Gemeenskap bankvas agter Baaise student

Die gemeenskap van Port Elizabeth is dit eens die student behoort nie van moord aangekla te word nadat hy hom en sy vriende teen die aanvaller verdedig het nie.

Ontstoke inwoners van Port Elizabeth staan soos een mens agter die student van die Nelson Mandela-universiteit wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn rower doodgesteek het.

Athenkosi Zenani (23) word deur ʼn aanklag van moord in die gesig gestaar nadat hy verlede naweek ʼn rower se mes afgevat en die aanvaller na bewering daarmee doodgesteek het, het Maroela Media vroeër berig.

Die IT-student in sy finale jaar gaan intussen gebuk onder terugflitse van die aanval vroeg die Sondagoggend naby die middestad, anonieme oproepe en die vooruitsig van sy volgende hofverskyning op 31 Januarie aanstaande jaar wat soos ʼn swaard bo sy kop hang, berig die Port Elizabethse dagblad The Herald.

Zenani het Dinsdag vir die eerste keer in die plaaslike landdroshof verskyn en is op borgtog van R500 vrygelaat nadat hy sedert die voorval vroeg Sondagoggend in aanhouding was. Hy word daarvan beskuldig dat hy die Tanzaniër, Ali Msabaha (30), met dié se mes doodgesteek het.

Die voorval het gebeur toe Zenani vroeg die oggend saam met vriende na ʼn huis in Richmond Hill gestap het ná ʼn aandjie uit. Die vriende is blykbaar deur Msabaha en nog ʼn man aangeval.

Die staat voer aan die mans het Zenani van sy selfoon beroof. In die worsteling wat daarop gevolg het, het Zenani een van die aanvallers se mes gegryp en hom na bewering noodlottig gesteek.

Om jouself te verdedig is die sterkste instink by enige mens.

Woedende Facebook-gebruikers het intussen gesê pleks dat die 23-jarige van moord aangekla word, behoort hy geloof te word. “Dit het my bloed absoluut laat kook toe ek die opskrif lees,” het ’n gebruiker geskryf. “Dit was nie moord met voorbedagte rade nie … Om jouself te verdedig is die sterkste instink by enige mens, so natuurlik so asem haal.”

“Dis malligheid dat misdadigers meer regte het as wetsgehoorsame burgers,” skryf iemand anders.

Van die gebruikers het besluit om geld in te samel om die beskuldigde se borgtog te betaal en by te dra tot sy regskoste.

Zenani het intussen gesê hy is ontsettend dankbaar vir die steun wat hy ontvang. Hy het bygevoeg dit sal hom deur dié moeilike tyd help.

Hy het aan The Herald  gesê die adrenalien het eenvoudig oorgeneem toe hy aangeval word. “Ek het dit reggekry om hom te ontwapen. En terwyl die adrenalien so deur my are gebruis het, het ek opgetree – en nou staar ’n moordklag my in die gesig.

“Die afgelope week was net so oorweldigend. Ek probeer dit maar net van dag tot dag bestuur en my met ander goed besig hou sodat ek nie heeltyd daaraan dink nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Isabel ·

Hoe moet jy anders maak om jou en ander se lewens te beskerm die bestaan uit beskerm jouself of word doodgemaak dan is brskerm jouself enigste opsie

Reti ·

Dankie tog die krimineel is uit di lewe gehelp anders is ‘state resources’ gebruik om hom te ‘soek’ én dan moes ons hom paar dae onderhou ás dit tot sover sou gaan om hom in tronk te sien. LOS UIT DIE VERDEDIGER! Hy sou dit nie gedoen het as krimineel nie iets aan hóm wou doen nie.

jj ·

die vraag is altyd wat is regmatig en wat is onregmatig…. ons almal het n verantwoordelik en reg om jouself en bates te beskerm……….met die min inligting beskikbaar behoort die aangeklaagde vry te kom aangesien sy lewe in gevaar was en dat hy himself net beskerm …… die vraag is weereens is oormaat geweld gebruik en ek glo nie omdat die omstandighede van so aard is en was dat die enigste manier om die aanval te stuit die optrede geregverdig het………… dit is is sleg en nooit goed vir n mens in enige konflik omstandigheid nie maar laat ons maar almal altyd bewus wees enige iets kan gebeur …………… sterkte en glo jou meriete saak is goed glo en vetrou net

Theo ·

Tyd dat die doodstraf terugkom sodat moordenaars, verkragters, rowers en al die gemors uit die samelewing verwyder word.

