Gemeenskap maak harte oop om Moloto-slagoffer te help begrawe

Rochelle le Roux (14) is in ‘n ongeluk op die berugte Moloto-pad dood.

Talle weldoeners het hulle reeds oor Rochelle le Roux (14) se familie ontferm, nadat sy Woensdag op die berugte Moloto-pad in Pretoria in ʼn ongeluk gesterf het.

Rochelle, haar ouer sussie, Abigail (16), en hulle ouma, Hazel Nienaber, was in ʼn botsing met ʼn Putco-bus betrokke. Rochelle is op die toneel dood.

Abigail het massiewe hoofbeserings opgedoen en is steeds in ʼn geïnduseerde koma in ʼn Johannesburgse hospitaal. Sy weet nog nie haar sussie is dood nie.

Nienaber is in ʼn bestendige toestand ná die ongeluk en word in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria behandel. Daar is besluit om haar ook nog nie van die dood van haar kleindogter in te lig nie.

Die drie was vermoedelik van die skool af op pad huis toe, toe die ongeluk gebeur het. Rochelle en Abigail is leerders by die Magalies Spesiale Skool in Rietfontein.

Die kinders woon by hulle ouma en oupa, Vicky, in ʼn informele plakkerskamp in Kameeldrift-Oos.

Carli Venter, ʼn berader by die Kameeldrift-trauma-ondersteuningsentrum, het gesê nadat dit aan die lig gekom het dat die gesin nie genoeg geld het om Rochelle te begrawe nie, het die gemeenskap dadelik ingespring om te help.

(Foto: DA)

Sy het gesê verskeie mense het reeds bydraes gemaak om ʼn behoorlike begrafnis vir Rochelle te verseker. ʼn Weldoener het aangebied om die begrafniskoste te dra, ʼn kisvervaardiger het aangebied om ʼn kis te skenk, terwyl die burgerregtegroep AfriForum hom ook tot ʼn bydrae verbind het. Talle ander mense het ook skenkings gedoen.

“Mense maak regtig hulle harte oop,” het Venter gesê.

Venter het gesê die geld wat ingesamel word, gaan ook gebruik word om die gesin met noodsaaklikhede soos kruideniersware te help. In dié stadium maak die familie op vriende staat om hulle na en van die hospitale te neem, nadat Nienaber se motor in die ongeluk verwoes is.

Begrafnisreëlings vir Rochelle is nog nie gefinaliseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

WIEBO ·

So bitter jammer en hartseer. Baie dankie vir almal wat help en die familie bystaan.

Anel ·

Dit is so hartseer. Ek sou sê dat dit Patco se verantwoordelikheid is om die kostes te dra. Dis hulle bus en onverantwoodelike bestuurder. Dit kan die die dogter tetug bring nie, maar boodskap stuur. My man het in die 90ste in daardie omgewing te werk en ek het elke dag net gebid vir sy veilige tuiskoms. Ek wou hom nooit daar besoek nie. Was baie bly toe hy weer in die stad gaan werk het.

Santie ·

Sterkte aan die familie , dis rerig baie baie hartseer.Ek vrees elke keer vir my lewe as ek op daai pad moet ry daai busse ry nes hul wil.

Elvira ·

Ag hoe hartseer. My hart gaan uit na hierdie mense. Rus in vrede liewe engel.

Pieter ·

Ek ry daai pad as ek plaas toe gaan as jy vir mense moet vertel hoe ry party van daai bus best dan sal hulle jou nie glo nie en dan sit hulle op die selfoon en praat die land is een siek grap

Faan ·

Ek as ouer van die twee mooiste dogtertjies, 3jr en 7jr is dit my grootste bekommernis dat hulle iets oorkom.

Dis so mooi kind wat te vroeg weg geneem is. RIV meisie, jy is vry van die roekelose wereld.

Aletta ·

Dis familie van my,dis regtig tragies wat gebeur het,die Pa en res van familie vat dit baie erg

Realisties ·

Mag die Here julle almal dra in die moeilike tyd, My hart gaan uit na julle en ek bid vir julle!

Om ‘n kind aan die dood af te staan kan nie maklik wees nie.

Wees sterk en vertrou op God!

@Aletta ·

Baie baie sterkte vir julle hele gesin. Mag die Here julle dra deur hierdie uiterse moeilike tyd.

Pedro Breetzke ·

Sterkte aan die gesin en al haar maatjies. Jul is in my gebede. Ek bid ook vir volkome herstel vir Ouma en Sussie. GOD IS GROOT.

Wiehan ·

Hoop Putco neem verantwoordlikheid. Hulle bus het agter in die Uno in gery.

Adri ·

Ek sou graag wou weet wat daar gebeur het. As die bus weer die oorsaak was, behoort die bestuurder aangekla te word van moord.

