Gemeenskap steek plase, geboue aan die brand

Ontstoke inwoners buite Alma. (Foto: Verskaf)

Drie mense is vandeesweek vir openbare geweld in Alma in Limpopo in hegtenis geneem en vier plase en ʼn plaaslike raadslid se huis buite dié dorp is te midde van voortgesette protesoptrede aan die brand gesteek.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê die polisie is gister na ʼn betoging in die distrik ontbied waar ontstoke gemeenskapslede reeds paaie met brandende buitebande versper het. Betogers is sedert Maandag by protesoptrede betrokke.

Drie vroue, onderskeidelik 23, 24 en 38 jaar oud, is op die toneel in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld waarna die betogers uitmekaar is.

Gemeenskapslede het egter later die dag weer opgeruk en vier plase, ʼn raadslid se huis en ʼn munisipale kantoor aan die brand gesteek. Die polisie is weer ontbied, maar die geboue was met hul aankoms reeds in puin gelê.

Die polisie se eenheid vir openbare orde is ontbied en die situasie is in bedwang gebring.

Polisie op die toneel. (Foto: Verskaf)

Daar word in dié stadium beweer dat gemeenskapslede ongelukkig is oor ʼn gebrek aan dienslewering.

Matlala Kailina Lechelele, Mmetja Lisbeth Makua en Johanna Dreca Moloantoa het reeds in die Modimolle-landdroshof verskyn waar hulle hangende ʼn ondersoek op waarskuwing vrygelaat is. Hulle sal na verwagting weer op 5 September in die hof verskyn.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die geweld in Alma ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om binne die grense van die wet op te tree en vreedsaam te betoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Ivan ·

Ek weet dis nie 1 April nie maar is die n grap? Op waarskuwing vrygelaat. Rerig……….

James ·

Ontevrede oor dienslewering.. betaal hulle munisipaliteite.. erg belasting ens?

Melanie ·

Gebrek aan dienslewering en jy brand die plase af waar is die logika in dit?Net omdat hul kan en hul nie steur aan wet en orde nie

Mauritz ·

Protesteer teen dienslewering maar gaan dan stembus toe en se dis OK

JDeer ·

Nou wat de hel het die plase met dienslewering uit te waai… eish! die IK is maar laag!!!! Maar steek maar als aan die brand en brand so julle eie toekoms weg..

Johan ·

Die oproeriges en brandstigters word gearresteer. Maar jy hoor nooit dat hulle gevonnis word nie.

Louis ·

Eh hou van die woord “gemeenskap” Klink so asof dit elke siel, hond en kraai insluit. Dit is gewoonlik `n paar politieke opstokers/stekers wat instap en beheer neem van `n “gemeenskap” en hulle dan tot so `n mate intimideer dat dit onmoontlik is om nie te gaan klont gooi nie. Het dit al beleef sedert `76.

Eléne ·

Hierdie sogenaamde ontevrede mense oor die “dienslewering” onderskat ons intellegensie. WAT het die boere te doen met dienslewering????? Dis n spul kriminele wat geen respek het vir ander se besittings nie????

Peet ·

Verskoon die digkuns:
Wanneer die laaste stukkie gras gebrand is
Wanneer die laaste gebou venietig is
Wanneer die verkiesing verby is
Dan kom jy hopelik agter
Jy kan nie beloftes eet nie
Jy kan nie grond eet nie

Dienslewering ·

Kla oor dienslewering, oplossing is om plase af te brand…Hahahaha afrika…

jennefer ·

Tussen 4000 en 6000 hektaar het gebrand, op een plaas het 5000 ronde hooibale gebrand.dis duisende rande se voer wat in die droogte tyd verbrand is. Boere moes hul werk los en mekaar gaan help.

Marie ·

Hi Peet Stem eenhonderd Per sent saam jou……dink net dit gaan te laat wees vir trane!,

Danie Theron ·

Kla die gespuis aan en verhaal skade van gemeenskap.Moet asb nie die munisipale kantoor vervang. Stuur alle skade kostes ook na Luthuli huis
Die stert swaai die hond. Die redelike man is soo keelvol vir die twak.

Pieter ·

Gaan kyk na ons buurlande hoekom sal dit hier anders gaan dit is omdat hulle als verniet kry hulle regering maak mos net beloftes om stemme te kry gaan in ons buurlande ook so

Hannes ·

Ek het jare terug ‘n boek gelees genaamd “Big men – Little people”. Deur Alec Russell. Beskryf Afrika en sy leiers oor dekades. Beskryf alles wat nou in ons ou land aangaan. Die brand van die plase het niks met dienslewering te doen nie. Dit is ‘n intimidasie taktiek onder die dekmantel van dienslewering. Hulle is nie dom nie. Hulle weet presies wat hulle doen.

Jeremia ·

Kla oor dienslewering? Indien daar nie daaragter geskuil word nie dan sal dit wel weer iets anders wees waaroor die brandstigterbendes ontevrede sal wees.
Altyd verskonings en bogstories om hierdie misdadige tydverdryf vol te hou.

Lionel ·

Wat gaan die brandlustiges doen as daar niks meer oor is om aan die brand te steek nie?

thinus erasmus ·

Die gemene gemeenskap van plunderaars! ń Sadis kry lekker as hy vir iemand wat onder die gevolge van sy verkeerde keuses ly sê: ek het jou mos gesê. Ek wens dat hulle eerder geluister het ………..

Realis Thailand ·

Wie se plase was dit en wat het hulle met die betogers te doen
Seker weer blanke plase uit moedswilligheid.

hercu ·

terrorisme:

“die onwettige gebruik van geweld en intimidasie, veral teen burgerlikes, in die strewe na politieke doelstellings”

Maljan ·

Die drie dames was alreeds in die aanhoudingselle toe die brande gestig was! Hoekom is niemand vir brandstigting gearresteer nie? Dienste kan net gelewer word as daardie dienste betaal word? Sonder betaling is dienslewering nie moontlik nie

Db ·

Dink terug wie die vuur ontdek het dan weet mens hoekom hulle alles verbrand. Die verbasing is nog altyd groot as daar gesien word dat so klein vonkie so groot kan brand

Cornelia Daubern ·

Gister in hegtenis geneem, vandag gewaarsku en vrygelaat! Daar sal net n wet die lig moet sien, van geen massa optogte nie! Almal moet gearresteer word, indien hulle, hulle teensit, neem die wapens op, daar is die SAP EN WEERMAG!
Watter toekoms is in die geraamte land? Wat moet klein kindertjies en die jeug aanskou? Is julle dalk die volgende dekade se onwettige ootreders wees?
Wie gaan die verliese v d afgebrande plase, huise en geboue betaal? Die landswette beskerm nie Suid Afrika se arme bewoners nie! Dis skandelik. Mens hoor gereeld dat dit agv apartheid is, maar apartheid het eers werklik ontstaan vanaf 1994, want al die probleme volgens die wanoptreders word terug gedateer na voor 1994, ai shoe nou is dit sommer haat en hebsug!
HELP SUID AFRIKA
VERSPREI WÊRELDWYD ASB!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.