Gemeenskap staan saam in soektog na Centurion-tiener

Caru-Mari Coetzee.

Caru-Mari Coetzee.

Die ouers van ʼn tiener van Centurion het die gemeenskap onvoorwaardelik bedank wat soos een man saamgestaan en help soek het totdat sy veilig en ongedeerd opgespoor is.

“Iemand het dit op Facebook só mooi opgesom: as ʼn medegesin van Centurion in nood is, is daar altyd iemand of honderde mense wat sal help,” het Herman Coetzee, Caru-Mari (14) se pa, Maandag aan Maroela Media gesê.

Caru-Mari was Vrydagaand vir die laaste keer om 21:20 by haar ouerhuis in Rooihuiskraal gesien toe sy gesê het sy gaan slaap. Toe Herman en sy vrou Linda, teen 23:15 wou gaan slaap, was Caru-Mari nie in haar kamer nie.

Die gemeenskap van Centurion, tesame met verskeie gemeenskappolisiëringsforums en ander organisasies, het Saterdag ʼn grootskaalse soektog na haar van stapel gestuur nadat die nuus oor haar verdwyning op die Facebook-groep, People who live in Centurion, gedeel is. Die groep het meer as 27 000 lede.

Verskeie mense op die blad het aangebied om na Caru-Mari te help soek en ʼn soekgeselskap het om 17:00 by Kerksondermure in Hendrik Verwoerdrylaan bymekaargekom om na haar te begin soek. Caru-Mari het Sondag met haar ouers kontak gemaak.

“Dit was wonderlik om te sien hoe die gemeenskap saamgestaan het,” het Herman bygevoeg. “Selfs haar skoolhoof, dr. Dewald Strydom, het uit sy pad gegaan om kontaknommers van skoolmaats vir ons te kry. Deur die moeilike tyd het ons nooit alleen gevoel nie.”

Hy het gesê die familie en gesin is baie verlig dat sy veilig by die huis is.

“Sy is deur ʼn moeilike tyd die afgelope ruk, en het besluit om na vriende te gaan. Sy was te bang om terug te kom huis toe, toe sy uitgevind het almal soek na haar. Sy was glad nie in gevaar nie, en is nou veilig by die huis. Sy is emosioneel uitgeput, en het reeds aangedui dat sy met ʼn berader sal praat,” het hy gesê.

Herman is in die proses om ʼn ondersteuningsgroep vir ouers en tieners op die been te bring wat ander andere aan lede bystand sal bied as hulle deur ʼn soortgelyke ondervinding gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Eish! ·

Ek weet die ouers is net baie verlig!
Maar asb mamma en pappa, voordat jul haar na die berader vat, gee haar ‘n goeie boere pak slae! Sy moet dit nooit vergeet nie.
Beraders is net daar om te luister en ‘n rebelse tiener praat maar doen nie wat vir hul gese word nie.
Die Here se opdrag is dat jy as ouer moet gehoorsaam word. ‘n Boere pak slae op die 2 ronde pampoene is net die ding.
En voor enigiemand my stenig, ek se nie mishandel nie. En ja, ek het dit gedoen en vandag pluk ek die vrugte!
As jy grootmens dinge wil doen, moet jy grootmens verantwoordelikhede dra.

Johannes Steyn ·

wie is jy om sulke kommentaar te lewer? jy ken nie die omstandighede nie. Moet asb nie preek nie, hierdie mense is deur ‘n aaklige tyd, ondersteuning is nodig, nie kritiek nie. Hou asb jou bek.

Pieter Anders ·

Mevrou, dink jy pakslae gaan die situasie verlig? Ek stem saam met Johan, jy ken nie die geskiedenis en redes nie. Hoekom wil jy geweld (pakslae het sy plek ja) toepas op ‘n moontlike sielkdunige probleem? Net soos U aanbevelinge doen, sal dit dalk ‘n goeie idee wees om Jou mening te hou vir jouself! Miskien het U berading nodig.

Jason ·

Gee my krag. Weet jy, ek wens so julle agter die klip, konserwatiewe, bybel oor die kop geslaan idiote wil bykom met die tyd. Julle tiepe ken mos nie van beter as om geweld te gebruik en julle frustrasies op die kinders uit te haal nie. Dis van te veel bybel lees en te min sielkunde, dat die kinders die pad wil vat.

Siestog Jason ·

O my wereld, is dit nie verskriklik nie!! Jason jy het waarskynlik nie n idee waarvan jy praat nie, Eerstens……leer net vir ons spel asb. (tiepe is eintlik tipe) Tweedens……. dis van te min Bybel lees en teveel sielkunde dat ons kinders van vandag geen ruggraat het nie! geen respek het nie! geen waardes het nie! My kinders het pak gekry, wanneer dit nodig was, net soos wat ek pak gekry het as kind, en daar is absoluut niks met my verkeerd nie, inteendeel is ek my Ouers ewig dankbaar vir die dissipline, waardes en sedes wat hulle my geleer het! My kinders is groot en uit die huis studeer in Amerika, inteendeel is gekoop deur Amerika, want nes ek het ek my kinders met die regte waardes, sedes, respek en baie liefde groot gemaak! EN WAS DIT NIE VIR MY VADER EN SY WOORD NIE WAS NIE EK OF MY KINDERS SO SUKSESVOL NIE!! Tel jou woorde Seun……………..