SP ·

Kan duidelik op die foto sien die Busbestuurder het van agter in hul vasgery. Dit is ook nie nuus nie hul druk jou behoorlik uit die pad.

Vat sy lisensie om publiek te vervoer en vir swaarvoertuig weg. Hy is roekeloos.

Agge Nee ·

Maak besonderhede bekend waar bydraes kan gemaak word om die mense te help asb?

Willehond ·

Ek stem! Al hierdie mense wat so simpatiseer, maak n bydrae! Hierdie is ONS mense wat sukkel om te oorleef! Kan ons saamstaan? Ek twyfel. Ek gaan hulle besoek en help met wat ek kan.

Teresa Lundall ·

Die besonderhede vir bydraes is: Kameeldrift Trauma Support; FNB Tjek Rek 6260 5221 580; Tak kode 230145. Verw: Le Roux Gesin. Baie dankie vir elkeen wat help.

Boervrou ·

Ek wil ook deesdae nie meer ry nie…moet 4 keer n dag ry in skool toe..met die kole lorries wat ook so onverskilig ry…wil ek eerder by die huis bly.sterkte aan familie.

VanAfrika ·

Aangesien dit Putcobus se skuld is moet hulle sommer vir die familie n splinternuwe kar skenk!!!!! Jaag sommer van agter in hulle vas en dit moes n helse spoed gewees het om n kar so op te frommel

Trudie ·

Trompie jammer om te hoor van julle groot verlies. Mag die Here jou en die hele gesin dra in hierdie hartseer tyd.

Kokkie ·

Ai, dis so verskriklik hartseer. Dit breek my hart. Baie Baie dankie aan almal wat julle harte en beursies oopmaak vir hierdie mense. Mag God julle ryklik seën. En mag God die ouma, Sussie en ander familielede versterk en vertroos. Rus in vrede, pragtige kind❤️

Suid-Afrikaner ·

Asseblief ja. Gee bankbesonderhede
Ek stel graag voor dat Afriforum fonds bestuur indien moontlik

Annie2 ·

So hartseer. Innige simpatie aan die familie. Rus sag
mooiste kind. Kan Maroela asseblief inligting gee waar bydraes gemaak kan word.

Netta ·

Ek het vanoggend ‘n Putco bus in daardie omgewing sien ry, die bestuurder was besig om te praat op sy selfoon. Ek sal dit aanmeld.

Pieter ·

Nee wat ou netta dit sal ons niks help nie is mos hulle land maar as ons belasting moet oor betaal dan is dit ons land ons blankes sal nooit wakker skrik nie

Pieter ·

Wonder waar is die miljarde rande se op gradeering wat drie jaar terug al sou gebeur het

J ·

Dagvaar die rook uit Putco en die bestuurder! Laat 7 geslagte suffer.

Treurgrond ·

Rochelle, jy is absoluut pragtig – hierdie tannie wat hierdie boodskap tik het nou helemal ‘n tranedal gehad. Abigail en ouma is nog nie vertel van Rochelle nie – Oupa jy moet dit ook swaar vat aan jou se kant. My gebede is met almal wat julle geken het. RIV Rochelle, Jesus vou asseblief U arms styf om Abigail en Ouma dat hulle gesond word met U mag.

Bees ·

Waar is Putco se bydrae? Ek ry ook elke dag op daai pad, almal praat van die pad van die dood, maar dit het niks met die pad te doen die, dis die mense wat die pad gebruik. Baie gee nie gehoor aan die groot rooi kolle wat se “high accident zone” nie en steek verby op blinde hoogtes ennjaag soos duiwels, maar daar is geen wetstoepassing nie……

Hennie ·

Bie tragies wat gebeur het! Waar is Putco om hierdie familie bystand te gee of is dit ‘n “ons voel tikkel tokkel” vir die WITMENSE maatskappy?

Skoolgeld ·

Daar is teveel busse wat mense op en af ry op daai pad en almal ry soos hulle wil! Die pad is nou plek plek dubbel gemaak en nou ry die drywers absuluut die maksimum spoed wat die bus kan ry. Daar is eenvoudig net geen wet en orde něrens in SA oor nie! Sterkte aan die gesin.

Lee ·

Ai dis so hartseer. Dis so nice om te weet daar is soveel mense wat help. Sterkte aan die gesin en familie in die hartseer tyd. Wens ek kon dit bekostig om vir hulle ‘n karretjie te koop….

Dewie ·

Waars die LUR vir vervoer.Was dit n indringer van Moloto was die President ok al daar met parafien en t-shirts hoop Afriforum kan help om Putco tot verhaal te bring .

Estelle ·

Was my vraag ook!! So ruk gelede was hy en sy hele sirkus op daai pad na ‘n ongeluk waar daar swartmense betrokke was, maar nou dat dit witmense is skitter hy in sy afwesigheid!

