Gemeenskap moet Marikana-byeenkoms ‘boikot’

Marikana-aktivis Napoleon Webster (Foto: ANA)

Napoleon Webster, ʼn Forum 4 Service Delivery (F4SD)-raadslid en aktivis, het die gemeenskap in Marikana afgeraai om die National Union of Mineworkers (NUM) se byeenkoms Sondag in Marikana naby Rustenburg in Noordwes te ondersteun.

“Lede van die gemeenskap moet publiek die besoek van die uitlokkende Cosatu/NUM aan ons gemeenskap verwerp en hulself distansieer van die organisasies,” het Webster Sondag gesê. “Die besluit om die byeenkoms te hou is niks anders nie as om die water te toets en te kyk of hulle sal sink of swem.”

Die NUM-byeenkoms in Marikana is die eerste byeenkoms van dié vakbond in die omgewing sedert ʼn gewelddadige staking by Lonmin se Marikana-platinummyn waar 34 stakers deur polisiebeamptes doodgeskiet is.

Livhuwani Mammburuu, nasionale woordvoerder van die NUM, het Saterdag gesê die doel van die byeenkoms in Marikana is om die NUM in die platinumgordel te laat herleef. “Sedert die aanvang van die afsterwe van ons lede in 2012 het ons nooit ʼn nasionale byeenkoms in die gebied gereël nie. Ons lede het al lankal só optog versoek, maar weens logistiek kon ons dit nie reël nie.”

NUM maan alle mynwerkers, ongeag hul vakbondlidmaatskap, en lede van die gemeenskap om die byeenkoms by te woon, het Mammburuu bygevoeg.

“Sewe jaar later gaan werkers nog steeds gebuk onder die geweld wat die mynboubedryf en spesifiek die platinumgordel teister. Marikana kan nie ʼn slagveld word vir die werkers of ʼn speelgrond vir sluipmoordenaars nie.”

Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het die NUM as die dominante vakbond onttroon ná die Lonmin-staking in Marikana in 2012.

Altesaam 34 persone, hoofsaaklik mynwerkers, is op 16 Augustus 2012 dood toe polisiebeamptes op hulle losgebrand het. Tien persone, insluitend twee polisiebeamptes en twee Lonmin-veiligheidswagte, is in die voorafgaande week dood.

Verskeie lede van die NUM en Amcu is sedert Augustus 2012 in die platinumgordel oorlede. Die jongste sterfgeval is dié van NUM-lid Lunga Madiba. Hy is op 1 November op pad werk toe doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hansislim ·

Asof NUM omgee vir die mense… Hulle is die oorsaak van meeste van die geweld!

Hennie ·

Ek dink mynmaatskappye moet summier ophou om ledegeld af te trek van werknemers om dit oor te betaal aan die unies. As werkers by n unie wil aansluit moet hulle self maandeliks daarvoor betaal! Dan sal ons sien hoe werkers hul hard verdiende geld oorgee aan hierdie onbesonne unies!

Maljan ·

Baie goeie voorstel. Die unies is die oorsaak van al die gewelddadige betogings in die land. Sal sien as elke ou self moet gaan betaal hoeveel lede hulle sal hê.

Trol ·

Briljante idee. Laat elke lid self sien hoe sy lidmaatskap betaal kom

Belinda ·

Ahhhmm wie? Napoleon wie? Alles is altyd n polotieke spel. Miskien moet Napoloeon na Boneparte se bestuurstyl gaan kyk. Marie-Antoinette was reg. Moenie met die gepeupel meng nie. As die mense van Marikana enigsins voordeel kan trek uit die byeenkoms en miskien n bord kos kry vir al die geld wat hedendaagse politici en “leiers” spandeer op “conferences” – hoekom nie? Hulle kru geen ander vergoeding nie. Gee jy vir hulle kos en werk Napoloeon?

Sirkus ·

Die unies regeer ons land tot nadeel van die ekonomie. Waar het ek dit al gesien…Oh ja, Groot Britanje in die 80’s. Hulle gee noe om oor die land of sy mense nie. Hulle gee net om oor geld…

Johan ·

Die feit dat soveel mynwerkers doodgeskiet is, is tragies. Maar die feit dat polisiemanne en sekuriteitsbeamptes deur die stakende mynwerkers doodgemaak is, word selde genoem en amper nooit veroordeel nie. Waarom nie?

Mens ·

Daar was oa n Britse joernalis op die toneel. Hy het destyds berig dat die stakers eerste op SAPD geskiet het. Dit word ook nooit genoem nie. Was dalk lede van “rent a crowd” wat die skietwerk uit die stakers se geledere gedoen het, maar…. Die stakers het niks gedoen om hulle uit te lewer of om hulle ten tyde van die skietery te stop nie.

Marlene Ferreira ·

As die mynmaatskappye almal bankrot is waar kry stakers dan werk. Hulle steak hulleself in werkloosheid in

an ·

Die vakbond betaal ‘rent a crowd’ stakers om die indruk (fake news) te skep dat hulle ondersteuning het.

Alles FAKE!

Sluit die myne, dank die werkers af, ontbind die vakbonde en huur dan die ZAMA ZAMAS om die platinum te kom uithaal … teen ‘n fraksie van die koste.

Geen salarisse, medies, pensioen, stakings ens … koop net die platinum by hulle.

Christa ·

Hulle Gaan net Om te “stir” die mynwerkers was nie onskuldig nie. Die mense ken net van moeilikheid Maak. Plaas hulle Christus aanneem voor dit te laat is. Hulle stook net op.

Tinus Coetzee ·

Ek is al so keelvol om te hoor dat alles draai om die 34 stakende mynwerkers wat deur die SAPD geskiet is.
Ek is in besit van fotos van die twee polisie manne wat deur die “stakende mynwerkers” vermoor is voor een enkele skoot geskiet is.
Verwys eerder na die 34 polisie moordenaars wat doodgeskiet is. Dan sal die publiek dit sien vir wat dit was.

Maljan ·

Tog was die “polisie moordenaars” se families beloon uit belasting geld waarvoor ek en jy gewerk het. Die het geen vakbond n sent gekos nie. Dalk net daardie R10 wat aan die lede van “Rent A Crowd” betaal was en die huur van die busse wat hulle aangery het.

Andrea van Vuren ·

Briljante voorstel! Hou op om ou koeie uit die graf te grawe en ons belastingeld te mors!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.