Gemeenskap blus self brand by substasie

Die brand by Balfour substasie. (Foto: VF Plus)

ʼn Brand by die hoof-kragsubstasie in Balfour moes Donderdagoggend deur die gemeenskap en VF Plus-lede geblus word, aangesien die plaaslike brandweer nie ʼn voertuig beskikbaar gehad het nie.

Volgens Carel Pienaar, VF Plus-raadslid in die gebied, was die VF Plus Donderdag eerste op die toneel en het die Dipaleseng-brandweer ontbied, maar daar was geen voertuig beskikbaar om uit te stuur na die toneel nie.

Brandweerpersoneel wat aan diens was, was glo ook nie bereid om sonder voertuie te help nie.

“Lede van die gemeenskap moes toe noodgedwonge self inspring om te keer dat die substasie heeltemal vernietig word in die brand,” het Pienaar gesê.

Balfour is nietemin sonder krag gelaat en dis onseker wanneer dit herstel sal word.

Volgens die VF Plus is die brandweervoertuie wat die drie dorpe Balfour, Greylingstad en Grootvlei in die Dipaleseng- plaaslike munisipaliteit moet bedien, al vir sowat drie jaar buite werking.

Die VF Plus het voorheen die brandweerkwessie onder die munisipaliteit se aandag gebring en gewaarsku dat die wanfunksionele brandweerdiens onaanvaarbaar is en tot onnodige lewens- en eiendomsverliese kan lei.

Die VF Plus het ook ʼn skrywe gerig aan Mpumalanga se waarnemende LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Busisiwe Shiba, om die aangeleentheid te ondersoek en toe te sien dat die brandweerstasie in volle werking is om inwoners te beskerm.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jack ·

So gaan dit.Net soos die dag toe ons die polisie bel vir hulp en hulle vir ons sê dat hulle voertuig ‘n pap wiel het en nie kan ry nie.Nee wat.As dit nie so snaaks was nie sou ons dalk gehuil het.Geld is klaar,dienslewering is onmoontlik,onkunde,korrupsie ens ens.

Di ·

Dis niks nuuts nie! Daar is NIKS wat meer werk in hierdie korrupte land nie. Na meer as 20 jaar van NIKS in stand hou is ALS TOT NIET. Hierdie regering moet vir ons blankes ons eie plek gee dat ons vorentoe kan beweeg, gaan nog vergaan in hierdie land

Mariana ·

Ek moet saamstem. Die land val regtig uitmekaar onder ANC en ek dink ons sal beter af wees om plek van ons eie te hê. Ons weet hoe om goed te laat werk en vorentoe te beweeg.

Thelsa ·

So raak ons maar net al meer en meer gewoond aan nie-dienslewering in hierdie land waarvoor die belastingbetaler moet opdok

Piet parys ·

Dagvaar die persone BURGERMEESTER persoonlikvir die kostes . SO WAT DOEN HULLE NOU AL VIR 3 JAAR MET BETALING VAN HULLE SALARIS . MAAK DIE BRANDWEER TOE WANT HULLE HET GEEN DOEL BEHALWE OM ROND TE HANG EN DIK TE WORD OP DIE BELASTING BETALERS SE KOSTE NIE .
WAAR IS MENSE NOG TROTS OM DIE WERK TE DOEN WAARVOOR HULLE BETAAL WORD .

Jacobus ·

Wat doen die brandweerlede dan as daar nie voertuie is nie? Behalwe om hulle salarisse uit te gee.

Mariana ·

Dit is eintlik skrikwekkend as mens sien hoe belangrike goed soos brandweerstasie net eenvoudig nie op volle kapasiteit is nie as gevolg van munisipaliteite se swak bestuur. Waarvoor vir dienste betaal maar niks kry vir jou geld nie. Dit is verregaande.

Anel ·

So, vir 3 jaar word die lot betaal om niks te doen nie!!! Die persoon wie verantwoordelik is moet krimineel aangekla word. En dan, die mense wat nou sonder krag sit, moet sake teen die munisipaliteit maak. En siviele eise in sit vir die kos wat hulle gaan verloor en die mense wat bedighede het en ander, vir verliese wat gelei word agv geen krag. Hoekom moet daar vir munisipale dienste betaal word en geen dienste word gelewer nie. En dan moet die polusie hulle werk doen want sulke kradstadie raak nie net aan die brand nie. En dank sommer die verantwoodelike minister af.

SlinkseKoljander ·

Mens gaan dit meer en meer sien, die ANC wil al hoe minder betrokke raak by enige werk.

Jr ·

cANCer verkiesing posters Dorps se naam
Let’s make ( dorp’s se naam) a better place. LMAO

annie ·

Eintlik moet ons nou ophou kla en begin bydra vir ‘n groot standbeeld van De Klerk voor die… O, sorry, die parlement is gone… Voor die…

Darts girl ·

Ja nee kyk. Dis hoe dit gaan die mense im die land sukkel weens hongerte armoede werkloosheid, die polisie het nie voertuie wat werk nie, die brandweer is ook pateties….
Maar die regering wil R50 000 000 aan kuba skenk

Lillian ·

Altyd ‘n verskoning. Hier by ons aan die Oosrand word die amptelike voertuie gebruik om toe rits vir persoonlike sake terwyl hul fênsy SUV’ s by die brandweerstasie staan. En ja, ekt dit met my eie oë gesien.

Swerwer ·

Hello in die “Nuwe Reënboog” Suid Afrika. Watter kleurvolle gelukkig lewe is dit nie.
En wie moet ons bedank, Die ANC.

JAN ·

Elke dag brand daar nou elektriese substasies. WAT GAAN AAN???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.