Gemeenskap geskok ná ‘plaasaanvallers’ vrygelaat is

(Foto: Yolandi Kruger)

Die drie vermeende rowers wat op 24 Julie in hegtenis geneem is nadat hulle vermoedelik op ‘n plaas buite Ottosdal, Noordwes, waar Sarel en Hannetjie van Zyl woon, toegeslaan het, is skaars twee weke later op ʼn waarskuwing vrygelaat. Die familie en gemeenskap is hewig ontsteld daaroor en voel geregtigheid moet geskied.

Volgens Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes, is die drie verdagtes, onderskeidelik 19, 23 en 27 jaar oud, op 4 Augustus op ’n waarskuwing vrygelaat, nadat hulle in die hof verskyn het vir aansoek om borgtog.

Mamothame sê die ondersoekbeampte het nie die borgtogaansoek teengestaan nie. Die staat het gevra dat borgtog betaal moet word, maar die hof het hulle toe net op waarskuwing vrygelaat. Die verdagtes het geen borgtog betaal nie.

“Volgens die inligting in die polisie se dossier is niemand aangerand nie en was dit nie ʼn plaasaanval nie. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek, aangesien die identiteit van die beskuldigde deur middel van ’n uitkenningsparade vasgestel moet word,” sê Mamothame.

Maroela Media het vroeër berig drie mans het die betrokke dag omstreeks 09:00 op die plaas aangekom terwyl Sarel nog gelê en slaap het. Sarel was in daardie stadium siek in die bed. Die mans het die tuinier by die watertenk vasgebind en ’n vuurwapen op hom gerig. Hulle het daarna die huis binnegegaan.

Die drie mans het die kamers van die huis ingevaar en die kaste deursoek. Een van hulle het iets in een van die kamers laat val, wat Sarel laat wakker skrik het. Toe hy sy oë oopmaak, het die mans by die kamerdeur gestaan. Hy het sy vuurwapen, wat langs hom op die bedkassie gelê het, gegryp, maar het eers gesukkel om die vuurwapen uit die holster te kry. Die aanvallers het net daar in hul spore omgedraai en uit die huis gevlug.

Sarel het opgespring en met die vuurwapen die mans agternagesit. Hy het buite skote in die lug afgevuur.

Die verdagtes het weggekom, maar is net voor 12:00 deur lede van die gemeenskap, boere en die polisie aangekeer.

Die polisie het nog nie die verdagtes se vuurwapen gevind nie.

Volgens ʼn familielid wat op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gesels het, is die familie geskok en ongelukkig dat die verdagtes reeds op vrye voet is.

Sarel het self aan Maroela Media sy misnoeë oor die situasie uitgespreek. Hy sê hy probeer nog die trauma van die aanval verwerk. “Dit is maar ’n skok op jou lyf,” sê hy.

’n Verteenwoordiger van die Ottosdal-911-noodgroep, wat gehelp het om die aanvallers vas te trek,  vertel boere en lede van die gemeenskap wat mense se veiligheid op die hart dra, het Dinsdag met die Lichtenburg-polisie vergader om duidelikheid te kry waarom die verdagtes vrygelaat is. Hulle gaan eerskomende Maandag weer ’n vergadering met die polisie hou om planne in te stel oor die opskerping van landelike veiligheid.

Die verteenwoordiger sê die Ottosdal-911-noodgroep doen ook alles van sy kant om veiligheid te verseker.

“Ons doen ’n beroep op die mense en boere van die gemeenskap om paraat, oplettend en wakker te wees. Ons vra hulle om vinnig ’n noodkreet uit te reik as hulle enigsins in gevaar voel of onraad merk.”

Die 911-noodgroep het ook ’n datastelsel ingestel sodat boere die groep so vinnig moontlik in kennis kan stel oor ’n moontlike aanval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Kokerboom ·

Dis nogal skokkend. Miskien loslating te wyte aan feit dat tronke vol is

katerinadiekat ·

Of omdat diegene wie se huis ingebreek is, wit is.

ES ·

Kokerboom, jy is doodreg – as regstudent kan ek bevestig dat ons regstelsel so ontwerp is om boosdoeners te “rehabiliteer” sodat hulle uit die oorvol tronke gelaat kan word. Ongelukkig dink ek is hulle vrygelaat omdat die staatsaanklaer nie genoegsame bewyse vanaf die ondersoekbeampte kon kry nie. Die regter mag nie self oordeel nie maar moet sy / haar besluit maak gebaseer op die bewyse. En as die ondersoekbeampte met lee hande by die hof aankom, kan die staatsaanklaer nie bewyse lewer nie. Die verdagte hoef nie sy onskuld te bewys nie, die staat moet sy skuld bewys – en sonder bewyse, kan die hof nie ‘n beslissing maak nie.

Sarel ·

Op verskeie terreine laat die Regstelsel die Burgery in die stek. Nie net in die geval nie maar verskeie ander sake ook. Hoekom was hulle nie asngehou tot uitkenningsparade nie.

Alet ·

My mond hang oop …ek het nie woorde nie….Hierdie land se wette is om van te lag. Daar word nie voorbeelde van hulle gemaak nie want hulle het die regte velkleur.

Inkpot ·

Lewer kommentaar…Dit is ongelooflik. Kan jy net dink hoe lekker lag hulle nou terwyl hulle die volgende aanval sit en beplan.

Genis ·

Daar is n paar sake hier- rig van vuurwapen, was die vuurwapen gelensieer. Betreeding, inbreak, ents…Patetiese regstelsel, dien die skelms…nie die weerlose belasingbetaler nie…

Deon ·

Ek stem saam met jou, en al was die wapen gelisensieer is die persoon onbevoeg aangesien hy dit kwaadwillig gebruik het.

