Gemeenskap wil verkiesing boikot oor watermeters

Argieffoto: Pixabay

Hornlee United, ʼn gemeenskapsorganisasie in Knysna, dreig om die Mei-verkiesing te boikot in opstand teen die installering van watermeters deur die plaaslike munisipaliteit.

Avril Terblanche, sekretaris van die organisasie, sê in ʼn verklaring die raad se besluit om die watermeters te installeer is “rassisties” en slegs op gemeenskappe van kleur gemik. Terblanche het ʼn beroep op alle inwoners van Hornlee gedoen om nie vir enige van die partye te stem nie wat ten gunste van die besluit gestem het om voorafbetaalde watermeters in “slegs nie-wit gebiede” te installeer.

Sy sê dié partye sluit in die DA, die ANC en Cope.

“Ons moet dit baie duidelik maak dat Hornlee United ʼn gemeenskapsorganisasie is. Ons enigste belang is die welvaart van ons gemeenskap en ons soek ons grond terug wat tydens apartheid by ons gevat is.”

Die gemeenskap van Hornlee is al geruime tyd boos oor dié watermeters wat hulle meen op hulle afgedwing word. Die Knysna-munisipaliteit sê egter die gemeenskap se ontevredenheid is gegrond op inligting wat nie feitelik korrek is nie.

Chumisa Kalawe, woordvoerder van die munisipaliteit, beweer die meerderheid van inwoners het die installering van die voorafbetaalde watermeters verwelkom en die installering vorder goed. Ongeveer 283 watermeters is tot op hede geïnstalleer.

“Die ontevrede inwoners in Knysna ontvang nog steeds ses kiloliter water gratis elke maand en die gewone huishoudings ontvang drie kiloliter. Ons verseker julle dat julle nie jul gratis maandelikse water sal verloor nie,” het Kalawe gesê.

Volgens die woordvoerder is daar menigte voordele aan voorafbetaalde meters, insluitend geen meterlesingskattings nie, geen verrassings as die rekening kom nie, beter beheer oor verbruik en die bevordering van verantwoordelike hulpbrongebruik.

“Hoewel die projek gemik is op hulpbehoewende huishoudings en huishoudings wat nie tans watermeters het nie, kan enige huishouding aansoek doen om die meter te laat installeer indien die inwoners verkies om oor te skakel. Ons het reeds versoeke van inwoners in ander wyke gehad om dié meters by hul eiendomme te laat installeer. Tot dusver het die projek positiewe reaksie uit ander gebiede gekry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Johan ·

As watermeters rassisties is, waarom het ek dan so ‘n watermeter???

Vonna ·

Ons het al water meters vandat ek gebore is….EN dit is 46jaar?

Swerwer ·

Water verniet, elektrisiteit verniet, HOPhuis verniet, onderwys verniet, medies verniet, SASSA veniet, so hoekom werk?

Manie van Worcester ·

Presies, alles moet verniet wees dan lekker ons saam en die witmense werk en die staatsdiens gaan haal elke maand hulle sallaris vir bywoning

Riaan ·

Presies Swerwer. Kom ons almal gaan sit op ons gatte en kyk dan wat gebeur met die plek..

marous ·

Ek het al vir 40 jaar ‘n watermeter en betaal vir elke liter . Hy is wit en ek stem saam , ek is ‘n slagoffer van rassisme

M ·

Ja hulle sal want nou moet hulle mos soos ons almal betaal ….

Ray ·

Die rassistiese wit meters. Ai. Gelukkig is myne blou maar oooo wee ek moet nogsteeds betaal. Die water meter ken nie sy plek nie. Sal maar vir Jan van Riebeeck moet blameer

Boet Fasie ·

Avril Terblanche is heeltemal korrek , watermeter is ” rassisties” want omtrent alle blanke of witmense het ‘n water en kragmeter en kry niks verniet nie. Daar word ge- diskrimineer teenoor witmense wat vir alles ten duurste moet betaal en nog moet betaal vir ander se SASSA toelaag wat mildelik uitgedeel word

