Gemeenskap vang man wat glo vrou onder bakkie sleep

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Waarskuwing: Die video onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Die man wat na bewering op kringtelevisiebeeldmateriaal afgeneem is waar hy ʼn vrou tydens ʼn tref-en-trap-voorval meters ver gesleep het, is deur die gemeenskap vasgetrek.

Maroela Media het vroeër berig ʼn ma van ʼn vier maande oue baba is voorverlede week in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy tydens die voorval etlike meters ver in Johannesburg se middestad gesleep is. Die beeldmateriaal is op sosiale media gedeel in ʼn poging om die bestuurder op te spoor. Lees meer hier.

Nkosi Gumbe, ʼn ooggetuie wat in ʼn winkel werk naby die plek waar die voorval op 15 November op die hoek van Bree- en Gerard Sekotostraat in Newtown plaasgevind het, het Maandagmiddag die man weer opgemerk toe hy sake in die omgewing gaan doen het. Die man is met die hulp van die gemeenskap aangekeer en aangehou totdat die polisie op die toneel opgedaag en hom in hegtenis geneem het.

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die man is in hegtenis geneem en moet binnekort in die hof verskyn op aanklag van roekelose en nalatige bestuur.

Intussen is die vrou wat beseer is, Lucia Masilo Matlou, uit die hospitaal ontslaan. Sy het almal bedank wat haar op die dag van die voorval bygestaan het.

Hier volg die video van die voorval wat wyd op sosiale media gedeel is:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sarel Strydom ·

So werk ons saam om Misdadegers aan die pen te laat ry.

Jannu ·

Janee hoor was dit ook nie vir die GEMEENSKAP nie gebeur daar ook nie veel nie. Hulle oorhandig al deesdae die skelms aan die Polisie, hoop net daar kom iets van. Gewoonlik loop hulle net ‘n draai om die blok, dan is die skelm weer los.

Karen van Zyl ·

Ek probeer verstaan hoe die polisie na 2 weke nie hom in hegtenis kon geneem het nie, hulle het die kar, die registrasie nommer en ‘n beskrywing van die ou gehad?

ANRE ·

Wat het ooit geword van die eerste vrou wat iewers in die Randburg area (as ek reg onthou) ook deur ‘n voertuig gesleep was?

Karen van Zyl ·

Ek hoop hy word vir al haar mediese onkostes , pyn , lyding en ongerief beboet!

Susanna ·

Is dit reg: Roekelose nalatige bestuur??
Soos ek dink moet dit: “Attempted murder and assualt with a deadly weapon causing grievous bodily harm”

Anoniem ·

Sit sommer “tref-en-trap” ook by die lys van aanklagte.

liza ·

Dankie Nkosi Gumbe dat jy die skuldige raak gesien het. Nou kan hulle hom bietjie vir ‘n test drive vat en hom ook bietjie sleep…….

cor ·

As ons weer van die saak hoor sal dit seker ‘n verbode immigrant wees wat die bakkie bestuur het,hy is onskuldig en dan is hy glo deur die mense en polisie mishandel tydens die inhegtenisname.

Griki ·

Haar beskermengel het oortyd gewerk om haar onder die bakkie se wiele uit te hou. Sjoe, sy was regtig gelukkig dat hy nie oor haar gery het nie, maar dit lyk bitter seer waar die velle van haar lyf afgeskraap is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.