Gemeenskap haal self kind se liggaam uit rioolpyp

(Foto: SA Polisie)

Die polisie in Noordwes ontken dat sy lede geweier het om die liggaam van ʼn vierjarige seuntjie wat in ʼn rioolpyp beland het, te verwyder.

Kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het gesê die seuntjie het Sondag omstreeks 12:00 in die drein beland, maar die voorval is eers om 14:28 by die polisie aangemeld.

Die pyp is op die perseel van die Sejankabo High School buite Mahikeng.

Hy sê die polisie het die toneel in oorleg met ʼn duiker en lede van die brandweer geassesseer en besluit ʼn span duikers moet byeengeroep word om die liggaam te verwyder. Dit sou eers die volgende dag gedoen kon word.

“Lede van die gemeenskap het egter anders gevoel en geëis dat die kind dadelik verwyder word. Hulle het die gevaar verbonde daaraan verontagsaam.

“Die liggaam is eindelik verwyder nadat ʼn lid van die gemeenskap ʼn houtapparaat geprakseer het wat gebruik is om na die liggaam te soek en na die oppervlak te bring. Die liggaam is daarna uit die drein verwyder,” het Mokgwabone gesê.

Volgens hom is die polisie verbind tot diens aan die gemeenskap, maar dat elke situasie ontleed moet word om verdere onnodige lewensverlies te verhoed.

“Afhangende van die situasie word die gebruik van spesialiste, in dié geval duikers, aanbeveel,” het Mokgwabone gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

lollapot ·

Ek sou ook my kind se liggaampie daar wou uitkry, ongeag van enige gevaar!

James ·

Ek is selfs n duiker wat die SAPD help in ons area, ek is n voltydse paramedikus en Brandweerman en ongelukkig is dit deel van die ofening, die veiligheid van die personnel wat die liggaam moet uithaal. Dis ongelukkig net soos enige ander beroep dit werk volgens die OHS Act en daar is reels wat moet gevolg word daar in. Mense moet onthou die is nie meer n redding nie dis wat ons noem n body recovery, die kind is 12h00 in die drain in en die oproep is eers 14h28 by die SAPD aan gemeld, so die kind was vir 4 ure en 28 min in die drain, mense kom ons dit logic oor hierdie al die gifstoffe en dan boe op dit die kind het most likely verdrink. Die vraag moet entelik wees waar was die ouers?, hoekom was die kind alleen daar? en is die ouers of voog van die kind al aan gekla volgens die straf wet.

Amatambo ·

Vierjarige kind? Liewe land – WAAR WAS MINSTENS EEN OUER??? Ek stem – een of albei ouers moet vir nalatigheid aangekla word – ‘n kind van vier is NIE veronderstel om sommer alleen sonder toesig rond te loop nie, al is dit in die ouer/s se eie perseel – ek het self drie kinders grootgemaak en altyd toegesien dat hulle NIE by die hek kon uitgaan, of dat daar geen plek of ding is wat gevaar inhou nie… inderdaad, ek het ons tuinhek doerie tyd met draad vasgemaak sodat die kinders NIE sommer kon oopmaak en uitgaan en dalk in die straat beland en seerkry nie… Ai-tog…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.