Gemeenskap soek saam na Centurion-vrou

Mihke by haar motor.

Mihke by haar motor.

JONGSTE: Mihke Nel is gevind. Lees meer hier.

Verskeie rolspelers in die Centurion-gemeenskap het kragte saamgespan om te soek na ʼn 23-jarige vrou, wat glo ʼn paniekerige oproep na haar tannie gemaak het, voordat sy spoorloos verdwyn het.

Die vrou, Mihke Nel, se tannie, Mariki Nel, het haar uit desperaatheid tot die Facebook-groep, People Who Live In Centurion, gewend om hulp te soek.

“Help asseblief, my swaer se dogter bly by ons en sy het my nou paniekerig gebel en gesê iemand agtervolg haar. Daar is iemand wat haar vreeslik terroriseer en intimideer. Ek het vir haar gesê om na die naaste polisiestasie te ry. Toe ek het met haar gepraat het was sy op die hoek van Gerhardstraat en Jeanlaan (in Die Hoewes). Haar foon is nou af,” het Mariki geskryf. Sy het omstreeks 12:20 vir die laaste keer van Mihke gehoor. Sy is glo deur ʼn rooi Volkswagen Golf met donker ruite en sonder nommerplaat agtervolg, toe sy die laaste keer met Mariki gepraat het.

Die groep is baie gewild in die gemeenskap en verskeie rolspelers in die polisie, verteenwoordigers van al die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums, nooddienspersoneel en verteenwoordigers van veiligheidsmaatskappye behoort aan die groep. Van dié rolspelers het binne ʼn uur ná Mariki se noodkreet na Mihke begin soek.

Teen 16:00 was sy nog nie gevind nie. Mihke ry ʼn rooi Citroen C1 met die nommerplaat DZ 70 DY GP.

Mense wat haar motor opmerk word versoek om die polisie by 0861 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Nadine Scheepers ·

Ek sien die nommerplaat op die foto verskil van die nommerplaat in die berig??

Wat-ek-lees ·

Netso Nadine die nommerplaat verskil.
Vertrou dat sy veilig gevind word en die skurk aangekeer word.

Varkie ·

Dink die een in die foto is reg, die een in die berig klink meer na iemand wat dit van ver vinnig moes onthou

Lezanne ·

die nommerplaat in foto is haar vorige plate… Die in berig is tans op haar voertuig

Emmogene ·

Die nr plaat verskil want dit is toe sy die kar net gekry het wn die nr plaat was veander nadat hy geregister was ekt dit op facebook gelees wat hulle gepost het

Ag nee ·

Ag nee, dit is sommer nonsens, ek hoop almal help en kyk uit en dat sy gekry word!!!! Soooooo gatvol!

Rietha Kobus Van Staden ·

Is sy al gevind? Gaan dit op my fb ook pos.. Sterkte aan die familie en bly Glo!!!

Nadia ·

Nounet boodskap op Centurion groep gekry, sy is gevind…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.