Gemeenskapslede steek ‘verkragter’ aan die brand

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Die Limpopo-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man Saterdag in Waterval in ʼn voorval van bende-geregtigheid aangerand en aan die brand gesteek is.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die voorval het in die Mpheni-nedersetting plaasgevind.

“Ontstoke gemeenskapslede het ʼn Zimbabwiër, wie se ouderdom onbekend is, aangekeer en van verkragting beskuldig,” het Mojapelo gesê.

“Hulle het hom na die huis van ʼn plaaslike gemeenskapsleier geneem. Die leier het voorgestel die polisie moet ontbied word om die saak verder te voer.”

Mojapelo het gesê die groep het geweier en die man weggevat, waarna hulle hom aangerand en aan die brand gesteek het.

“Die polisie is ontbied en met hul aankoms op die toneel, was die slagoffer reeds dood. Hy het onherkenbaar verbrand.”

Die polisie het die gemeenskap se optrede ten sterkste veroordeel en gewaarsku enigiemand wat in verband met die voorval in hegtenis geneem word, sal aangekla word van moord.

“Ons doen ʼn beroep op gemeenskapslede om alle kriminele dade by die polisie aan te meld sodat dit wettig vervolg kan word en om hulle te weerhou van boendoe-geregtigheid,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gemeenskap ·

…die gemeenskap veroordeel die polisie se optrede ook ten sterkste. Polisie, regering, kry julle sake in orde! Julle is veronderstel om die misdadigers vas te vat maar julle doen nie!

Keelvol ·

Ja Katryn die verkragters is wreed ek stem saam, gelukkig sal die een nie weer se wreed kan wees nie.

Alida ·

Katryn as hy jou dogtertjie verkrag het sou dit ook so “vreeslik” wreed gewees het om hom te brand? As daar nog sulkes is met sulke planne sal hul nou 2X dink.

Riaan ·

My eerste reaksie is ook gewoonlik om eers te baklei en om dan daarna meer besadig oor ‘n onderwerp te dink. Party sake het net ‘n manier om my knoppies te druk en ek reageer dan heelwat heftiger as wat die situasie regverdig. Duidelik het ek en my amygdala nog ‘n lang paatjie om stap …
Ek wil nie woorde in Katryn en Jem se mond lê nie, maar net omdat hulle die moord van ‘n moontlike onskuld persoon afkeur beteken dit nie dat hulle die geweldadige daad van verkragting goedkeur nie. Net omdat hulle voel dat die manier waarop die “reg” toegepas is onmenslik is, beteken dit nie dat hulle voel dat geregtiheid nie moet plaasvind nie.
Katryn/ Jem is heel moontlik hier op Maroela Media omdat sy net soos die res van ons oor die werklike toedrag van sake in ons land wil lees en natuurlik, omdat dit verniet aan ons beskikbaar gestel is nie :) Met “righteous anger” gaan ons die Katryns, wat wel ‘n opinie het, wegjaag. Woede mag van ons bymekaar bring, maar dit gaan ons nie bymekaar hou nie.

Jem ·

Barbaars. Jy kan mos nie n man aan die brand steek net omdat hy blood n verdagte is nie.watter bewys is daar dat die oorledene wel die vrou verwag het. Miskien sou die polisie die nodige bewyse in die hande kry om die ware very raster vas te trek. Dit is heeltemal verkeerd dat die gemeenskap die reg in eie hande neem.

Bewyse bewyse ·

Al kom jy met bewyse, hoeveelookal, dit help nie. Al weet almal presies wie dit is, al is daar beeldmateriaal, al is daar getuies, die misdadigers bly vrykom en ons is moeg daarvoor!

conrad ·

Die gemeenskappe weet baie goed wie is die skuldige en hulle maak n voorbeeld van hom – en hopelik skrik dit n paar af om hul boosheid voort te sit. Hul gaan deur hel in die areas waar hulle woon. sodiende spaar hulle hul eie kinders.
Ek doen my eie werk, maar ek het getuienisse gehoor in watter vrees hulle leef dag en nag. Dis moeders wat radeloos en weerloos is wat so begin optree want die beskermers van wet en orde in hierdie land funksioneer99% nie. Kry eers met so iets te doen dan praat ons weer.

Wern ·

Conrad jy is n baie wyse mens, jy redeneer baie goed en is seker baie intelligent.

Groot oë ·

Jem, hy kan haar nie verwag nie! Lees bo oor verkragting, hierdie gemeenskap weet wie dit was. Ek stem ons moet nie hande in eie reg neem nie, maar werklik, verkragting het n Nasionale sport geraak en as dit nog n buitelander is….. gaan kyk in Botswana of jy mob justice, verkragting en moord sien, nee, want die wette beskerm landsburgers en besiekers teen sulke uitvaagsels (verkragters, moordenaars) daar kry jy doodstraf as jy dit aan enige iemand doen, hul weet, hul try nie en dit bring geen mob justice. Bepleit liewer regte sisteme, beskerming en minder mense regte vir kriminele, hoeveel wat gevag word is al met sy 3de / 4 de parool uit en dan verkrag hy weer.

w ·

Munie se dis wreed. Hu wreed is dit om boere te martel tot di dood. Di gemeenskappe is g vol vi die inkommers vani buurlande

Hennie ·

Nie bende geregtigheid nie, dit was gemeenskap geregtigheid. Die gemeenskap smag na die doodstraf.

Ig ·

Verseker sal hy nooit weer verkrag nie.Ek voel vir hom soos oor n vlieg wat doodgelaan word.

Dignity! ·

Ja wat n oplossing! Een minder wat die belastingbetaler moet voer in die tronk.
Lewer elke booswig aan hulle uit! Baie gou sal dinge kalmeer in land. Dis Desperate TYE.Terwyl ons hier lees en kommentaar lewer, word daar hoeveel kinders verkrag? ons hoor nooit daarvan nie. ek sidder om more MM te lees! Vrees vir nog n skok martel moord op ons mense!,
Ek soek hierdie boendehof- niks anders werk nie. Stop die problem net daar.

Francis ·

IS HOOGTYD DAT DIE POLISIE DIE PUBLIEK ALMAL BESKERM OOOOOK DIE BOERE …. WONDER WAT DINK OORSEE SE LANDE VAN ONS ????? OOK VAN DIE SIRKUS IN DIE PARLEMENT !!!!!!!,???????

carl ·

Die gemeenskap word gedwing om reg in eie hande te neem. Hy sal nie weer verkrag nie.

Marina ·

Dalk moet die boere ook maar reg in eie hande neem, hulle moet net nie uitgevang word nie

Alida ·

Boedoe geregtigheid is al wat gaan help. Die voornemende verkragter sal 2X dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.