Gemeenskapsaal in Kraaifontein afgebrand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gemeenskapsaal in Kraaifontein in Kaapstad is Donderdag afgebrand.

“Daar is tekens van ʼn inbraak in die badkamerplafon,” het Alderman JP Smith, burgemeesterskomiteelid, gesê. “Veiligheidspersoneel het ook twee petrolbomme, wat nog nie afgegaan het nie, buite die gebou opgespoor.”

Hy het gesê dit wil voorkom of die brand binne die saal gestig is.

“Die brand het erge strukturele skade aan die dak aangerig, wat beteken dat die benadeelde gemeenskap nie van die saal gebruik sal kan maak nie. ʼn Aanvanklike ondersoek dui daarop dat brandstigting die motief was, aangesien die kluis in die kontantsaal en luidsprekers in die saal onaangeraak gebly het,” het Smith bygevoeg.

Hy het gesê dit is veral bejaardes wat hul pensioenbetalings by die saal kom haal wat die swaarste hierdeur geraak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anon ·

Sal liewer my kommentaar vir myself hou, want Maroela haal dit af sonder dat daar enige iets snaaks is…….. Dog ons het almal vryheid van spraak. Ek het geen vloek woord gebruik of rassistiese aanmerkings gebruik nie.

Drieks ·

Anon, ek dink as ‘n sekere persoon werk gebeur dit. Want erg goed gaan deur en dan skielik mag ons nie die waarheid praat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.