders International (ADI) en regeringsbeamptes in die Republiek Guatemala. Die regering spook reeds sedert 2018 om ʼn verbod op diere in sirkusse in dié land toe te pas.

Die diere is Sondag per vliegtuig vanaf die Guatemala‑stad na Suid-Afrika gebring nadat ADI hulle uit sirkusse in Guatemala gered het. Hulle het Dinsdag ná ’n vlug van 34 uur eindelik in die vroeë oggendure by die OR Tambo-lughawe in Johannesburg aangekom.

Tiere word gered uit aanhouding by ‘n sirkus in Suid-Amerika. (Foto: Skermgreeep)

“Hierdie diere het ’n leeftyd van lyding en mishandeling in sirkusse in Guatemala beleef, maar daardie dae is nou verby,” sê Jan Creamer, president van ADI.

Die diere sal nou in die ADI-wildreservaat tuisgaan. Hier kan hulle hardloop, speel en verken onder die Afrika-son. “Die begin van die res van hul lewens. Ons kan nie gelukkiger vir hulle wees nie.”

Die ADI-wildreservaat huisves nou 43 groot katte waarvan almal behalwe een uit sirkusse in Suid-Amerika gered is. Die diere kan egter weens die mishandeling wat hulle gedurende hul tyd in die sirkus moes deurmaak, nooit in die natuur vrygelaat word nie.

Die meeste van die diere in die sirkus se kloue word verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alida

Wonderlike nuus!

Realis

Mooi so ADI! Uiteindelik gaan die diere ‘n gelukkige rustige lewe verder lei.
Het julle genoeg fondse om 17 groot katte vir die moontlike volgende 10-15 jaar daagliks van kos te voorsien? Hoe lyk julle BEE status? Gaan ons met leedwese oor ‘n jaar lees dat julle ook in die grond in bestuur is? Ek bid names die katte dat hulle wel ‘n rustige, veilige oudag gaan hê.

Sandy

Uiteindelik ‘n goeie nuus storie. So bly vir hulle dat hulle nou in goeie hande is en uiteindelik hul herkoms se grond onder hulle pote en son op hul pelse sal voel.

Asmain

As mens kyk na die onlangse berigte van leeus wat so wreed vermink is in reservate kan mens net wonder of hulle noodwendig beter af gaan wees in SA. Vertrou die reservaat het behoorlike sekuriteit.

Goeie Nuus!

Dankie aan almal betrokke.