BlinkStephaans ·

Ag maar baie geluk dat julle opgekom het met daardie redenasie… natuurlik sal dit rasisties wees vir julle… want ewe skielik moet julle nou betaal vir jul water voor julle dit ontvang… en kan nou nie meer net na hartelus mors daarmee… of net af en toe betaal soos julle lus het. Dit is hoekom die land is waar dit is… want van die hoogste politieke vlak tot by julle wat in hornlee bly wil almal net hê… en as julle nie kan hê wil julle dit afbreek. Welkom in die wêreld van elke landsburger wat maar moet betaal vir alles wat hy wil hê of daarsonder klaarkom as hy dit nie kan bekostig.

Johan ·

Ek dink nie van julle verstaan die water meter ding so lekker nie. Dit is nie die meters waaraan ons al so lank gewoond is nie. Hierdie meters waaroor hulle ontevrede is, is Voorafbetaalde water meters.

Johanna Botha ·

Wil alles verniet he ..krag huis water …hoe dink die mense ! Geen wonder die land is so diep in die moeilikheid !

willem Botha ·

Pleks boikot die mense en stem VF+uit weerwraakvir die vreeslike onreg teen hulle

Schalk ·

Ja wragtig die klomp wit karre opswart teerpaaie is net so rassisties ons moet die vervaardigers wat hul voertuie wit spuit boikot.Lekker ossewa of kap karretjie dan raak osoongat groter van beeste wat ……

Johan ·

Ek wens hulle wil oor die rasis ding kom. Oor wat gaan hulle volgende kla? Wit strepe op teerpad? Wit tande? Julle skelet is wit? Wit papier? Die feit dat die wit merke op die pad vir hulle sê wat om te doen?? Kom oor julle self. Ons almal het water meters en betaal vir ons verbruik. Probleem is julle is al so gewoont aan al die geskreeu van apartheid en grondgryp julle gaan nie weet wat om te doen as julle grond het nie!! Pleks ivp toi toi en leeg lê en afbrand gebruik daardie tyd en leer, werk en verbeter en spaar en koop dan n stukkie grond dan weet jy jy het gewerk daarvoor. Maar soos enige ding op die aarde wat jy net kry gaan jy nie waardeer nie, dis al bewys…

John ·

… en nou gaan die spul ook nog verniet stem… al kry hulle weer verniet water…

Johanna Botha ·

Boikot asb ja ! Eintlik moet jy net kan stem as jy kan bewys jy het n tax no ….dit moet die vereiste wees as jy registreer om te stem !

Elize ·

Johanna “You are simply the best” Wat n ongelooflike blink idee. Miskien moet ons begin “demand” om dit van toepassing te maak. Wat laat jou dink die ongewenste wittes regeer dan binnekort weer die land. Hulle moet ons nog net laat betaal vir die suurstof wat ons gebruik, want ons betaal al van Jan van Riebeeck se tyd af vir ALLES. Dit wat hulle in 1994 by ons oorgeneem het, is met belasting betalers (meestal wittes) se geld gedoen en selfs dit kon hulle in 25jaar nie eers onderhou nie. We want or We destroy moet hulle slagspreuk eintlik wees.

Gatvol ·

Ek is wit, is nou gatvol vir rassisme en BEE en alles wat daarmee saamgaan, want as jy iewers wil inkom moet daar n geldjie onderdeur gaan, want jy is wit.

Wilma ·

Oe die mense wil net demand. Betaal vir jou water en krag verbruik. Waar moet geld vandaan kom indien niemand wil betaal. Ons hou ons meterlesing dop. Kani net na hartelus krane oopdraai
Elkeen in hierie land het n verantwoordelikheid om als spaarsamig te gebruik en te BETAAL
mense het te veel kinders vi allpay
Dis hukom ons oorbevolk is

barend v d westhuizen ·

dit is tyd dat almzal wat water gebruik in meter kry en betaal vir dit

honourable member ·

Waaroor kla hierdie mense want hulle betaal in elkgeval nooit vir water of erfbelasting nie nie, net die blankes . Ek sien daar is gister n watermeter voor my huis ingesit.

