Gemeenskap gooi twee in watergat

Die watergat. Foto: Verskaf.

Die polisie in Limpopo het die jongste voorval van bendegeregtigheid in dié provinsie ten sterkste veroordeel.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê inwoners van Moletjie Diteteng het Saterdagoggend twee mans in die naburige nedersetting gewaar terwyl hulle in die straat loop.

“Hulle was in die geselskap van ʼn persoon wat die gemeenskap vermoed verantwoordelik is vir die reeks plasma-TV-diefstalle in hul omgewing,” het Mojapelo gesê.

Die groep inwoners het volgens Mojapelo saamgespan en die twee mense gegryp, hulle erg begin aanrand en later in ʼn ou watergat gegooi.

“Die polisie is in kennis gestel en het blitsig reageer. Die twee kon nog van bo af gewaar word.”

Die polisie se reddingsdienste sowel as nooddienste is na die toneel ontbied. Die spanne kon daarin slaag om die twee slagoffers vanuit die bodem met verskeie toue boontoe te hys.

Hulle is na die hospitaal geneem vir die nodige mediese behandeling.

Een van die slagoffers word na bo gehys. Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SjN ·

Die gemeenskap is ook keelvol vir die skelms, die SAPD weet nie wat beteken wet en orde nie. Sorteer self gou dinge uit dan sal dit nie weer gebeur nie.

Veritas ·

Boendoe howe is deel van Afrika. Ons hoor nooit die einde van hierdie stories nie. Word die hele gemeenskap aangekla en vervolg of word die sake net toegemaak sonder vervolging? Aan die een kant verstaan ek die gemeenskap se frustrasie wat deur die onbetrokkenheid van die polisie, veroorsaak word maar aan die ander kant bly poging tot moord, ‘n oortreding van die wet en moet dus ondersoek word.

Pop ·

Kyk nou net hoe blitsig is die polisie daar as vermoedelike skelms in die moeilikheid verkeer. Onskuldige mense wag soms tevergeefs

Kat ·

Mooi man hoop die skelms het n les geleer
Waarom was die polisie so vinnig daar?Was die skelms dalk hulle maatjies?

bgj van der westhuizen ·

wel n paar jaar trug het n man die sapd gebel en gese daar word in gebreuk sapd se het geen voertuie beskikbaar nie toe hy se hy gaan die dief slaan tot hulle op daag binne 5 min was daar 4 voertuie by hom hy vra toe hoe nou waaar kom die voertuie nou van daan nee se hulle hulle moet voor kom dat eimand vermoor word dit is n bewys dat diewe . moordenaars se lewens word meer geag as belasting betalers

Nico K ·

Dit is nou goed en wel om te sê die skelms het ‘n les geleer. Wie sê hulle was skelms. Ek het geen vertroue in massa histerie nie. Het al baie berigte gelees waar mense doogeslaan is deur so “mob” en dan kom dit uit dat hulle heeltemal onskuldig was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.