Gemeenskap takel aanvaller; 2 sterf

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Limpopo ondersoek twee sake van moord ná voorvalle wat Vrydagaand in Mokgoba naby Modjadjiskloof in die omgewing van Tzaneen plaasgevind het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê twee mans was net voor middernag aan die baklei toe een van hulle (27), oorspronklik van Zimbabwe, na sy plakkerhut probeer hardloop het.

“Die ander man het hom agternagesit en hom voor sy huis met ʼn skerp voorwerp doodgekap en toe na sy eie hut gehardloop,” het Ngoepe gesê.

Ngoepe het gesê ná dié voorval het lede van die plaaslike gemeenskap hulself gemobiliseer en die verdagte na sy huis gevolg en hom aangerand. Die man is dood in die aanval.

“In dié stadium is dit nie bekend wat aanleiding tot die bakleiery gegee het nie.”

Volgens Ngoepe is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan lt.kol. Joseph Baloyi by 0825658145 skakel.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

snoefie ·

ek het simpatie met wat hulle gedoen het. maar…. “die gemeenskap” gaan hiermee ook skitvry wegkom, nes in Coligny.

Chris Ws ·

Wens dit gebeur meer!Ons kan doen sonders Zimbabwe’ers in die’ landjie!

tom ·

Want hulle neem reg in eie hande ,die polisie beteken niks en dan word hulle deur n clown van n minister bestuur wat verwag julle

Boet Fasie ·

Hulle het seker maar teveel Oom Tas gedrink so voor middernag, dan raak hulle mos sterk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.