Gemeenskap help om ‘reeksverkragter’ aan te keer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende reeksverkragter is in Phuthaditjhaba in die Vrystaat aangekeer nadat hy tienerdogters in die gebied geteister het.

“ʼn 11-jarige slagoffer het Maandag haar vermeende aanvaller herken,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sake van verkragting is onlangs by Tseseng, Namahadi en Phuthaditjhaba aanhangig gemaak nadat meisies tussen 11 en 14 jaar oud verkrag is.”

Toe die meisie die man herken, het haar sussie hulle pa gebel en inwoners het die man begin agtervolg. “Die meisies se pa het die ondersoekbeampte gekontak wat dadelik na die toneel gejaag het,” het Mophiring verduidelik. “Die verdagte het begin weghardloop toe hy die polisiebeampte sien en tussen 80 en 100 lede van die gemeenskap het hom agternagesit.”

Die man is gevang en aan die polisie oorgegee.

Die 27-jarige verdagte sal na verwagting Donderdag in die Tseseng-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.