Gemeenskap verwoes glo multimiljoenrand brandweerwa

Die brandweerwa wat verwoes is. Foto: Stad Ekurhuleni

Die brandweerwa wat verwoes is. Foto: Stad Ekurhuleni

ʼn Brandweerwa ter waarde van miljoene rande is vroeg Sondagoggend aan die brand gesteek as deel van beweerde boendoe-geweld in die Katlehong-nedersetting in Ekurhuleni aan die Oosrand.

Die Stad Ekurhuleni het in ʼn verklaring gesê lede van sy ramp- en noodbestuurdienste is na die Moleleki-gedeelte van die nedersetting ontbied, waar ʼn plakkershut aan die brand was. Met hul aankoms op die toneel is brandbestryders deur inwoners gekonfronteer, wat hulle met klippe bestook het. “Die bemanning moes noodgedwonge die voertuig agterlaat en vir hul lewens vlug,” het die verklaring gesê.

Een van die inwoners het agter die stuurwiel van die brandweerwa ingeskuif en ʼn ent verder stilgehou waar dit aan die brand gesteek is. “Die brandweerwa, met al die reddings- en brandbestrydingstoerusting, was meer as R4.5 miljoen werd. Dit is heeltemal vernietig, niks kon gered word nie,” lui die verklaring.

Volgens ooggetuies het die eienaar van die brandende plakkershut sy buurman Saterdagaand na bewering met ʼn mes doodgesteek. Die gemeenskap het wraak geneem deur sy plakkershut aan die brand te steek.

“Die man se vrou en kinders kon ongedeerd uit die brandende hut ontsnap, maar die man het kritieke beserings opgedoen nadat lede van die publiek hom erg aangerand het. Hy is deur ʼn provinsiale ambulans na ʼn hospitaal gehaas.”

Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Joe Olivier ·

Dis n maklike besluit volgende keer as daar n brand in die plakkerskamp is, laat die gemeenskap dit blus.

Karma ·

Presies my gedagte ook. Volgende keer as daar ‘n brand is in die plakkerskamp, los dit en laat hulle dit self blus. As die oproep deurkom, sê net : “Ja goed, ons is nou daar.” en gaan rustig voort om jou koffie klaar te drink. Buitendien, hulle het die brand gestig, so laat hulle die brandende hut dan self blus.

Melissa ·

Boendoe geweld? Wat is dit?? Nuwe benaming vir xenofobie?

KarooKlong ·

Een of ander oeroue vorm van regstellende aksie sonder die teenwoordigheid van rassisme.

Lh ·

Wonder wat dink hulle of hoe redeneer hulle sal dit help as hulle sulke goed afbrand.

Georgie ·

Maggies hoekom so duur wa die townships instuur?!

Hierdie onbeskaafde gedrag raak nou een te veel…hoeveel kan die beskaafde, opgevoede, wetsgehoorsame, vredeliewende landsburger nog verduur?!?!

Cherokee ·

Die beskaafde, opgevoede, wetsgehoorsame, vredeliewende landsburger het nie werklik ‘n alternatief as om dit vanaf ‘n pawiljoen raak te sien en te verduur nie. Gelukkig vir die pawiljoen.

Lance ·

Dis die area waar die anc gewen het …spreek boekdele ! Ek dink daar gaan nog goed brand daar

Popeye ·

Eerbare daad van brandbestryders word in nog ‘ n las op die belastingbetalers afgedwing (onwetend), dan moet plakkerskampe maar ‘n “no go – area word. Die ANC voel in alle geval zero vir hulle! Laat natuurlike seleksie dan maar gebeur, mens kan ook net so ver probeer help dan moet die leeu maar die swakkeling uithaal. Dis wreed maar die waarheid (sug…)

Venessa ·

….ek stem. My seun is ,n baie pligsgetroue brandweerman. Hy kan se lewe, al is dit wat hulle doen, nie ingevaar stel, en dat sy kind sonder ,n pa groot word, vir sulke ondankbare, onverantwoordelike mense nie.

humor ·

Daar hoef geen besluit daaroor geneem te word nie. Daar is nie meer n brandweerwa nie.