Heksie ·

Nee, hulle wil weer alles verniet hê! Want solank daar ‘n rekening kom, hoef hulle nie te betaal nie, maar as die meter nie geld op het nie, het hulle nie water nie …

gatiep ·

Dis verskriklik dat hulle wil he julle moet betaal vir water.
Een van die dae wil hulle he julle moet grondbelasting en vir krag ook betaal.
Arme julle en witmense kry alles verniet.

Anoniem ·

Dit beteken daar word al vir 41 jaar teen my gediskrimineer, want dis hoe lank ek al vir water betaal.

RG ·

Waar’s die dae toe niemand vir water betaal het nie. Onthou julle nog? Dit was ‘n God gegewe gawe, selfs in Transvaal.

Trol ·

Sowaar? Sover as qat ek kan onthou, het ons nog altyd vir water, lopende water, betaal. So het my oupa, munisipalewerker wat watermeters geinstalleer het ook gesê. Selfs in Tranavaal.

noeks ·

Is ek die enigste een wat verkeerd lees. Dis pre paid water meters, soos met die elektrisiteit

Sê maar net ·

Noeks, dit is nie duidelik of dit Prepaid is nie, maar ek vermoed so. Hierdie watermeters word gratis geinstalleer vir sekeres en dit beheer jou kiloliters wat jy op ‘n dag gebruik, ons moes betaal het vir die watermeter op ons grond en betaal nou vir elke watermeter ‘n ekstra R100 nog voor ons die kraan oopgedraai het, ons kry geen aantal kiloliters gratis nie. Dan wonder ek maar net verder oor watter groep is die meeste rassisties. Wat maak dit dat jy rassisties is? Die gedrag van die ander ras, die moord en doodslag wat ‘n ander ras teenoor jou ras uitoefen? Die absolute onredelike en wetteloosheid op die paaie? Ek raak ook kwaad as ek sien hoe ons mense uitgemoor word, ontneem word van werke en as Taxi’s net maak wat hulle wil op die paaie. Ek het niks aan hulle gedoen nie, verdomp, apartheid kry nou nog die skuld, hoe lank nog? Dit gaan nooit verander nie. Apartheid was daar vir ‘n rede, daar was orde

Helene Heyns ·

Dit sal moet prepaid wees want hierdie mense ken nie van n rekening betaal nie.

pinkie ·

Hulle voorspel S.A. behoort binne die volgende paar jaar nie meer wit te wees nie. Dan sal daar nie meer pligsgetroue e-tol betalers, belasting betalers, water betalers, elektrisiteit betalers wees nie en kan die land terugkeer na sy oorspronklike landskap voor 1652.

WIEBO ·

Ek het n watermeter in Cullinan gehad, en en hy kan maklik “ge by pass” word. My landlord het dit self gedoen toe hy paving ingesit het by die huis. So, n watermeter is goed om self te monitor hoeveel water jy gebruik, maar die oneerlikes kan dit “by pass” en nie betaal vir water nie.

Boet Fasie ·

Baie maklik vir ‘n plaaslike oweheid om oneerlike mense te kan vang deur die verbruik van ‘n area te vergelyk met die lesing van die verskillende grootmaat meters. Jy kry ook vooraf betaalde meters wat registreer as daar gepeuter is of word, soos met pre – paid krag meters. Vang gaan die skelms gevang word.

Anita ·

My hele lewe het ek ‘n watermeter, dit word gelees en ek betaal, op 78 weet ek nie
eers of ek ook soveel water vry ontvang nie. Kaapstad vra elke maand van my R100 ekstra voor gebruik: WAAROM ?…..OMDAT EK ‘N WATER AANSLUITING HET EN GEEN BESWAAR WORD AAN GEHOOR OM DIT UIT DIE REKENING TE VERWYDER NIE.
Alles moet vir niks wees, wanneer begin die blankes MASJEER EN PROTES AANTEKEN
ASB. KAN IEMAND DIT ORGANISEER !!

Alida ·

Huh, nerens in hierdie land nie. Hulle beset oornag enige beskaafde plek en verander hom oornag in n hool.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.