Adam Adriaan ·

Sal liewer nie kommentaar lewer oor die regstelsel nie

JohanR ·

Die twee wat my ouers aangeval het is ook op ‘n “technical issue” deur die regter vrygelaat, en ‘n paar maande later in ‘n ander provinsie, en ‘n ander plaas gebied, die plaaseienaar dood gemaak en sy vrou verkrag wat in hulle laat 60’s was. Hoop in ‘n maand of twee se tyd gebeur dit nie met die 4 nie, want dan moet daai regter, die ondersoek beamptes en ‘n paar polisiemanne tronk toe gaan!

Evert Philippus ·

So word hulle beskerm, selfs deur die regbank. Skande!!!

Mariana ·

Dit is verregaande. Die regstelsel is pateties. Mense gaan tronk toe vir rassisme maar vir plaasaanval word hulle laat gaan. Hoe werk dit, maw rassistiese aanmerkings is nou ‘n groter kriminele daad as poging tot moord of moord. Lagwekkend!!!

Jakes ·

As dit die boodskap is wat die regbank uitstuur dan verbaas dit my glad nie. Van bo tot onder is alles vrot in SA.

Eltan ·

Sit maar wakker en kry n aksieplan onder die boere op die been om te patroleer..hulle gaan verseker terugkom om hul “job” kla te maak…
Maak net seker dat hul die keer nie wegkom nie…

Pieter ·

Oorlog is hier. Manne, Boere kry jullwe wapens reg. Ons sal ons vroue en kinders en besittings moet beskerm want die skelms het meer regte en as jy swart is kom jy vry. (rassite van anc en eff).

Niklaas ·

Hieroor gaan daar nog baie lank gepraat word. Dis absoluut onaanvaarbaar.

Magda ·

nou ja – gereg is eie hande neem???????? en as dit gebeur word die gevolge op ons HOWE EN POLISIE SE SKOUERS GEPLAAS WANT DUIDELIK IS HULLE NIE TOT SO IETS IN STAAT NIE.

Werner ·

Maar net nog n teken dat dit moord bendes is wat opereer hulle weet die sogenaamde reg Sal hulle niks doen nie . So mense moenie altyd so bly wees as hulle op die nuus berig dat die terroriste gevang is nie dit is net om ons gelukkig te hou more is hulle weer vry net om nog n aanval te loods. Moenie verbaas wees as die Vaalharts spul ook borg kry nie

johanf ·

Die spul nie eers borg betaal, net gewaarsku….. Skande…

...M... ·

Hy moes hulle daar en dan dood geskiet het.
Hulle weet nou presies hoe die huis binne lyk, hoe alles werk wat alles daar is om te vat ens – volgende keer is die mense dalk nie so gelukkig nie.
My hart bloei vir mense op plase!

ES ·

Dis so tragies… swak polisie ondersoekwerk en swak bewyse wat in die hof gelewer word. Die skuldiges hoef nie hulle onskuld te bewys nie, die staat moet bewyse, bo redelike twyfel, kan lewer dat hulle skuldig is. Sonder genoeg bewyse kan die regter nie ‘n beslissing maak nie – die hof kan nie oordeel sonder alle feite nie.

Die probleem le by ondersoekbeamptes. As die staatsaanklaer nie genoegsame bewyse kan lewer nie, kan die hof nie sy beslissing maak nie. Hoe kan die staat hul rede motiveer om borgtog teen te staan sonder enige solide bewyse?

Die regstelsel is ontwerp om onpartydig te wees, en al is dit hoe onregverdig, die hoef moet prosedure volg en die bewyse gebruik wat tot hul beskikking is om ‘n beslissing te maak. Sonder genoegsame rede, is die hof se hande afgekap.

Jannie van Niekerk ·

Hoor hoe lieg die ANC regslui alweer. ‘n Plaasaanval bly ‘n plaasaanval al het niemand “kastig” seer gekry nie. Die NVG het al deur en deeurbewys dat hulle plaasaanvalle geodgesind is.Daardie misdadigers SOU faardie emsne vermoor het. Weereens ‘n bewys dat Pres Ramnaphoisa en sy odnerteuenrs plaasaanvalle stilswyend geodkeur.

Anoniem ·

Maak ‘n voorbeeld van die staatsaanklaer of wie ookal die aanvallers op waarskuwing vrygelaat het. Sluit hom/haar toe totdat die verdagtes weer moet verskyn, indien hulle gaan opdaag. Indien hulle nie opdaag nie, hou die staatsaanklaer in aanhouding totdat hulle weer gevang word. Dit sal die laaste keer wees dat so iets gebeur.

johanf ·

Hulle gaan nie weer vir die voorval verskyn nie, Vrygestel…. Waar gaan die ondersoek beamptes nou meer bewyse kry…… Pateties

Scalla ·

wat soek hul in die eerste plek daar en hoekom is die tuinier vasgebind, hul wou beslis nie kom koffie drink het nie.

Boris ·

Swak ondersoekwerk – twee weke na inhegtenisneming en geen uitkenningsparade nie. ‘n Ondersoekbeampte wat nie borgtog teenstaan nie. Skokkend.

lollapot ·

Uiters skokkend! Maar tog word jy toe gesluit as jy in besit van n sigaret gevang word?

saggiespraat ·

Dit mag dal kinderlik klink, maar ek sal Boebie traps ooral op my plaas stel met n
klokkie langs my bed as iemand op die din gut lyn trap of trip en dan wag ek vir hulle want
hulle gaan terug kom. Ek sal blikke wat raas op elke venster hang en deurknop. Ek sal soos
home alone se seun wees elke aand maar vang sal ek hulle vang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.