Gemeenskap ruk op ná moord op ‘geliefde’ onnie

Duisende mense het aan die optog deelgeneem. Foto: Twitter

Duisende mense het aan die optog deelgeneem. Foto: Twitter

Nagenoeg 4 000 mense het Woensdagaand ʼn optog na die Kabega Park-polisiestasie gehou om geregtigheid te eis vir Jayde Panayiotou (28), die onderwyser van Port Elizabeth wat ontvoer en vermoor is.

Panayiotou se liggaam is Woensdagoggend in ʼn afgeleë gebied naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind. Die geliefde onderwyser van Riebeeck College Girl’s High is glo Dinsdagoggend voor die Stellen Glen-kompleks in Kabega ontvoer.

Kobus Gerber, hoof van die Nelson Mandelabaai-belastingbetalersvereniging, het die optog gelei terwyl die skare geskree het “Genoeg is genoeg”, “Ons is gatvol” en “Bring terug die doodstraf”. Verkeer is tot ʼn stilstand gebring terwyl die optoggangers in Kaapweg afbeweeg het.

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Talle mense het kerse en plakkate met Panayiotou se gesig daarop by hulle gehad. Insleepvoertuie en ander nooddiensvoertuie het agter die skare aangery met noodligte wat flits. Toe die skare by die polisiestasie opgedaag het, is daar ʼn minuut stilte gehou voordat “Amazing Grace” op ʼn doedelsak gespeel is.

ʼn Leerling wat by Panayiotou klas gekry het, het tydens die optog vertel Panayiotou was meer as ʼn onderwyser. “Sy was een van daai onderwysers, wanneer sy vir jou haar hand uitgereik het, het sy aan jou hart geraak. Sy was ʼn wonderlike persoon.” Die skare het hierna weer begin sing en geëis dat die doodstraf heringestel word.

Daar is ook ʼn minuut stilte gehou vir Allan Clarke, die boer van Addo wie se lyk Maandag in die Greenbushes-gebied gevind is. Kerslignagwake is in Uitenhage en Algoapark gehou ter herinnering aan Panayiotou.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Len Holder ·

Die regering kan nie wet en orde handhaaf nie. Ons land is op die drumpel van n nagmerrie en groter wetteloosheid wanneer mense die reg Iim eie hande gaan neem

Rieks ·

My opinie: My man sou ook net stil geraak het en ook nie op die voorgrond gewees het nie. Dit sou ook op my suster se skouers geval het om almal in die oe te kyk en al die vrae te beantwoord waarvoor daar nie antwoorde is nie. Sommige mense is net gebore om sterker te wees as ander en ongelukkig staan hulle so uit dat die las outomaties op hulle val. Weet net dat julle in my gedagtes en gebede is WANT geen persoon verdien om so ‘n dood in die oe te staar nie. Mag onse Vader hierdie mense in Sy hande neem en hulle dra. Hierdie is die begin van die seer en die gemis.

snip ·

Hartseer dat vroue, kinders en ou mense so deurloop deur misdaad en geweld. Hy is tog baie sterkte as sy, hoekom haar geld steel en doodmaak, kon hy haar nie net gelos het nie. Ai, sal dinge in ons land ooit weer regkom? Sy was nog so jonk, haar hele lewe het nog voor haar gelê, nog nie eers die vreugde van ma-wees ervaar nie, n vrou, suster, dogter vriendin van haar geliefdes beroof. Klink asof sy n goeie vrou was en hart gehad het met daai kind wat sê; wanneer sy haar hand uitgereik het, het sy aan jou hart gevat. Wens ons kan die ongevoelige varke van die aarde afvee, n lewe beteken niks meer nie. Sterkte aan die familie.

KarooKlong ·

Verwys asseblief tog na haar as ‘n ONDERWYSERES.
Sy lyk vir my vroulik.

Pieter ·

Die saak pla my verskriklik . hoop die vuilgoed word gevang ..waar is doe polisie se beloning, hulle was nou die dag vinnig om R100000 se beloning aan te bied toe ‘n swart man vermoor is. ek voel baie jammer vir haar familie en vriende

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.