Die Apel-polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn man, wat glo met klippe doodgegooi is, Dinsdag in ʼn pad gevind is.
Volgens lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het die voorval in die dorpie, Machakaneng naby Atok, plaasgevind.
“Die oorledene het vermoedelik Dinsdag in die vroeë oggendure die deur van ʼn 35-jarige vrou se huis oopgeskop voordat hy probeer het om haar te verkrag,” het Ledwaba gesê. “Die vrou het om hulp geskreeu. ʼn Groep gemeenskapslede het gereageer en glo die reg in eie hande geneem en hom gestenig.”
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.
Dit is hoe dit gedoen moet word. As die SAPD hom kry gaan hy tronk toe,kry borg en doen dit net weer en weer. Jungle justice is die beste straf.
Mooi man!!
Goeie werk!!!!
Dit moet sommer meer gereeld gedoen word. Dis sommer twak dat die belastingbetalers vir hierdie gemors moet betaal om n lekker lewe in die tronk te gaan genies.
Jungle justice kan seker nooit goed gepraat word nie maar die tekens is baie duidelik dat gemeenskappe genoeg gehad het van sulke opdrifsels en hulle optrede.
While you were sleeping….Zuma