Eben ·

Die probleem is dat slegs ‘n regter mag besluit of die slagoffer onskuldig is. Die ongeluk is dat die SAPD nie daardie besluit kan maak nie. Dieselfde geld vir die staatsaanklaer. Ongelukkig besluit die staatsaanklaer net wanneer ANC lede betrokke is die dan is hulle gou om te besluit om nie aan te kla nie. Dit wys net hoe gelykheid voor die reg in ons landjie toegepas word.

JSG ·

@Eben. Goeie gebaar van die gemeenskap om sy borg te betaal het. Almal tree op asof hy alreeds skuldig bevind is. Dis ‘n standaard prosedure by die SAPD om ‘n klag van moord te open is so ‘n geval. Die kanse dat hy vry uit die hof sal stap is goed. Om nie die saak aan te gemeld het, sal hom net dieper in die moeilikheid gesit het. Dit is so goed soos erkenning van skuld. Laat die hof die uitslag bepaal. Volgens die getuienis is sy saak sterk om te wen.

jaco ·

as die student wit was, het ek ‘n klag van moord teen hom verstaan, maar hy is van dieselfde ras as sy aanvaller en die owerhede wat hom nou aankla. sekerlik geld ‘n ander meer genaakbare stel reëls tog vir Ramaphoza se “our people”

Cor ·

Sou die student s liggaam in die straat gele het kan ek jou waarborg sy moordenaar sou nou nog soek gewees het net om hom nie te kry nie. Hy het in selfverdediging opgetree . Seker moes hy gese het “ hier rower vat alles wat ek het en moet my nie met jou mes steek nie” . Nie amptelike statistiek wys dat by die meerderheid rooftogte en moirde is daar n buitelander betrokke en wat doen ons regering net mooi niks. Hulle wil dan die grense wegvat

Neutraal ·

Die man sit agter tralies en hierteenoor word die publiek gewaarsku dat hulle nie met polisie moet “mors” nie.

Koos de Meyer. ·

Wat soek die gemors in ons land, sekerlik weer onwettig. As die krimineel ‘n mes uithaal gaan hy geskiet word, dis ek of hy. Nou wil hulle ons ontwapen vir selfverdediging. Nie ‘n manier nie.

Deon ·

Onthou altyd,dis makliker vir jou familie om jou uit die tronk te kry as uit die graf…..en moet nie dadelik n verklaring afle nie,laat jou prokureer dit vir jou doen.

Johanna van Wyk ·

Athenkozi ek hoop als werk reg vir jou uit. Ek is trots op jou waagmoed

Wilma ·

Dai dooie misdadiger het dalk al huveel misdaad en moord gepleeg en slu dalk ini toekoms by nog misdadebetrokke wees. Dai jongman wie homself verdedig het hoort.ni in di tronk. Vertrou als sal uitwerk vir hom

jaco ·

hoekom die insident by die polisie aanmeld? as ek die student was, sou ek net stilgebly het.

Thinus ErasmuS ·

Ai Maroela Media, hou julle nie daarvan as ek die SAPD ‘n spul onbeholpe korrupte lot noem nie? Of aanbid julle die howe en die regetelsel as onaantasbaar foutlose en eerbare handhawers van alles wat goed is?
Dink julle dat dit verkeerd is om die foute van die betrokke partye, en soms ook kommentators uitwys. Ek weet darem nie wat is julle agenda nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.