Gemeenskap wil lodge begin ná grondeis slaag

Min. Maite Nkoana-Mashabane. Foto: Facebook

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming het grond teruggegee aan ʼn gemeenskap van Noordwes nadat die gemeenskap aangevoer het dit is jare gelede by hulle afgeneem.

Die regerende ANC is van plan om Suid-Afrika se Grondwet te wysig sodat grond sonder vergoeding onteien kan word en die owerheid dus nie sal hoef te betaal vir grond wat by die eienaar afgeneem word om aan grondeisers gegee te word nie.

Die teruggawe van die grond in Noordwes sal lei tot die stigting van die Bahurutshe Nietverdient-wildboerderyprojek in die Nietverdient-omgewing van die Ramotshere Moiloa-munisipaliteit, waarvan Zeerust die hoofdorp is.

“Ek is verheug dat ek dié grond aan die Bahurutshe-gemeenskap kan oorhandig,” het min. Maite Nkoana-Mashabane gesê. “Die onteiening was vir hulle baie pynlik, maar vandag kan ons die terugbesorging van die grond vier.”

Sy het gesê dit maak haar bly dat die gemeenskap reeds ʼn vennootskap met die vorige eienaar aangegaan het en dat hulle saamwerk om die gemeenskap op te lei. “Die beplande lodge op die grond het die potensiaal om ʼn groot toeristeaantreklikheid vir binnelandse sowel as buitelandse toeriste te word.”

In die natuurreservaat word diere aangetref soos blouwildebeeste, gemsbokke, elande, sebras, kameelperde en koedoes.

Voordat die grond aan boere toegeken is en die gemeenskap plaaswerkers geword het, het die Bahurutshe tussen die Ngotoane-, Madikwe- en Krokodilrivier in die huidige Noordwes-provinsie gewoon.

Die Kommissie vir die Herstel van Grondregte het die grond namens die gemeenskap vir R455 miljoen gekoop. Altesaam 1 878 huishoudings kan by die transaksie baat vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Kl ·

Voor Januarie 15, is die grond onontwikkelbaar en al wat n dier is dood.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek wil net graag weet wat gaan word van die boere wat destyds onteien is se grond en ingelyf is by die tuislande. Die boere is destyds swak betaal vir hul grond en die poeple verhuur dit grotendeels . Kan die boere maar ook n eis insit.

Eben ·

Mooi. Ek sal ongelukkig nie die reservaat ondersteun nie en ook nie aan beveel nie. Dit klink net te veel na iets wat nie gaan werk nie, nogtans wens ek hulle voorspoed toe.

marco polo ·

lodge? Regtig Maroela, is daar nie n Afrikaanse woord nie?

Bren ·

Ja nou gee dan die regte woord!! Afrikaners kan net heeldag sit en oordeel.

Paul ·

Komaan julle wat Maro co aanvat, waar is jul woordeboeke, daar is ‘n paar woorde, kies die regte een of julle kan dit google. (Als in die nuwe AWS is nie noodwendig nie ‘n anglisisme of sommer direk van die engels geneem nie.)

Martin ·

Net soos my plaas wat hulle gevat het in 1999, sal daar niks oorbly nie. Hulle strip eens al die sink, dan drade (enige iets metaal), onderhou niks en betaal vir niks. My meegevoel aan die diere!

Johan H. ·

Jammer man sal ongelukkig nie van jul diens gebruik maak nie, omdat julle dit op n onbehoorlike manier bekom het, Nogmals dankie vir die uitnodiging,maar nee dankie!

Ouma ·

Net soos die restuarant op Naval Hill wat groot geld sou inbring – die is nou vervalle en onbenut – wit olifant in Bloemfontein. Dieselfde gaan met die lodge gebeur. Ek is geleer, as jy nie vir iets werk nie, maar dit net gegee word pas jy dit nie op nie – dis wat hier gaan gebeur – mark my words!

Ella ·

@ Ouma
En net so Kareekloof in die,Suikerbosrand Reservaat by Heidelberg.
Was so n lekker kampplek maar alles tot nie. Reservaat ook in n haglike toestand.
Wat voorheen n hotel was is nou kantore en alles val uitmekaar.

M'Lady ·

Die eerste ding wat sal gebeur is dat strikke gestel gaan word. Die arme diere sal die wreedaardigte dood sterf. Daar sal niks oorbly vir toeriste om te besigtig nie. Nog n klaaglike mislukking.

Johanna Botha ·

Daar gaan insette en werk nodig wees maw dit is reeds verdoem en n groot flop ????…maar laat ons kyk wat gebeur. Gewoonlik is dit so n dwarstrekery dat niks gebeur en goed dan verkoop word en nie onderhou word nie en dan kort voor lank is daar niks oor van die prag gebaar en die minister is long gone ..

