‘Gemaskerde’ betogers by Wits veroordeel

Universiteit van die Witwatersrand (Foto: @andilenzimande/Twitter)

Die Universiteit van die Witwatersrand het Donderdag ʼn groep betogers veroordeel en hulle daarvan beskuldig dat hulle die studente se voortgesette eetstaking vir politieke redes wil misbruik.

Die universiteit se bestuur het gesê ʼn groep van ongeveer 50 betogers, wat maskers gedra het, het vroegoggend opgedaag en ingange na die kampus gesluit. Volgens die instansie teiken die betogers eers dié universiteit voor ander instansies sal volg.

“Ons is van mening dat hierdie groep individue nie die belange van studente op die hart dra nie. Hul doel is om opleiding te ontwrig en instansies van hoër onderwys gyselaar te hou om hul eie politieke agenda te bevorder. Hul agenda het niks met gratis onderwys te doen nie, maar dit is eerder ʼn doelbewuste poging om ons universiteit te laat wankel,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê.

“Ons moet dié persone onthul wat vandag op ons kampus is; wat probeer om lesings te ontwrig en ons kampusse te sluit. Ons moet hulle skors as hulle studente is; in hegtenis neem as hulle mense dreig of as hulle ander se reg om te leer en werk, skend; en as hulle eiendom beskadig.”

Lesings is vandeesweek ontwrig toe studente met ʼn eetstaking begin het teen finansiële uitsluiting. Hulle eis dat studente met agterstallige universiteitsgelde toegelaat moet word om te registreer en gehuisves te word. Die studente het ʼn sitstaking by Solomon Mahlangu House, ʼn gebou op die kampus, gehou. Daar was Dinsdag onderonsies tussen privaat veiligheidswagte en die studente. Een student is beseer toe veiligheidswagte reageer het ná studente hulle met kussings bestook het.

Betogers het Donderdag rommel op die kampus gestrooi, ondanks boodskappe deur die universiteit op Twitter dat bedrywighede by die kampus na normaal teruggekeer het. Personeellede en studente is gemaan om na lesinglokale en hul kantore terug te keer.

Die bestuur het gesê hy het “verskeie vergunnings” gemaak vir studente en ʼn R13 miljoen-fonds op die been gebring vir behoeftige studente. Die “Wits Hardship Fund”-komitee, wat lede van die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) insluit, het die afgelope twee weke 567 studente bygestaan.

“Die fonds het 220 studente met dringende akkommodasieprobleme gehelp en 347 gehelp om te registreer. Ons is steeds oop vir onderhandelinge met interne groepe soos die VSR, op voorwaarde dat hulle ter goeder trou in gesprek tree en aanspreeklikheid aanvaar vir hul optrede. ʼn VSR-leier is vandeesweek geskors toe hy klasse ontwrig het en die universiteit sal nie huiwer om individue, wat die wet oortree, aanspreeklik te hou vir hul optrede nie. Die universiteit kan nie meer doelpale bly jaag wat aanhou skuif nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jerry ·

Revolusionere lafaards dra maskers. Revolusionere politici dra verskillende mombakkies.

Nick ·

Ja né,verslag word gedoen maar wet en orde ontbreek , dis ons lafhartige ou republiek. Almal kerm maar niemand worry nie! So what breek af! Ek is gelukkig op my eie en het nie meer simpatie met almal wat moan nie. Dis ons eie skuld!

Foxi ·

Stem saam, allerdaags nou. Niks meer snaaks nie. Hulle het so laks geword dat daar nie eens meer n bang haar op hul koppe is nie. Hulle WIL amok saai, want hulle WIL n oorlog hê. So sit hulle saam saam en dink watse troefkaart hulle volgende kan speel. Lae IK se moses! Dink nie aan die dag van môre nie….??
Staatsrede…..blah blah blah. Luister nie eers nie.

Tong innie kies ·

Eetstaking gaan nie vir my werk nie. Ek is so dik, as ek op ‘n eetstaking gaan sterf ek van hoë ouderdom…

GM ·

Cut off your nose to spite your face, nè?
As hul omkap van hongerte, gaan hul aandring op (gratis) mediese bystand. Hoe belaglik. Ek glo in elk geval nie hulle het die deursettingsvermoë nie – hulle sal wel iewers kos weggesteek hê, al gaan eet hul dit skelmpies in ‘n badkamer.
Hulle moet dalk gevra word of hul verniet gaan werk as hul die dag die grootmenswêreld betree.

elize ·

Ek verstaan nie hoekom hulle dit nie vinnig kan uitsorteer nie. As hulle gemasker is neem hulle in hegtenis en voer aan dis ter wille van die ander studente se veiligheid. Hoekom word dit enigsins toegelaat?

Anoniem ·

Sê ek ook. Daar is 50 van hulle wat nou honderde ander studente se reg tot onderwys ontneem.
Ek meen hoe moeilik kan dit wees om met hulle af te reken? Ek glo nie eers Zimbabwe sou hulle toelaat om dit te doen nie.

HPV ·

Nooit my vriend, nooit. lees Afrika gekiedenis waar absoluut niks in die afgelope 50 jaar behaal is nie, die volgende 50 jaar sal waarskynlik diesefde verloop. Miskien sien Afrika regimes menseregte skendings, militêre oornames en volksmoorde as een of ander siek mylpaal. Lees DRK en Rwanda.

John ·

Die maskers wil die individue se identiteit geheim hou wat sè dat hulle iemand anders se belange verteenwoordig. Wie? Ons kan raai. Die student onder huisarres, waar is hy tans?

Judge Dredd ·

Laat die eetstakers maar voortgaan – liberale dogma bepaal mos hule kan doen wat hulle wil met hul liggame – ten minste sal ons dan ‘n paar minder suurstof-diewe he.

madels ·

In Amerika sou hierdie amper as n terreur aanval beskou wees maar in SA is hierdie soort gedrag heeltemaal aanvaarbaar! HOEKOM! Word hierdie verwoesters eers toegelaat op kampus?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.