Gemeenskap rand PE-‘ontvoerder’ aan

polisie-sapd

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Port Elizabeth-polisie het Donderdag tot ʼn 31-jarige vrou se redding gekom nadat sy deur ʼn groep ontstoke inwoners aangerand is. Die inwoners het haar daarvan beskuldig dat sy drie kinders, twee boeties en ʼn sussie, tussen 5 en 8 jaar oud, ontvoer het.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het gesê die kinders het Woensdagmiddag uit die sorg van hul ouma verdwyn. “Die kinders is omstreeks 16:00 vir die laaste keer gesien voordat hulle glo deur die vrou ontvoer is,” het Beetge gesê.

“ʼn Groep inwoners het die vrou Donderdagoggend in Kwazakhele gekonfronteer nadat iemand die die kinders, wat saam met haar was, herken het. “Die groep het die vrou begin aanrand. Polisiebeamptes wat op die voorval reageer het, moes ondersteuning ontbied nadat die groep hulle verhoed het om die vrou van die toneel te verwyder.”

Die polisie het gespook om die vrou van die groep te red. Sy is uiteindelik met die hulp van die honde-eenheid van die toneel verwyder en in hegtenis geneem.

Die vrou moet Vrydag in die hof verskyn op aanklag van ontvoering. Die kinders is terug in die sorg van hul ma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Louise ·

Sjoe maak van dit ‘n voorbeeld vir die kriminele ! Gee die gemeenskap die kans om met enige misdadiger af te reken. Gaan die misdaad nie dalk afneem nie ? Dink ‘n bietjie hieroor !

Cherokee ·

Julle reageer darem maar heftig op karige nuus! Wat sal julle sê as julle later uitvind dit was dalk haar eie kinders of iets van daardie aard? Mens kan nie so reageer op die paar woorde wat hier geskryf is nie.

Mauritz ·

Bly om te sien daar is darem iemand wat dink voor hy praat.

Karma ·

@Cherokee & Mauritz: lees die laaste sin van die berig weer – die kinders is intussen terug in die sorg van hul ma; die aangerande en aangeklaagde vrou kan dus nie hul ma wees nie, want sy sit nog in die tjoekie tot sy gepleit het more op die aanklag van ontvoering. Eish …..

KarooKlong ·

Die berig is effens onduidelik oor die vroulike figure betrokke.
“‘n 31 jarige vrou se redding”
“uit die sorg van hul ouma verdwyn”
“in die sorg van hul ma”

Anoniem ·

Geen simpatie vir die vrou nie…….Kry vir jou!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.