Penellope Jones ·

Hulle het die fyn kuns ontwikkel om binne ‘n kort tydjie miljoene rand se skade aan te rig, sonder om ‘n oog te knip.
Mens wonder wat sal gebeur as die wat wel die vuurhoutjie getrek het, se huis aan die brand raak en hy / hulle die brandweer benodig.
Sal seker dan protesteer omdat daar nie een beskikbaar is nie . . . . . . .

Skatymir ·

‘n Ysterwiel Kruiwa met 2 emmers water vir die volgende brand, niks meer nie.

N ·

Dit lyk of n sekere deel van die mense in die land heeltemal besete is. Hulle moet onder die invloed wees van een of ander verdowingsmiddel of Satan, om so op te tree. Dis skrikwekkend om te dink dat die tipe mense more saam met jou by die werk instap en maak asof botter nie in hul mond kan smelt nie.

Emma ·

Dis maar hoe dit ALTYD sal gaan “when first world meets third world”. Die algemene intelligensie laat ook veel te wense na. Wat meer kan jy verwag?

Nou wat nou.. ·

Los die mense uit dat hulle hulself uitsorteer…..Afrika styl!!
Die ANC moet betaal vir die brandweerwa!?…daar is mos biljoen in stortkop se villa.

John ·

Ons nuwe volkslied wat Max wil he moet beslis begin met vuur en vlam, breek alles af… die koor kan gerus, rassisme, rassisme herhaal en herhaal en dan weer brand alles af en… o ja, ons hare pas hul nie… dank hulle af… en eindig met vuur en vlam… le ons land op die’ wyse lam…. en feesmustfall… al leen ons geld tot in ewigheid…

cobus van niekerk ·

interesting hoe dinge net dieselfde bly..in die 80s was die onluste net so

Riaan ·

Kom ek deel n opinie met julle, die ANC het n baie nou band met die Russe. Met die grens oorlog was die russe die dryfkrak agter die ANC. Rede: Suid Afrika is n kontinent met baie minerala en die russe het die ANC gebruik om mee oorlog te voer sonder enige dode getalle of body count aan hulle kant nie. Met ander woorde die ANC was gebruik soos pionne. In vandag se omstandighede volgens baie navorsing wat ek gedoen het is RUSLAND deel van die verenigte state. Hele dryd agter die verenige state is n nuwe wereld orde. Nou Suid Afrika is nie deel van die verenigte state nie maar maar om Suid Afrika te maak swink en deel te word van n nuwe wereld orde moet daar eers totale wan orde geskep word. onthou Rusland is n baie geduldige nasie en al gebeur n ding nie nou in die huidige generasie nie en eers oor 5 generasies vorentoe het hul, hul doelwit beryk. Food for thought.

Really ·

Nou gaan hulle eers toy toy en meer skade doen as hulle plekke wat brand nie vinnig genoeg geblizz kan word nie omdat daar bie genoeg brandweer trokke is nie. Ai as mens nie verder as mens se neus kan dink……

Sid ·

Nee Simon van der Stel, het hy ook met ‘n skip die land ingekom…
Waar kan ons mense kry wat die barbaarse optrede van hulle kan veduidelik. Geen wonder van ons nooddienste personeel wil ook nie meer ingaan om hulle te gaan help nie “HUL LEWENS IS EN BLY INGEVAAR” al wil hulle net gaan om mense se lewens te red

s duplessis ·

300 honderd jaar later en niks het verander nie. Behalwe hul nou perol en Bic lighters. Oor 500 jaar sal dit dit steeds dieselfde wees.

Jeanne ·

Wat is boendoe-geweld? Alles het deesdae ‘n naam om KRIMINELE aksies te sugar coat. Steek mense met messe dood, brand ander se plakkershutte af .. boendoe-geweld?

Theresa ·

Geen brandweerwaens of enige hulpmiddel weer vir hul nie. Sies!
Laat hul dans en sing en spring tot ad infinitum toe – hul het hul kans gehad op hulp en dit vernietig. Boendoe-geweld spreek boekdele. Maar ja, dis in 2016 kriminele gedrag. Die weermag moet hierdie mense hanteer wanneer polisie te min of te besig is. Hul maak oorlog in elke plek waar dit nie nodig is nie. Help hul verstaan wat beteken wet en orde. Met die klem op orde as hul dit nie verstaan nie – verduidelik dit in duidelike taal en/of prentjies TOTDAT dit verstaan word. Maar so kan hul nie voortgaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.