Gemeenskapslede vermoor man wat glo moor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 86-jarige man is deur gemeenskapslede met klippe doodgegooi en aan die brand gesteek aangesien hulle vermoed dat hy ʼn vrou verkrag en vermoor het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het in Hlanganani naby Giyani in Limpopo plaasgevind. Hy sê die gemeenskapslede het die bejaarde man met klippe bestook voor hulle ʼn band om sy nek gesit en dit aan die brand gesteek het. “Die verdagtes het van die toneel gevlug en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.” Genl.maj. Berning Ntlemeza, provinsiale polisiehoof, het intussen ʼn spesiale taakspan op die been gebring om die moord te ondersoek. Hy het ʼn beroep gedoen op mense wat inligting het oor die voorval om na vore te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.