Gemeenskap trek ‘rowers’ ná huisroof vas

Argieffoto: Nico Strydomisie a

Vier verdagtes verskyn Dinsdag in die Lenyenye-landdroshof in Limpopo nadat hulle in hegtenis geneem is in verband met ʼn huisroof by ʼn plaaslike hoofman se huis.

Sers. Yvonne Moyana, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes, tussen 20 en 43 jaar oud, is Maandag teen 11:30 in hegtenis geneem ná ʼn huisroof in Burgersdorp buite Tzaneen.

“Die vier verdagtes het na bewering ʼn 23-jarige man aangeval en hom van ʼn groot bedrag geld en ses selfone beroof voor hulle op vlug geslaan het. Die slagoffer huur ʼn huis by ʼn plaaslike stamhoof,” het Moyana gesê.

“Die gemeenskap het die verdagtes agternagesit en kon daarin slaag om hulle in die nabygeleë Mine View-nedersetting vas te trek. Die verdagtes is erg aangerand en twee van hulle moes na ʼn hospitaal geneem word vir behandeling.”

Volgens Moyana is een van die inwoners tydens die voorval glo deur een van die verdagtes in die maag geskiet en gewond.

Die Tzaneen-polisie het vinnig gereageer en die vier verdagtes in hegtenis geneem op aanklagte van huisroof en poging tot moord. Die polisie het tydens die inhegtenisneming op twee vuurwapens beslag gelê.

Genl.maj. Maggy Mathebula, bevelvoerder van die Tzaneen-polisiëringsgebied, het gesê die inhegtenisneming moet ʼn duidelike boodskap stuur dat misdaad nie geduld word nie, maar het terselfdertyd die inwoners se optrede veroordeel. “Inwoners word versoek om dadelik die polisie in kennis te stel as hulle bewus word van enige misdryf eerder as om die reg in eie hande te neem,” het Mathebula gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

MOEG VIR MISDAAD ·

Jammer, maar as hulle vir die polisie gewag het, sou daai kriminele weg gekom het. Gee die inwoners ‘n medalje.

Elize C ·

Ek lees nie dat die lede van die gemeenskap wie die beskuldigdes vasgetrek en so aangerand het dat hulle hospitaal behandeling moes kry, ook dadelik in hegtenis geneem en toegesluit is sonder borg nie…..? Ek sien net “hulle optrede is veroordeel”…? Hoekom is dit nou weer okey as daar in sekere situasies reg in eie hande geneem word, en ander kere word die “lede van die gemeenskap/oorspronklike slagoffer” erger gestraf as die oortreder wat op heter daad betrap is…? I rest my case….

snoefie ·

ek vra weereens, hie verskil die geval van die Parysboere wat ook aanvallers aangekeer en bietjie mobjustice toegepas het?

Altie ·

En nou die Parys 6….?? Ook verdagtes aan polisie oorhandig en aangekla van moord….nie net n aanmaning gekry nie! Wonder ook maar net oor wanneer dit tel en wanneer nie.

Wonder maar net ·

Ek dink dit hang af in watter dorp die voorvalle plaasvind en wie die regter is

Andre ·

Geroof – groot bedrag geld en ses selfone. Wie het so baie fone en baie geld? Dit is ook baie verdag. Die vastel van die oorsprong het ook ‘n wakker polisie nodig, maar gaan dit gebeur?

kat ·

Toe die doodskis twee die dief ‘n les wou leer het hulle tronkstraf gekry maar hierdie lot kry net ‘n halwe tik op die vingers?
Die verskil was seker dit was nie op video gesit nie.Indien dit op video is kry jy tronkstraf.
Dis seker hoe dit werk!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.