Gemeenskap red vrou van springdood

Die Charl Celliers-brug in die weste van Pretoria. Foto: Verskaf

Die Charl Celliers-brug in die weste van Pretoria. Foto: Verskaf

ʼn Groep Pretoria-inwoners het Dinsdagoggend ʼn 35-jarige vrou bygestaan wat na bewering wou selfmoord pleeg deur van ʼn brug op ʼn besige snelweg te spring.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het aan Maroela Media gesê ʼn motoris het omstreeks 10:20 opgemerk die vrou het oor die reling van die Charl Celliers-brug in Hendrikstraat, wat oor die Mabopane-snelweg strek, geklim. Die motoris het dadelik die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in kennis gestel, waarna Best Care ontbied is.

“Met paramedici se aankoms het GPF-lede en ʼn verpleegster wat van diens was met die vrou gepraat en haar probeer oorreed om nie te spring nie. Sy was egter erg geskok en die GPF en paramedici moes haar ondersteun om weer terug oor die reling te klim.”

Best Care het die vrou na die Eugene Marais-hospitaal geneem vir waarneming.

Loubser het gesê die vrou, vermoedelik van Hercules, het geen redes verskaf hoekom sy wou spring nie. “Sy ly aan angs en depressie en sal die nodige sielkundige bystand ontvang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

KERRY ·

weet jy Michael mense in daardie toestand is nie selfsugtig nie hulle het net ‘n punt bereik waar hulle net nie meer uitkom kans sien nie. Dink vir een oomblik hoe jy dit sou hanteer as jy in ‘n diep gat is en jy ly aan depressie ek kan jou nou al se jy gaan defenitief nie aan die volgende mens dink nie jy dink net jy wil dit eindig!!! eks self ‘n ma met ‘n kleuter en weet jy mens dit sal ‘n geweldige skok en impak wees maar dis ‘n siekte waarmee baie mense worstel en soms is dit net te laat om aan ander mense te dink

charmaine ·

Dankie aan die motoris wat n lewe gered het. Dink net hoe traumaties dit vir haar so wees om te lees as die vrou dalk gespring het en sy kon dit keer of sy is daar verby en gese het pleks ek iets gedoen het.
Sy het dalk n man en vrou gered en kinders se ma. Dit sal nou beter gaan as sy profesionele hulp gekry het. Ek stem saam met Kerry soms is die gat net te donker en net te diep!

Leonie ·

Shame dit is verskriklik. As jy nie self depressie of angs het nie gaan jy nie ‘n idee hê waaroor dit gaan nie. Ek is so bly die motoris het haar gesien en haar lewe gered. Baie dankie daarvoor en ook dankie vir al die ander mense. Dit is basies ‘n ongeneeslike siekte en mens het nie mense se negatiewe komentaar en reaksie nodig nie. Sterkte vir haar en ek hoop sy word gou beter.

Debbie ·

Dis nie selfsigtige mense wat selfmoord pleeg nie, dit vat guts, ongelooflik baie guts! Soms is dinge net te veel en dat vat dit iets kleins om jou net te ver te dryf…… en dan spring jy…
Die man wat die GPF laat weet het, is self `n held en die GPF lede wat daar was ook maar die sister wat van diens af was, is `n engel wat gestuur! Ek is so bly die vrou het nie gespring nie, dit sou so tragies gewees het. Sy het hulp nodig maar meer as dit sy het mense nodig, mense wat bereid is om te verstaan en te luister, nie te praat en te oordeel nie! Maar te luister… Mag sy gou beter voel en die nodige hulp ontvang iets vind wat haar beter laat voel. Sterke aan haar en haar familie, pas haar asb mooi op.

Wiebo ·

Hoekom se almal altyd dat mense aan depressie ly as hulle wil selfmoord pleeg? Ek wou al selfmoord pleeg, maar dit was my rondloper vrou en finansies wat die selfmoord neigings veroorsaak het. Dinge raak soms net te veel…………………… Glad nie depressie nie. Ek is baie bly dat sy leef, en bid dat haar lewe weer heel kan word sodat sy n gelukige lewe mag he vorentoe!

Veritas ·

Hi Wiebo. Jy kan dalk reg wees maar ek kan jou verseker dat enigeen wat aan depressie ly of gely het, net ‘n einde aan die hel, waarin hulle is, wil maak. Glo my maar, ek was daar. Elke klein probleempie op jou pad, word ‘n onoorkombare berg. Dit het met my sò erg gegaan dat ek dit oorweeg het om myself dood te maak toe ek ‘n papwiel met my kar gekry het. Gelukkig het een van my familielede my dokter toe geneem wat depressie gediagnoseer het. My ondersteuningsbasis was fantasties en met baie aandag en liefde en medikasie het ek, dank God, daaroor gekom. Dit is egter iets waarteen lyers moet waak want dinge raak maklik te veel vir jou. Gelukkig ken ek die simptome en weet wat om te doen wanneer die monster sy kop uitsteek. Wees dankbaar jy het dit nie leer ken nie.

Illa ·

@Michael: Michael, jy is doodreg – mense wat aan depressie ly en tot selfdood oorgaan dink op daardie stadium net aan hulself, aan die verlossing uit die donker gat van verwoestende selftwyfel en angs waarin hul hulself bevind. Hul KAN nie rasioneel dink nie, hul brein funksioneer eenvoudig net nie meer so nie. Vir hul is die dood ‘n salige uitkoms na waarskynlik verskeie pogings om beter te voel en nog meer waarskynlik baie mense se advies om hulself “reg te ruk”. Glo my, niemand sal dit KIES nie. Die ironie is, dit is gewoonlik juis nie selfsugtige mense wat aan depressie ly nie. Dit is meermale mense wat steunpilare in hul naastes se lewens was en dikwels nooit geleer het om self om hulp te vra wanneer hul dit begin nodig kry nie, want hul weet eenvoudig net nie hoe om rolle te wissel vanaf helper na hulpbehoewende. Asseblief, ons almal is vinnig om ons onkundige opinies te lewer, maar onthou – leë blikke maak die meeste geraas.

Michael ·

Almal wat my nou veroordeel fokus en lees asb weer my kommentaar.

pop ·

Wiebo ja ek stem saam. Ander mense maak dat ons oor die wal wil gaan. Glad gn depressie nie.

Sims ·

Vra net om genade en beskerming dat dit nie oor jou pad kom nie. Daar kom soveel probleme deesdae oor ons lewens. Stem 100% saam Illa . Jy probeer so sterk staan om almal om jou te help, die grappies en lag is slegs ‘n masker. Hoe meer jy ander help,hoe dieper raak jou eie finansiele gat wat jy grou. Jy begin naderhand redeneer dat wat ons Redder vir ons gedoen het,deur vir ons te sterf, ek sal dieselfde vir die mense om my doen,net sodat hulle nie verder hoef te stry met die finansies nie, die polisse sal red. Dis hard,dis seer…maar dis die waarheid.Ek voel so hartseer vir hierdie mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.