Ella ·

Everything we touch turns to gold.
Of nie!
As 48 “gesinne” moet voordeel trek uit die meevaller dink ek, nee gaan nie werk nie.
Koebaai koedoes, waterbokke, wildebeeste en alle ander lewende diere, mak of wild, op die “plaas”

Hoe nou ·

Hulle sê die grondeis het geslaag , maar
R450 miljoen rand betaal vir die grond
Iets nie pluis nie
Hoe nou !!!!? Ek verstaan nie heeltamal
lekke nie .Dis mos Nie grond gevat sonder betaling nie, ek kan doen met R450 miljoen rand, wat ek net graag wil weet
Waar kry die regering die geld vandaan???

Poot ·

R455 miljoen is ‘n aardige bedraggie. Die boer moet net so 2jr wag, dan koop hy die plaas terug vir R4 miljoen. Goeie belegging die “verkoop transaksie”.

Ella ·

1878 huishoudings? Nie 48 soos ek gedink ek het….
Hoe groot is die grond?

Margaret ·

Ag genade tog!!!!! Kyk wat het van die lodges ens, geword wat julle al oorgevat het? Vandag net murasies oor, en aan die arme diere wil ek nie eens dink nie… Maar sien-is -glo, en die hoop beskaam nie!!!

marous ·

Lodge is ‘n wit mens konsep wat met uiterste haat bejeen behoort te word . Eerder ‘n kraal met bos vleis …

Ellisras ·

455 miljoen. Gee ‘n jaar dan moet die plaas “geherkapitaliseer” word vir R100 miljoen. En nog ‘n jaar nog 100 miljoen. Ongelukkig die 100 miljoene word klaar. Of dit is al klaar.

Skerpioen ·

Jammer maar nes almal hier bo my sien ek ook geen suksesvolle einde vir hierdie verhaal nie. Noem 1 ding wat instand gehou is vandat die ANC oorgeneem het. NIKS absoluut niks. So hoekom nou. Ek sal wat wil gee om hierdie land te verlaat….

Theresa ·

Suid Afrika gaan nog n plek word waar geen toeris neer hierheen wil kom nie… want daar sal bokorol wees om te sien nie. Want die anc is besig om ons mooi land op te bol.

Jerry ·

Lees die skrywe behoorlik deur dan sal julle nie so bevooroordeeld wees nie. Eerstens het die kommissie die grond namens die gemeenskap by die vorige eienaar gekoop vir R455 miljoen wat beteken dat dit onteiening met vergoeding is. Tweedens bly die vorige eienaar steeds betrokke om die plek te bestuur en die gemeenskap op te lei en om die plek toeganklik te maak as n toerisme aantreklikheid. Die kanse dat hierdie n suksesverhaal kan word is dus n groot moontlikheid! Die gemeenskap word nie aan hulle eie lot oorgelaat nie, hulle het n vennootskap aangegaan met die vorige eienaar wie uiteraard oor n kundige bestuurspan beskik. Die munisipaliteit is ook verplig om hulp te verleen aangesien dit as n wildboerderyprojek geregistreer is wat binnelandse en buitelandse toeriste sal lok. Julle kan gerus hierdie projek ondersteun en sodoende julle deel doen vir nasiebou net soos die vorige eienaar. Ek vermoed hy lag al die pad bank toe! Julle kan ook as julle net meer bereid wil wees om versoenend op te tree en nie so vinnig so bevooroordeeld is nie! Hierdie gebeurtenis verleen betekenis aan n wen-wen situasie wat deesdae maar n taamlik “so skaars soos hoendertande” affere in die nuwe SA is!

Wessel ·

Ek is bly jy is altyd so positief oor die ondenkbare, ek hou duime vir die agtergeblewenis. Plaas dat jy jou beskikbaar stel en daar waar die mense jou nodig het gaan werk.

Mmmm ·

Watse versoening Jerry.. Versoening met ‘n regering wat ons die blaam gee vir alles wat fout gaan? Versoening met ‘n regering wat mense aanhits om te skree “kill the white man” ? Versoening met mense wat still bly terwyl ons mense getyken word? My maat, jy het nie ‘n clue nie.

Pinkie ·

@Jerry, jy klink na wat ons 100 jaar terug ‘n “joiner” sou noem.

Stem ·

net soos die bronne te Aliwal Noord. Poertos Mertos. een swembad oor wat met n waterpomp leeg en vol gepomp word is al wat staande is van alles. na elke saamtrek lyk dit of n orkaan die plek getref het

Jack Daniel ·

Nog a plek wat tot niet gaan soos die melkplaas, Limpopo bank, SABC Ens Ens.
Ons plaas in Limpopo is ook 13jr terug gekoop om a Lodge te begin.
Wel… 13jr later tot Vandag is daar niks. Al twee bestaande huise is net die murasies, die bosse staan hoeer as die avos, lietjies n mango bome. Die plaas implemente is net die wrakke wat daar staan. Die pad het verspoel n party plekke het die bosse in en oor die pad gegroei.
Hulle het Meer drome as werklikheid. Hulle droom van als doen maar word nooit wakker om dit Te doen nie.
Another wasted Pease of earth!!!