Ronel ·

Dit maak my so hartseer. Twee weke gelede was dit ‘n kind van Wonderboom Hoerskool wat weggeraak het en na 2 dae gevind is. Nou die geval. Besef hierdie kinders wat hulle aan hul ouers doen. Wat gaan aan in vandag se tyd dat ons kinders nie meer die moed het om met hul ouers te praat oor probleme nie, en dan eerder verdwyn vir paar dae. Dankie Vader dat ons kinders altyd en nou nog met ons kan praat oor elke probleem en saam vind ons uitkoms uit enige moeilike situasie.

Swanna ·

Stem saam met Eish en Siestog. Daai meisie kort ‘n goeie loesing. Dit is oordat pakslae en die BYBEL vervang is met sielkundige berading. Dit is hoekom ons gemeenskap is soos dit is op die oomblik. Geen respek, disipline en verantwwordelikheid nie. My kinders praat met my al het ek hulle velle afgetrek. Ek het hulle nie gemartel of aangerand nie maar net ‘n goeie loesing op sy tyd gegee en dit werk en ons glo aan die BYBEL en in ons SKEPPER. As jy hierdie die twee goed uit jy lewe verwyder sal dit met jou sleg gaan.

Eish! ·

Ek het my kids ‘n ordentlike waardige pak slae gegee. Toe kom mense met sielkundige behandeling. My kind het dit deurgemaak. As jy nou vir haar vra is die antwoord, dit het niks gehelp nie. Ma se pakke het meer beteken.
So ek praat nie net sommer nie. More oormore raak sy weer weg en dan gee niemand die regte aandag daaraan nie want sy het dit mos al gedoen. En net dalk verkeer sy dan genion in lewensgevaar.
My kinders kon en het en sal oor dinge met my praat. Om die wereld op hol te jaag, terwyl die kind iewers veilig is, is siek. Wetter hom, en daarna probeer sielkunde toepas, maar dit werk nie. Sielkumdiges luister en doen niks verder nie. En alles is konfidensieel tussen sielkundige en kind. MAW as ek wat die ma is, word jy nie eens genader en jou foute vir jou uitgewys nie. So nou waar kom die hulp vandaan? En ek was so gewillig om te verander as ‘n fout by my uitgewys kon word. En later het die kind nog gelag en gese as ek ‘n bol strooi gepraat het sou die sielkundige dit ook geglo het.

V ·

Dit is hoekom kinders van vandag is soos wat hul is!Geen respek nie en vee hul af aan n volwasse mens!Pakslae was nog nooit mishandel nie!TUGTIG DIE EEN WAT JY LIEF HET!Ongeag wattse moeilike omstandighede jy het,ek dink daar is baie wat moeilike omstandighede het.Pakslae op sy tyd kan niks kwaad doen nie!

V ·

Sielkundige berading is vir die voels!Alles word deesdae met n persoonlikheids pilletjie voorgeskryf wat in elk geval nie werk nie en net die beraders se sakke vol maak.Stem 100% saam Eish!

V ·

Jason Bybel word nog nooit met n klein letter gespel nie.Jy is seker een van die wat ook nog nooit n pakslae gekry het nie!

Dee ·

So, I see all these comments made by people claiming how children should be raised and disciplined, using the Bible as reference, considering this I assume most of these comments are then made by Christian people. I take it that you all know (have been informed)that Caru-Mari has never had a hiding? I take it that you all know that her parents just leave her to her own demise? According to you, all children are these days raised without the discipline and love that you were raised with and that you raised your children with.?? It’s so scary to see people claiming to know the Bible and hopefully if you know the Bible at some point you accepted Jesus Christ as your savior. To speak with such anger and disregard for others. Hidings are good but a hiding doesn’t have to carry an aggressive tone. Surely you forgave your children once you gave them a hiding? Surely you didn’t throw their shortcomings into their face over and over as you are now doing to a girl you know nothing about? Husbands how do you feel when your wife keeps bringing up a mistake you made weeks, months or even years ago? Wives the same? So at which point will you then stop condemning Caru-Mari? Or do you want to stone her with your hurtful comments? I’m sure she has read some comments by now, if not her parents most certainly have. I truly hope that your lives are as flawless as you claim, and that your children have the same opinion as you have so continuously boasted about when it comes to the way you raised them. Aren’t us Christians supposed to be the “Salt” & “Life” aren’t others supposed to see something different in us and want it for their own lives? I understand your urge to encourage discipline but really, isn’t this becoming a bit nasty? I get the feeling that you are entering these comments just so that you can breed further contempt. Do you apply The Word of God to every aspect of your life? Or simply when you can use it to argue? What about 1 Cor v13… what about Luke 15 v 3 – 7 the parable of the “Lost sheep” Do you think God first thought about if the sheep was naughty and deserved a hiding?” and once found turn around and say he wasted precious time? There are others that truly needed help but instead Jesus speaks about going after that one precious “lost sheep” and was overjoyed to return with it and celebrated.. who are we then to say that she wasted precious time !

Brutal Honesty ·

Ek is jammer maar as jy 14 is en jou ouers is so erg dat hulle binne n dag so groot bohaai opskop dat jy te skaam kry om huis toe te gaan dan ken die ouers die kind glad nie! As daar n goeie verhouding was sou hulle geweet het presies waar om haar te vind en dalk sou sy in die eerste plek nie weg gehardloop het nie. As my ouers so erg was het ek ook weg geloop. En ja ek weet hulle gee net om en worry oor hulle kind, maar dis belaglik om so tekere te gaan net om vir haar n punt te bewys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.