Gelukwense vir Mantashe ná tweede meestersgraad

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, tydens die aanlyngradeplegtigheid. (Foto: Twitter)

Daar was die naweek talle boodskappe van gelukwense vir Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, nadat hy sy tweede meestersgraad verwerf het.

Mantashe het ʼn meestersgraad in sakeadministrasie (MBA) van Mancosa verwerf.

Die graad is Saterdag tydens ʼn aanlyn seremonie aan Mantashe toegeken.

Sahlulele Luzipo, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne, het die minister namens die komitee gelukgewens en gesê dit moet as aansporing vir staatsamptenare en jongmense dien.

“Mnr. Mantashe het die ou Xhosa-spreekwoord, imfundo ayikhulelwa – wat beteken ‘jy is nooit te oud om te leer nie’ – in praktyk uitgeleef.”

Ook die ANC het sy nasionale voorsitter met die prestasie gelukgewens.

Dit is Mantashe se tweede meestersgraad. Hy het in 2008 ook ʼn lettere en wysbegeerte aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf.

Die minister het nou reeds vier tersiêre kwalifikasies verwerf.

“Om te studeer vir ʼn MBA verg baie dissipline, harde werk en ʼn vermoë om by spertye te hou. Wanneer jy egter jou MBA verwerf, vergeet jy hoe lank die reis was,” het Mantashe tydens die aanlyn gradeplegtigheid gesê.

“Dit verg durf en is ʼn belangrike kwalifikasie. Ek moedig jong mense aan om te studeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

SjN ·

Geluk, knap gedaan, kry sommer ook ruggraat en ruk die onbevoegdheid reg.

Vonkprop ·

Hoe het hy geleer gekry met al hierdie loadshedding? O ja ministers kry mos nie loadshedding nie, net ons gewone werkende belasting betalende mense.

Bertie ·

Kennis bring nie wysheid en verander nie gedrag nie. Ons sien dit veral by die mense van Afrika. Geen “koloniale” kennis het by hulle al tot wysheid gelei nie en hulle gedrag het die afgelope duidende jare nog nie verander nie.

Nie Verbaas ·

Kon dit nie beter stel nie. Help niks om n graad te kry met geen insig van moderne toepassing daarvan in die ekonomie nie.

Linx ·

Ek wonder of die ministers ook so sukkel met betaling van studies soos d gewone tax payer

Hennie ·

Hy maak ‘n MBA goedkoop. Kan nie eers sy departement ordentlik bestuur nie, maar loop met ‘n MBA rond. Beteken absoluut niks vir my of die gewone inwoners van SA wat daagliks onder sy onbevoegde leierskap moet deur loop nie.

Linx ·

Ek sien by elke sinvolle comment is daar 2 dislikes,kom voor hiers 2 lede wie ook n verniet graad by mancosa gekry het.

Meinung ·

Geen wonder hy sukkel so om sy werk gedoen te kry nie (byvoorbeeld oor privaatopwekking van elektrisiteit) as hy tyd vir studies het. Ek het dit baie by werk gesien. Die mense studeer dat dit bars en behaal (nuttelose) kwalifikasies, maar die kernwerk waavoor hulle betaal word, word nie gedoen nie ten koste van die kliënt.

Steve ·

Al wat die anc in uitblink is korrupsie. Ek het nie geweet hulle kry nou selfs meestersgrade daarvoor nie. Laat my absoluut meer twyfel in die standaard van ons universiteite

Werner ·

Die persoon wat nou werklik dink die graad se standaard is reg glo perderolle is vye

Eugene ·

Grade beteken nie noodwendig dat iemand intelligent is nie en hierdie is bewys daarvan

annie ·

Om te studeer en gelyktydig te werk, wat nog as ‘n minister in so ‘n belangrike portefeulje, is nie grappies nie. Iets moes skade ly. Oeps! Daar gaan ons krag!

Jaco ·

Onthou net Dr HF Verwoerd het met al sy wonderlike grade en geleerdheid die apartheidsbeleid uitgebou en ook maar klomp nonsens aangejaag. Kenners/kundiges/geleerdes het vir hom gesê al hoe die swart tuislande sal werk is as wit besighede toegelaat word om op groot skaal daar te vestig en te belê. Maar Verwoerd het, met al sy grade en geleerdheid, bloot geweier…

melaney ·

Lees weer jou eie boodskap Jaco….totdat jy dit verstaan.

JohanCzu ·

Dis baie maklik om enige graad deur Unisa te kry. Jy huur sommer iemand om die werk namens jou te doen. As dit ‘n graad in onkunde was het ek dit geglo.

Hercules ·

my liewe land!! ek moes my boude af swot vir my grade en hy kry dit sommer so-so verniet, wat ‘n grap????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.