Paul ·

Wel, erns moet die regering begin, eintlik is hulle al vir 20 jaar of so daarmee besig. En wat was die sukseskoers tot op hede? Die regering besef seker dat hulle nie nog miljarde aan grondkoop kan spandeer nie, hulle het dit nie, daarom wil hulle nou onteien sonder vergoeding, en wat van die nuwe eienaars bystaan met finansiering en en en? Oor paar jaar lees ons dan weer van ‘n sukseskoers van 5 of dalk 10%. Maar die gondgrypplan is dié meesterplan van die ANC wat die land op sy kop sal laat staan, so word ons nou bombardeer met hierdie belofte van welvaart.

RG ·

Weereens betaal die mees kwesbares die hoogste prys, arme arme diere.

Stripes ·

Hulle sê nie die huisgesinne gaan voordeel trek nie, hulle kan. Sê ook nie dit gaan toeriste trek nie, dit sal. Daar is te veel wat in die lug hang as drome. Jammer, “suksesse” van die verlede het al oor en oor bewys dit sal nie werk nie. Sodra die gewese eienaar uittrek is die plek ten gronde. Die plaaslike munisipaliteit sal dom wees om geld of dienste te borg vir die projek maar nou ja, dis hoekom daar belastingbetalers is nie waar nie.

Frans ·

Dit is ‘n doodgebore poging! Polities “pragtig” en goed op die oor. Die diere gaan óf geslag word, óf verkoop word om die “lodge” vir ‘n rukkie te laat “floreer” om te lyk asof die onderhandelinge geslaagd is. Hoe kan jy ‘n florende besigheid aan totale onbevoegde “bestuurders” afstaan? Al help die vorige eienaar, gaan dit misluk want die eienaar en sy bestuur gaan vinnig onttrek omdat hulle nie Afrika “wanbestuur” gaan aanvaar nie. Mooi “gebaar” maar ZIM het reeds statistieke dat dit nie sal werk nie. Jammer dat diere en vrugbare grond vir die aasvoëls gegooi word. Dit gaan nog ‘n voorbeeld in die geskiedenis wees van totale verlatenheid en plundering om so vinnig as moontlik geld te maak voordat die grond net strukture as verwaarloosde skelette gaan vertoon.

aj ·

As 1878 ? gesinne op daardie grond gaan woon is die plek VOL! Waar gaan die wilde diere leef?

Suid Afrika het net EEN probleem!

Te veel mense…! … vir die beskikbare grond, water, lug, huise, skole, hospitale, paaie ens.

Wie werk aan ‘n volhoubare bevolkingsaanwas plan?

NIEMAND!

Terwyl dit die kern van alle landsprobleme uitmaak?

Ons kort die Chinese se “een kind per vrou beleid”!

PJC ·

Nog ń doodgebore projek soos wat gebeur het met die lemoen en teeplase. Ongeag of die vorige eienaar betrokke is of nie sodra so ń klomp oningeligte mense almal ń sê het werk dinge nie uit nie. Jerry lees seker nooit koerante of tydskrifte nie anders sou hy geweet het van die dosyne mislukkings van multimijoen rand projekte. Die enkeke suksesse is waar vorige eienaars of maatskappy die grond terug huur en die gemeenskappe net elke maand die geld ontvang en geen insette lewer t.o.v. die bestuur van die projek nie. Geeneen van hierdie klompe eisers kan enige sinvolle besluite neem nie en dit is nie vir my om te besluit hoekom nie.

Dries du Toit ·

Jo jo liberale Jerry het darem nou vir jou n pak gekry. Dit gee my hoop vir die Afrikaner

IK ·

Uit vorige kommentare is daar:
1) Naval Hill-restaurant.
2) Kareekloof in die Suikerbosrand, Heidelberg Tvl.
3) Aliwal Noord-warmbronne.
4) Vrede melkplaas.
5) Limpopo bank (VBS)
6) SABC
7) Limpopoplaas van Jack Daniel.
8) Rob Ferreira-oord, Christiana.
9) Lemoen- en teeplase.
Ek voeg by:
10) Eskom.
11) SAL
12) Jim Fouché-oord by Vaaldam naby Villiers.
13) Botshabelo naby Middelburg Tvl. Gaan kyk by die ‘Middelburg Observer’.
14) Voortrekkermonument, Winburg.
15) Die sluiting van museums in munisipale hande of wat doodeenvoudig merendeels die ‘struggle’ uitbeeld soos byv. Bethal.
So kan mens aangaan en aangaan om nie eens te noem die donga-toestand van grondpaaie en strate.
Laat ons egter positief wees en veral die vorige eienaar sterkte toewens. Ek hoop net hy gaan nie sy geld in hierdie projek belê . . .

Lance ·

Wat het geword van Mala Mala wat david mabuza gekoop het vir 1bil.Dit is blykbaar die grootste reservaat in SA.en vir die anc.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.