Gelukwense stroom in vir Rolene Strauss

Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014 Foto: @haseebofficial, Twitter

Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014 Foto: @haseebofficial, Twitter

Die land is baie trots op Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss nadat sy Sondag in Londen as Mej. Wêreld gekroon is, het pres. Jacob Zuma gesê.

“Ons is baie trots dat een van ons eie hierdie gesogte titel kon insamel ná maandelange harde werk en toewyding,” het hy in ʼn verklaring gesê. “Me. Strauss het die vermoë van Suid-Afrikaners bewys om op wêreldverhoë te kan skitter. Ons is vol vertroue dat sy die Suid-Afrikaanse vlag selfs nog hoër sal laat wapper terwyl sy haar nuwe verantwoordelikhede vervul. Namens alle Suid-Afrikaners wens ons haar hartlik geluk en alles van die beste vir hierdie nuwe rol.”

Dié mediese student van die Vrystaat het eerste prinses mej. Hongarye Edina Kulcsar en tweede prinses Mej. Amerika Elizabeth Safrit uitgestof om die kroon te dra.

Die laaste keer wat ʼn Suid-Afrikaner die titel kon wen was in 1974 toe Anneline Kriel as Mej. Wêreld aangewys is.

Anthony Benadie, leier van die Demokratiese Alliansie in Mpumalanga het Rolene, oorspronklik van Volksrust in Mpumalanga, in ʼn verklaring gelukgewens.

Intussen stroom gelukwense in op sosiale media.

Jonathan Jansen, rektor en vise-kansellier van die Universiteit van die Vrystaat het op Twitter geskryf: “Hou op met huil! So ongelooflik trots op my student. Die Universiteit van die Vrystaat vier vanaand fees! Baie geluk Rolene. You lift us up [moontlik met verwysing na die lied van Josh Groban, You lift me up, wat die deelnemers tydens die kompetisie vir die voorsitter van die Mej. Wêreld-organisasie, Julia Morley, gesing het].”

Die universiteit het ook op sy Facebook geskryf: “Mej. Wêreld is ʼn Kovsie! Baie geluk aan Rolene Strauss dat jy die wêreld oorwin het. Ons is baie trots.”

Die volledige seremonie is op YouTube beskikbaar:
http://youtu.be/FGCvpCuaWRA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eugene ·

Afrikanermeisie Rolene Strauss is Mej. Wêreld! Baie Geluk!!!

lillian ·

Baie geluk kinta, ons is trots op ons mooie jonge dame wat almal so verower het! Sterkte vir die jaar vorentoe!

Hanno Visagie ·

Dis onsensitief om Rolene Strauss soos hierbo in dieselfde sinne as Jacob Zuma en Jonathan Jansen te noem. Rolene verdien beter..

pop ·

Die blydskap wat in my opgewel het oor haar oorwinning. Mens sou sweer sys my kind. Ons het dit so nodig hier so voor die kerstyd, ons voel alles is net donker. Nou die ligstraal, soos n skitterende ster. Baie baie geluk meisiekind.

Felansia ·

Baie geluk Rolene! Jys die mooiste in die wereld! Jy lyk soos ‘n prinses!

Eish! ·

Ennnnn sy is wit! Shame ou Zuma het seker getjank! En dit is apartheid se skuld!

zahn ·

Mens, mooi verby! Penny Coelen was voor my tyd, maar hierdie is beslis BAIE mooier as Annelien Kriel. Slegs my opinie, maar mooier as mooi, dan kry jy so mooi soos hierdie. En, dit lyk my dis nie net buite om mooi nie, binne in ook. Vat hierdie een skoon ou kinta, moenie dit spoil met ‘n disprin nie, dis joune!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.