‘Gemartelde’ seun word sielkundig ondersoek

Argieffoto (SAPD, Facebook)

Argieffoto (SAPD, Facebook)

ʼn Negejarige seun van Ganyesa in Noordwes wat vermoedelik deur ʼn vulstasie-eienaar geboei en gemartel is nadat hy van diefstal beskuldig is, sal sielkundig ondersoek word.

“Ons het ʼn sielkundige aangestel om te bepaal hoeveel skade is [vermoedelik] veroorsaak deur urelange marteling,” het Fenny Gaolaolwe, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Donderdag gesê.

Sy het gesê die hele gesin en “hoogs emosionele” kind ontvang berading.

Die seun het op 28 Mei olik gevoel en is nie skool toe nie, toe die voorval plaasgevind het. Hy wou lekkergoed by die Disipi-vulstasie gaan koop toe die eienaar hom daarvan beskuldig het dat hy ʼn pakkie skyfies gesteel het. Disipi is ongeveer 48 km buite Ganyesa.

Gaolaolwe sê die seun is glo vir drie ure lank aan die vulstasie se veiligheidshek geboei terwyl hy mishandel is. “Ons veroordeel hierdie misdaad. Ons kan nie net agteroorsit en kyk dat die regte van kinders so skerp geskend word nie,” het sy gesê.

Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie, omdat hy homself glo tans in Bloemfontein bevind. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bossie ·

Nee man, is daar dan geen polisielede in Bloemfontein wat hom kan opspoor en in hegtenis neem nie, wag almal nou maar geduldig totdat hy terug is? PATETIES.

Eduard ·

Hoop die LUR’e is besig om sielkundiges te reel vir almal wat so erg beroof word en party word wreed aangerand en bv met strykysters gebrand.

AmY ·

Ek wil weet, waarom was die kind in strate as hy kwansuis siek was en nie skool toe was nie?

Wonder maar net? Ek het nooit in die strate rongeloop as ek siek was nie.

Ek weet die kind is deur erge trauma, amaar as hy in die huis en die bed gebly het, het die nooit gebeur nie.

En waar was sy ouers? Hoe los jy ‘n nege jarige kind alleen by die huis? Erger nog, hoe laat jy in vandag se tye ‘n negejarige kind alleen in die strate rondloop?

Marieta ·

Hoe is dit dat die kind te olik is om skool toe te gaan, maar nie so olik dat hy nie kan kafee toe gaan vir lekkergoed nie? Ek kan en sal nooit kindernishandeling goedpraat nie! Maar kan daar miskien meer duidelikheid gegee word in welke mate die kind “gemartel” is? Ek kan nie insien hoe dit as marteling beskryf kan word as die kind bloot net geboei was nie. Beteken dit dan nou dat elke verdagte krimineel wat ooit geboei was of word, gemartel word en daarom sielkundige berading vir die hele familie moet kry? Jare terug, toe ek self nog ‘n kind was, het ‘n soortgelyke voorval ook gebeur met iemand wat ek ken. Die seun is ook geboei aan die kafee se toonbank. Vandag glo ek vas dit was sy behoud. Baie van sy familie het die pad byster geraak, maar hy het so groot geskrik daardie dag, dat hy nooit eers weer ‘n gedagte gekry het om iets onvanpas aan te vang nie en vandag kan hy sy kop hoog hou en weet hy het ‘n sukses van sy lewe gemaak. Jare na die voorval het die seun erken dat hy wel ‘n blikkie sardiens wou steel daardie dag, omdat hy moeg was vir pap en swart koffie, maar dat sy moed hom begewe het en hy sonder enige iets uit die kafee gestap het en toe in elk geval beskuldig is. En dat indien dit nie gebeur het nie, en hy nooit aan die toonbank vasgeboei was nie, hy dalk self ook in die toekoms die pad byster sou raak.

Belinda ·

Ek stem Eduard en ons sal ook seker binnekort lees dit was nie regtig dalk so erg nie………….seker net n paar klappe gekry…………………….en as mens olik voel bly mens in die bed………………loop nie rond nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.