Gemeenskap neem reg in eie hande ná moord op meisie

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Man in sy twintigerjare is in Mdantsane in die Oos-Kaap glo deur ontstoke lede van die gemeenskap vermoor. Hulle het die man daarvan beskuldig dat hy ʼn sesjarige meisie vermoor het.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, sê ʼn groep lede van die gemeenskap het die man Vrydagaand na bewering agternagesit, aangerand en toe vermoor. ʼn Saak van moord word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die sesjarige meisie se liggaam is vroeër langs ʼn pad aangetref.

Die senior polisiebestuur in die Oos-Kaap het die voorval sterk veroordeel. Genl.maj. Thembisile Patekile, waarnemende Oos-Kaapse polisiekommissaris, het lede van die gemeenskap versoek om nie reg in eie hande te probeer neem nie.

“Die polisie veroordeel dié misdryf asook dade van openbare geweld. Ons erken in openbare belang die noodsaaklikheid van ʼn vinnige inhegtenisneming in hierdie saak,” sê Patekile. “ʼn Taakspan bestaande uit gesoute speurders is saamgestel om onverdeelde aandag te gee aan die ondersoek na die moord op die jong meisie.”

Patekile het versoek dat die privaatheid van die vermoorde meisie se gesin gerespekteer word.

Die polisie moedig enige lid van die publiek wat oor belangrike inligting oor die saak beskik aan om die polisie onmiddellik in kennis stel deur speurder konst. Lusanda Nkatazo by 082 334 8028 te bel of die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

gatgogga ·

As die polisie hulle werk kon doen, sou sulke dinge nie gebeur nie.
Ons beleef nou ongelukkig die anargie wat cyril toegelaat het om onder sy neus te gedy.

Magda ·

Daar moet n Tronk gebou word vir Lewenslange vonnisse – Jy kom 1 uur per dag uit – 23 uur toegesluit, en jy bly daar tot jy jou laaste asem uitblaas – On strawwe is n grap en die tronke is n bly plek – Gratis kos en slaap plek.

Casper ·

Magda was jy al in’n tronk.Sondae geen slaap of varkboud of gebakte aartappels nie.Sommer gou gaan inkopies doen aikona,vir die kinders gaan kuier aikens.Die oortreders moet boet vir hul dade maar wees virseker lekker kos is dit nie.

katerinadiekat ·

Cry me a river. As jy sulke ernstige misdade pleeg dat jy toegesluit word, moet jy maar vat wat na jou kant toe kom.

Andre ·

Dit is hoe dit moet wees. As jy enige vorm van ernstige misdaad pleeg, verbeur jy alle mense regte.

Hennie J ·

Hierdie is n verskynsel wat al hoe meer voorkom by, in besonder, our people. Dit is sprekend van die wantroue in die polisie en die regstelsel en mens kan nie glo dat hulle tog strykdeur vir die klomp stem nie.
Dit laat mens wonder of ons verkiesings so vry en regverdig is as wat verkondig word? Besef kiesers dat meeste kiesbeamptes,voorsittende beamptes, stembeamptes en telbeamptes eintlik onderwysers is wat gewerf word vanuit voorheen benadeelde areas.

ronel ·

As n land sonder wet en orde is begin gemeenskappe hulle eie reels en wette toepas en neem die reg in hul eie hande, ons polisie is meestal net soos ons lugdiens, ons pos en telekommunikasie, ons gesondheids sorg, ons energie verskaffers, ons…( voel vry om enige ander staatsbeheerde instansie hier in te voeg) n platform van diefstal, korrupsie, en net nog n gevaarlike wapen in gewenlose boewe se mag. Ek vermoed ons gaan oor die komende maande al hoe meer gemeenskaps gebonde wetgewing sien, mense is moeg, en gaan hul eie gemeenskaps reels begin afdwing, Die regering het sy hand oorspeel en kan nie werklik verwag enige iemand sal respek toon of hoop he in ‘n vervolgings proses

Chris ·

Dit is duidelike bewyse van ‘n gefaalde staat. Die staatsstrukture inplof. Die gepeupel raak onrustig met die regering waarvoor hulle gestem het. Die gepeupel neem wet in eie hande en tree vergeldend teenoor misdadigers op want die staat laat hulle in die steek. Lae intensiteit anargie wat maklik tot terrorisme kan oorgaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.