Gemeenskap vermoor ‘rower’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is deur gemeenskapslede doodgeslaan nadat hy glo ʼn paartjie van kontant en selfone beroof het, het die polisie in Limpopo gesê.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie het gesê die voorval het in Mhangweni naby Tzaneen plaasgevind. “’n Man en ʼn vrou is Saterdagaand omstreeks 23:00 deur ses mans beroof toe hulle huis toe gestap het. Die paartjie het geskree en inwoners het tot hul redding gekom.”

Volgens Ngoepe kon vyf van die rowers daarin slaag om te ontsnap. Inwoners het die sesde rower gevang en met klippe en stokke aangerand. Die man, vermoedelik in sy 20’s, is op die toneel dood verklaar.

Ngoepe het gesê die tipe aanvalle is ʼn probleem vir die polisie. “Ons het al soortgelyke gevalle gehad waar mense deur inwoners doodgemaak is in plaas daarvan om hulle aan die polisie oor te gee. Ons doen ʼn beroep op inwoners om nie die reg in eie hande te neem nie aangesien ons die man sou kon ondervra en sy medepligtiges ook in hegtenis sou kon neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eben ·

Dis n mooi storie so op n Maandag. Daardie mense het ook genoeg van rowers en verkragtes en polisie doen niks.

Willie Oosthuizen ·

Eben dit is jammer hulle kon die ander 5 nie ook onder stok kry nie.

Retha ·

Sodat hul na ondervraging, vrygelaat kon word,
weens onvoldoende bewyse

Willie Oosthuizen ·

En wat sal dan met hom gebeur het, hy sou vry gelaat word net om dit weer te doen. Mooi so hy het gekry waaroor hy gesoek het.

Hennie ·

Daardie omgewing se inwoners, wat Nkowa-Nkowa insluit, is gatvol vir die geweldadige misdaad, teen die weerloses, in die omgewing.

Dit is so dat die misdadiger binne ure weer op straat sal wees en sy Boko Haram (die plaaslike weergawe. Nie die Nigirië groep nie) maatjies sal dan weer geweld saai.

Die laaities voel ‘n veer vir die bevolking. Hoekom moet hulle met handskoentjies hanteer word? Hulle loop in bendes van 5 tot amper 20 en maak net wat hul wil.

Ek sê: Indien die polisie sit en slaap, sorteer die kalante uit. As die slapendes in blou bek te rek het, begin’t jou werk doen.

Retha ·

Sodat hul na ondervraging, vrygelaat kon word,
weens
onvoldoende, getuienis

Nikolaas ·

Dit is hoekom die Leviete (24:19-20) sê: “‘n Oog vir n oog en ‘n tand vir n tand,”
– sodat die straf by die misdaad pas.
Ek ondersteun die feit dat geregtigeid geskied, maar dan moet dit regverdig wees.
Selfoon diefstal oorloof nie die doodstraf nie.

zahn ·

Glo my, hulle is al so arrogant, hierdie was nie die eerste keer wat hulle dit gedoen het nie. Bos howe is reg, geen versagtende omstandighede nie, jy is skuldig, fienies en klaar. Vat jou pak. Mooi man! En voor iemand my wil kruisig, onthou, as jy jouself uit hierdie tipe situasies hou, sal dit jou nie oorkom nie. Ses rowers teen een paartjie, waar is die regverdigheid?

Gerhard Bezuidenhout ·

Hoera vir die inwoners wat die verpesting doodgemaak het. Vandag steel hy n selfoon en more pleeg hy n moord.

Ian de Jager ·

Ek wed julle hy sal nie weer ‘n selfoon steel nie.

Paplepel ·

Ek hou nie van die woord “vermoor” in die titel nie. Dit klink so negatief….

pop ·

Ngoepe jys seker nie ernstig nie. Die polisie is sleg verby, so bos howe en vergelding deur die gemeenskap moet nou maar aan die ordevan die dag wees. En tussen hakies Ngoepe, daai ander wat weggekom het sal 2 keer dink volgende keer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.