Gemeenskapsaal in Kaapstad afgebrand              

Argieffoto

Argieffoto

Die OR Tambo-gemeenskapsaal in Khayelitsha in Kaapstad is Sondag afgebrand.

“Die stad se departement van sport, ontspanning en geriewe het Saterdag ʼn geleentheid vir jongmense by die saal gehou,” het Belinda Walker, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste, in ʼn verklaring gesê.

“Berigte is ontvang dat sowat 30 deelnemers vermoedelik weens voedselvergiftiging siek geword het. Dié deelnemers is na die Khayelitsha-hospitaal geneem vir mediese behandeling en waarneming.”

Die stad het die middag ʼn vergadering met die ouers by die saal gehou om die situasie te bespreek. “ʼn Groep inwoners het gedurende die vergadering die saal binnegegaan en was onder die indruk dat die vergadering in verband met behuisingsontwikkeling en dienslewering was. Amptenare het aan die inwoners verduidelik waaroor die vergadering gaan en hulle is daar weg,” het Walker bygevoeg.

Sy het gesê ʼn groep inwoners het Sondag in die vroeë oggendure teruggekeer en die gebou aan die brand gesteek.

Die kombuis is heeltemal verwoes en ander dele van die gebou het geringe strukturele skade. Die hele gebou het erge rookskade opgedoen.

Die stad moet nog die omvang van die skade bepaal.

“Die stad sal ʼn ondersoek van stapel stuur oor die voedselvergiftigingkwessie. Die versnaperinge is deur ʼn diensverskaffer verskaf. As nodig, sal die nodige optrede gedoen word.”

Walker het gesê die stad se wetstoepassingsagentskappe en die openbareorde-polisie is na die gebied ontplooi om wet en orde te handhaaf. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

zahn ·

En gaan daar nou maar net ‘n nuwe een gebou word? Net sodat dit met die volgende misverstand ook afgebrand kan word? Pragtige voorbeeld vir die jonges. Mooi gedaan, met die mentaliteit is daar (volgens zuma) niks verkeerd nie. Dis om van siek te word.

scalla ·

Nou wat het die voedselvergifting met die saal uit te waai, klomp barbare, waardeer niks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.