Gemeenskap tree op teen zama-zamas

Woedende inwoners van Kagieso aan die Wes-Rand neem aksie teen onwettige myners. (Foto: Twitter)

Chaos het Donderdagoggend in Kagiso aan die Wes-Rand uitgebreek toe lede van die gemeenskap besluit het om reg in eie hande te neem en teen onwettige myners op te tree.

Skokkende tonele van aanranding op ʼn vermeende onwettige myner is regstreeks op Newzroom Afrika (kanaal 405) uitgesaai.

Die nuuskanaal se kameraman op die toneel is na sowat ʼn minuut uit die ateljee deur die anker, Xoli Mngambi, gevra om weg te draai van die toneel waar dosyne inwoners van Kagiso aan die Wes-Rand die reg in eie hande geneem het.

ʼn Bebloede man is later deur ʼn vrou weggelei terwyl die inwoners van die informele woongebied klaarblyklik verder gaan soek het na meer zama-zamas (onwettige myners).

Beelde op sosiale media wys hoe honderde betogers die strate invaar uit protes teen die regering en polisie se skynbare onvermoë om die gemeenskap teen misdadige elemente te beskerm, wat gepaard gaan met onwettige mynaktiwiteite.

Woedende inwoners van Kagieso aan die Wes-Rand neem aksie teen onwettige myners. (Foto: skermgreep/ Twitter)

Video’s wys hoe die polisie rubberkoeëls op die skare afvuur, wat dan met klippe antwoord.

“Hoekom sal die onbevoegde regering die gemeenskap stop om reg in eie hande te neem, wanneer hulle daarin misluk om die reg te gebruik om van moordenaars en verkragters ontslae te raak? Die polisie is nutteloos,” skryf een woedende inwoner op Twitter.

Volgens nog ʼn inwoner was daar teen 09:49 “geen teken van polisie by die mynhope nie”. Die media is ook skynbaar gevra om op te hou om die gebeure af te neem.

Die gebeure volg op ʼn bendeverkragting die afgelope naweek van agt vroue naby ʼn mynhoop in Krugersdorp. Die verdagtes was moontlik onwettige myners. Meer as 130 mense is sedertdien in hegtenis geneem in ʼn poging deur die polisie om op onwettige immigrante en onwettige myners toe te slaan.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Vanessa ·

Ek staan nie vir geweld nie, maar as ek reg verstaan is dit die mense wat die meeste misdade pleeg. So ja dan moet daar opgetree word teenoor hulle!! Die gemeenskap handel gewoonlik die sake spoedig af. Vinniger as ons regstelsel.

domheks ·

Pleks die gemeenskap al LANKAL ingespring het en boendoe geweld gebruik, want cele en kie te sleg.

marius ·

Die sogenaamde regeerders van die hool is te sleg om op te tree teen die gemors . Daar is geen ander remedie as reg in eie hande nie . Dis al taal wat verstaan word in afrika .

Chris ·

Chris Noordkus . Suidlander , duidelik ‘n wanbegrip of totaal on ingelig, teken in op die onafhanklike “defence web” en lewer dan kommentaar

ES ·

Die mense is ook keelvol vir hierdie onwettige myners wat in hulle gemeenskap woon en misdaad vererger. Ons gaan nog baie van hierdie sien in die komende dae…

Republikein in die Wes Kaap ·

Kenners waarsku al lank dat konflik aan die broei is. Connect all the dots.

SjN ·

Die gemeenskap sal dit sommer vinnig uitsorteer met minder papierwerk.

Di ·

DIT gebeur OMDAT die skelm ANC kaders te SLEG is om ons te beskerm. ONWETTIGE immigrante het meer reg as ons eie landsburgers. BAIE polisielede kry ook hulle deel uit hierdie onwettige myn stories, kop in een mus met die spul. Stem saam dat as ons as gemeenskap nie SELF gaan saamstaan teen hierdie tipe dinge wat in ons land gebeur, gaan ons NOOIT regkom nie. Ons moet ons eie woonbuurte ook self begin beskerm, ANC en polisie te SLEG en self korrup

Groen-oog ·

Mindalore Witpoorrjie en by Adelaar Hoërskool was n western fliek vandag. N geskiet soos min. En baie van die zamas was POSITIEF gewapen.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons is so behep met Eskom, EFF en die ANC dat ons die werklike risikos ignoreer.

miraclealigner ·

Bastion nie Adelaar nie. Adelaar is aan die ander kant van die buurt en was nie geaffekteer nie.

Groen-oog ·

By Adelaar is 1 aangerand. Ek weet dit 100 % verseker. En by Bastion is veld afgebrand om zamas uit te jaag. Bastion area is 8 gevang.

Swerwer ·

Wonderlik, wens net hul wil so saamstaan teen die Kommunistiese Regering ook.

Groen-oog ·

Die ding gaan nie hier na vandag stop nie. Ek glo more gaan daar verder met vandag se “oorlog” voort. Ek dink vandag was n opwarming vir die groot mmmmmm TSUNAMIE teen die onwettige myners .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.