Gemeenskap pak ‘inbreker’ wat glo verkrag

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 30-jarige man van Noordwes is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy erg aangerand is deur gemeenskapslede wat hom daarvan beskuldig het dat hy deel was van ʼn groep mans wat glo ʼn vrou beroof en verkrag het.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, het gesê ses mans het glo vroeg Sondagoggend by ʼn huis in Majakaneng naby Mooinooi ingebreek.
Drie mans het buite die huis gewag terwyl die ander drie mans die huis binne is. ʼn 23-jarige vrou wat in die huis was, is glo deur twee van die mans verkrag terwyl die ander man ʼn vuurwapen op haar gerig het. Die verdagtes het met ʼn televisiestel en klere gevlug.

Volgens Ngubane het inwoners later ʼn man met ʼn televisiestel sien loop. Hulle het hom daarvan beskuldig dat hy by die inbraak betrokke was en hom aangerand. Die verdagte is in die hospitaal opgeneem en is in ʼn kritieke toestand.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Charlene ·

AL die mense wat betrokke was by die “aanval” op die man verdien `n toekenning!!!! Die polisie doen net mooi NIKS in die gevalle. Die goed word op borg vrygelaat en doen dit weer, kom in die hof, word op borg vrygelaat. en daar loop dit dood. Daai vrou is vir die res van haar lewe gewond! Die mense wat hom aageval het het gedoen wat reg is. Die verkragters daar buite moet besef, mense (nie vuil goed suurstof diewe) keer verkragting goed nie en ek is waarlik bly iemand het vir daai vrou opgestaan!!

Tammy ·

Ja dis goed..ons moet almal vir onsself baklei. Laat die gemeenskap wat geskaad is die straf uitdeel. Veral vroue moet self die verkragters pak, want hulle kom gewoonlik in groepe na n enkele slagoffer. Trek die gemors bymekaar en doen n ding. Hulle is n klomp lafaards en sal twee keer dink voor hulle die pakslae van n klomp vroue vat!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.