Gemeenskap treur na GPF-held in rooftog sterf

Russell McMicken

Russell McMicken. Foto: Verskaf

Die Akasia-gemeenskap, noord van Pretoria, is in rou ná Russell McMicken (62),  ʼn lid van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), die naweek doodgeskiet is toe hy op ʼn noodoproep in Amandasig reageer het.

Hannes Venter, die voorsitter van die Akasia-GPF, het Dinsdag aan Maroela Media gesê McMicken en ander lede het Sondag in die vroeë oggendure gereageer toe ʼn inwoner verdagtes in sy erf waargeneem het, en hulp oor die handradio ontbied het.

“Na wat ons verneem het McMicken buite die erf gewag vir ondersteuning toe twee of drie verdagtes oor die huis se muur gespring het,” het Venter gesê. Hulle het hom glo op ʼn kort afstand geskiet, en van die toneel gevlug. Hy is drie keer in die kop en twee keer in die lyf getref.

Venter sê McMicken was ʼn held en dat hy al talle misdadigers help vastrek het.

Die Akasia-polisiestasie ondersoek die saak. Niemand is nog teen Dinsdag in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

McMicken laat sy vrou en seun agter. Sy begrafnisreëlings word nog getref. Die GPF het sy medelye met McMicken se gesin, familie en vriende betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

Inderdaad ‘n held – rus in vrede en baie sterkte aan sy bedroefde familie en vriende.

HEVW ·

Hierdie gewese mooi land van ons is in n masale tragedie gedompel. Kyk na die hede en dink of dit kan omswaai, en besef wat is ons kinders se erfenis.

Frans ·

Onbaatsugtige diens terwyl elkeen warm in hul warm beddens le. Innige simpatie en medelye aan sy familie.

Given Msiza ·

He will be greatly missed by the BiQBadgeBemmaBoys(BMw students). To the family and Friends,our deepest condolencies..we share in the grief. The most humble and Loving being Iv ever met..’walking encyclopedia’ as we’d call him. May his soul find eternal peace. Amen!

Meisie Smit ·

Ons innige simpatie met sy familie, vriende en mede kollegas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.