Gemeenskappe sukkel, maar ANC koukus by luukse lodge

ANC-se-vlag-deur-ANA

ANC Foto: ANA.

Die Demokratiese Alliansie in Noordwes het die LUR vir plaaslike regering en die ouditeur-generaal versoek om ʼn interne ondersoek te doen nadat die ANC in Tswaing-munisipaliteit honderde duisende rand spandeer het aan ʼn “strategiese beplanningsessie”.

Kagiso Mangwejane, DA-koukusleier in Tswaing (Delareyville/Sannieshof), het gesê die sessie is by ʼn luukse lodge in die Wieg van die Mensdom gehou waar ʼn motiveringspreker R30 000 betaal is en ʼn fasiliteerder vir R200 000 aangestel is.

“Die gemeenskap sit nou al jare sonder water en dienste, maar hulle dink dis heeltemal reg om R236 280 te spandeer aan akkommodasie. Hierdie uitgawes het sonder ʼn raadsbeslissing plaasgevind,” het Mangwejane gesê. “Die munisipaliteit is in ʼn finansiële verknorsing en is in die grond in bestuur deur die ANC. Krediteure staan in ʼn ry, daar is geen diesel vir voertuie nie, pompe en reservoirs is vervalle en in baie gebiede is daar geen watertoevoer nie. Dis normaal vir inwoners om in riool te leef. Tog duur besteding onverpoosd voort.”

Mangwejane het gesê die opleidingsessie kon baie goedkoper plaasgevind het. “ʼn Munisipale venue kon teen geen koste nie gebruik word, plaaslike spyseniers kon gebruik word en akademici van plaaslike universiteite kon as gassprekers opgetree het.

“Die DA sal dit nie duld nie. Ons sal seker maak dat die saak nie onder die mat ingevee word nie, maar ondersoek word en dat die mense van Tswaing op hoogte gehou word oor die gedrag van korrupte en gierige beamptes.”

Hy het gesê Tswaing het ʼn nuwe begin nodig met ʼn regering wat omgee, iemand wat die dienste kan lewer wat hulle so desperaat nodig het. Die ANC versuim ons gemeenskappe en hulle sal eerder die mense se geld gebruik vir ʼn vakansie, onder die dekmantel van ʼn “opleidingsessie”, eerder as om die mense te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Net so ·

Net so vat hulle goed vas – alles is mos n partytjie – dan n ten duurste vakansie houende ondersoekspan – dan n nuwe span en so hou dit aan en aan. Ek kan net nie glo dat intelligente familie van die massas nie vir hul daarop kan wys “terwyl jul dood van honger, hou Anc oraloor vakansie en luukse funksies terwyl hul niks werk of vermag nie”

Veritas ·

Hulle is demokraties verkies. Dit beteken dat die meerderheid van die inwoners, tevrede is met die raadslede se optrede. Laat hulle maar so aangaan. Met die 2019 verkiesing sal daar hopelik nog een of twee van die kiesers besef dat die ANC ‘n terroriste organisasie en nie ‘n regering se stert is nie.

SjN ·

Geluk, met die uitsonderlike prestasie verdien jul dit, eet en geniet.

hANNES jANSEN ·

“Die deler is so goed as die steler” – Ons weet ALMAL van die grootse vermorsing wat daagliks plaasvind waarvan dit in die artikle ‘n daadwerklike bewys is. Dit is BELASTINGS geld wat deur ons betaal word.
Net ‘n belastings boikot sal die mense tot die besef bring dat dit NIE so kan aangaan nie.
Wens net ek het geweet hoe om so iets te kan begin – Talk is cheap, money buys the whiskey !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.