Mari ·

Baie hartseer! My hart gaan na hierdie mense uit! Waarheen kan ek foto’s stuur wat met my dash cam geneem is wat verskeie motoriste uitwys wat op gevaarlike plekke, met dubbelsperstrepe, verby jaag in aankomende verkeer?
Ek het tydens die langnaweek op die N14 gery en verskeie padvarke afgeneem. Ek het selfs by Ventersdorp, by ‘n verkeerbeheerpunt een oortreder uitgewys, sonder dat daar iets aan die bestuurder gedoen is.

Netta ·

Google ‘reporting traffic offences’ op ArriveAlive se webwerf.

Ella ·

Gaan Putco ook help? Dis hulle skuld dat dit gebeur het.
So n pragtige kind en sulke hartseer omstandighede. Die arme mense het byna niks en nou nog dit ook.
Dit gaan nie goed in SA.
Die rykes word al ryker en armes al armer.
Waar kan mens n bydrae maak vir julle almal?

Sue ·

Dan worry hulle oor n boeliery by n skool ls die ongeluk nie ernstiger as dit nie. Die drywer van die bus sal niks oorkom nie.

Ek voel saam met die famielie. soon pragtige meisie. Dis was so onnodig.

Foxi ·

Taxis…Trokke…busse…mense wat nie die padreëls nakom nie…julle is besig om ons mense op die paaie uit te roei…..nee…eerder, julle vermoor die mense op die paaie. Beter gesê!

JohanR ·

Soe hartseer as daar nie eers geld is om ‘n geliefde te begrawe nie. Ek soek ook inligting van waar ‘n bydrae gemaak kan word…..miskien bank besondere waarin ‘n EFT gedoen kan word?

Anoniem ·

Baie hartseer maar sterkte vir almal wat familie en vriende is !

Aletta ·

Hul was oppad van skool af ,die ouma het haar indicator aangesit om te wys sy gaan draai,en toe stamp die bus hul van agteraf,die oorledene het agter in Uno gesit,en is dis op slag oorlede,hulle ken nog altyd net van swaarkry,ons gaan haar baie mis,dankie vir almal se ondersteuning ons waardeer opreg

kolla ·

Jy weet wat is vir my hartseer. Daar is ou weduwees wat stoksielalleen in groot huise sit dan het jy hierdie gesinne wat in krotte krepeer. Ek weet jy kan nie sommer enige een inneem nie maar dit bly maar ‘n hartseer realiteit.

Darren ·

Vir hoeveel onbekende mense het jy jou huis oopgestel, Kolla?

JohanR ·

Hoe kan ons van hoogte gehou word van hoeveel al bymekaar gesit is. Sal leker wees om te sien dit staan al by R50000/R60000 of meer. Daar sal baie meer uitgawes wees na hierdie ongeluk as net begrafnis koste.

Christa ·

Watter pragtige kind was dit nie. So jammer, dis so hartseer om n kind te verloor. EK was daardeur en Sy was dieselfde ouderdom. Sterkte, EK glo Sy is veilig by Jesus.

Magriet ·

Is daar erens n prokureur wat pro bono die saak teen Road Accident Fund sal vat?

Chris ·

Ek het jou nie geken nie meisie, maar jou ontydige tragiese afsterwe ruk my hart. Rus sag, rus in vrede.

* ·

R.I.V Blom… so hartseer, sterkte aan die familie. K bid dat Liewe Jesus julle almal styf sal vashou, en dat Hy ouma en sussie sal aanraak en sommer gou beter sal maak…

Samantha ·

Dis vir my so n groot skok! Rus in Vrede Liewe Rochelle, dankie vir die pragtige mensie wat jy was en die rol wat jy in my lewe gespeel het. Ek dank die Here dat ek vir n kort tydjie n padjie saam met jou en sussie kon stap.

Is daar dalk al enige nuus oor Abby?

Aletta ·

Gaan vandag baie beter met Abby,sy loop,lag en gesels weer,eet ook selfs,geen pype meer op haar net kateter,andersins is als fine,en met die Ouma sy herstel wonderbaarlik baie goed,lag en gesels net so lekker…dankie vader

Zel ·

Die busse op daardie pad ry verskriklik. Busse gaan verby teen vaste strepe. En partymaal kom hulle sommer verby aan jou linkerkant. Innige meegevoel met die familie

Aletta ·

Laat weet net vir almal dat dit sommer baie beter met Abby gaan,sy loop,sy lag,en gesels weer,eet selfs,sy wil net huistoe met alle geweld,geen masjiene meer op haar,net kateter,verder gaan sy goed aan…dankie vader

Sommer Net ·

Daar moet iets gedoen word omtrent Putco. Die bus bestuurders ry baie roekeloos. Ekt dit al baie keer gesien hier by ons. Hulle ry in die middel van die pad oor die middellyn en jy moet maar geepad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.