Gemeenskap brand mans lewend

(Argieffoto: SA Polisie/Twitter)

Ses jong mans, tussen 21 en 27 jaar oud, is dood toe ʼn woedende Oos-Kaapse gemeenskap eie reg gebruik het. Vier van die mans is lewend verbrand en die oorblywende twee is in bome opgehang.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê dié wraakdade het Woensdag omstreeks 17:45 in die Zingqolweni-nedersetting digby Lady Frere, Oos-Kaap, plaasgevind.

“ʼn Lid van die gemeenskap het die polisie in kennis gestel dat vier jong mans in ʼn oop veld lewend gebrand word. Polisielede het dadelik gereageer,” sê Kinana. “Terwyl die polisie op die toneel besig was, het hulle inligting ontvang oor die liggame van nóg twee jong mans wat in ʼn nabygeleë bos in die Maqhashu- administratiewe gebied gevind is. Hierdie mans is in ʼn boom opgehang.”

Kinana sê een man het daarin geslaag om van die aanvallers te vlug en is later na ʼn nabygeleë hospitaal vir mediese behandeling geneem.

“Die motief vir die moorde is in dié stadium nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek ses sake van moord en een van poging tot moord. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.”

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, die provinsiale polisiekommissaris in die Oos-Kaap, het ʼn 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel vir die inhegtenisneming van die verdagtes.

“Ons span sal nie rus voordat die hartelose misdadigers gevang word nie. Ons kan nie toelaat dat wetteloosheid en anargie binne ons gemeenskappe die oorhand kry nie,” sê Ntshinga.

Ntshinga waarsku gemeenskappe om nie eie reg te gebruik nie. “Dit bly ʼn ernstige oortreding en diegene wat hulle aan sulke wraakdade skuldig maak, moet die gevolge van hul optrede dra.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, kan Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pierre

O, maar as boere SAP dringend benodig vat hulle, hulle tyd…

Saartjievandiebosveld

Die gemeenskap is miskien net ”gatvol” vir misdaad soos die res van die land se burgers

Pietertjie

Jip, die Romeins-Hollandse regstelsel werk nie in Afrika nie. Dit lyk of hulle eerder die boendoe-stelsel verkies.

E

Ek dink die 7e ou moet mooi dink wat hy vir die polisie gaan se…miskien ook nie teruggaan na daai gebied nie. En sommer himself uit hospitaal ontslaan so gou moontlik. Maar ek dink hierdie 7 was nie engeltjies waar hulle gebly het nie.

Outspoken

Ek stem saam, die gemeenskap is moeg vir verkragters, moordenaars en diewe wat op borgtog van R 200 – R 500 vrygelaat word en dan in hierdie tydperke verder moles maak sover hulle gaan. Gemeenskappe is moedeloos, as hulle klagtes indien by die polisie dan help niemand, sodra hulle dinge in eie hande neem, wil die polisie ‘n groot ding daarvan maak.
Waar is die polisie se ondersteuning wanneer hulle gevra word om hulp te verleen?