Gemeenskap help verdagtes vastrek

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Drie mans is in verband met twee afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem ná aktiewe hulp van die gemeenskap.

Die eerste voorval het op 18 Junie plaasgevind in Bohlokong. Kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê die gemeenskap het glo gesien hoe ʼn 20-jarige vrou van ʼn kuierplek na ʼn verdagte se huis gesleep word. “Hulle het onmiddellik die polisie in kennis gestel en ʼn 27-jarige man is in hegtenis geneem en die slagoffer is gered,” het Mohobeleli gesê.

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van ontvoering en seksuele aanranding.

In die ander voorval het ʼn taxibestuurder ʼn 41-jarige man wat pas van sy kruideniersware en kontant beroof is te hulp gesnel. “Dié barmhartige samaritaan het die slagoffer na ʼn veilige plek vervoer en ʼn paar minute daarna is twee verdagtes, 21 en 28 jaar oud, in hegtenis geneem en die kruideniersware is aan die man terugbesorg,” het Mohobeleli gesê.

Volgens Mohobeleli neem meer mense verantwoordelikheid om misdaad te beveg. “Die polisie maak ook deels staat op die gemeenskap om vir ons inligting te gee. ʼn Oproep of SMS kan ʼn verkragting, ʼn aanranding of moord voorkom. Die gemeenskap van Bohlokong neem hulle strate weer terug – en wat nog beter is, is hulle doen dit op ʼn verantwoordelike manier,” het genl.maj. Jan Tsotetsi, bevelvoerder van die Bethlehem-polisiëringsgebied, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Michael ·

Swaarder strawwe is die andwoord en howe wat doeltreffend funksioneer doodstraf en maksimum tronkstraf vir sekere misdaad sodat die regter of landros nie n keuse het waneer die skuldiges skuldig bevind word.

Griki ·

Knap gedaan, inwoners van Bohlokong. Hou so aan en misdaad sal afneem. Dit sal naderhand nie meer die moeite werd wees vir kriminele nie.

w ·

Inwoners van Bohlokong jul wen jul str terug vani misdadigers. Jul is n voorbeeld vi die res van SA. Fantasties

al ·

Bholokong jul is ñ voorbeeld vir ons almal. Knap gedaan – wat ñ positiewe berig!

Janine ·

Goeie werk Bohlokong! Dis lekker om sulke nuus te hoor. Hou dit so. Trotse oud Bethlehemiet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.