Gemeentelede moet nou glo Zuma-bank gebruik

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

VBS Mutual Bank, die bank wat bekendheid verwerf het nadat dit finansiering aan pres. Jacob Zuma verskaf het om van die opgraderings by sy huis in Nkandla terug te betaal, gaan glo binnekort bykomende geld ontvang nadat die “hoof apostel” van die Twelve Apostles Church in Christ” Sondag sy 4,5 miljoen gemeentelede beveel het om hul geld by die bank te deponeer.

Caesar Nongqunga het die bevel tydens ʼn internasionale dankseggingsdiens gemaak wat by Durban se Moses Mabhida-stadion gehou is. Zuma het ook die diens bygewoon.

Nongqunga se motivering om gemeentelede te beveel om hul geld uit die groot banke te onttrek, is omdat hy self nie ʼn lening van R2 miljoen by FNB kon verseker om ʼn eiendom te koop om ʼn kerk te bou nie. Hy het aan die geskatte 15 000 persone in die stadion gesê FNB wou nie sy bestaande lewensversekeringspolis aanvaar as sekuriteit vir die lening nie.

“Elke lidmaat van die Twelve Apostles Church, onttrek julle geld uit enige ander bank en deponeer dit in dié bank. Ek gaan dieselfde doen. Die kerk gaan dit ook doen,” het hy gesê.

Nongqunga het gesê VBS sal dan ʼn filiaalbank met die geld skep. Die hoofkantoor van dié bank sal in Oos-Londen wees met takke in Umtata, Durban en Johannesburg. “Ek verwag nie dat enige ander lidmaat dan by enige ander bank sake sal doen buiten VBS Bank nie. Ons moet by ons eie bank sake doen.”

VBS Bank het opslae gemaak toe hulle ʼn lening aan Zuma toegestaan het om die kostes te betaal vir nie-sekuriteitsopgraderings aan sy huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.

VBS Bank het in 1982 sy deur oopgemaak as die Venda Building Society en het in die vroeë 1990’s ʼn onderlinge bank (ʼn bank wat deur sy deposante besit word) geword met meeste van sy klante in Limpopo.

Kommentaar was nie dadelik beskikbaar van VBS Bank of FNB nie.

Buiten Zuma, het KwaZulu-Natal se premier Willies Mchunu ook die diens bygewoon, saam met eThekwini-metro-burgemeester Zandile Gumede. Hulle het albei aan die kerkgangers gesê Zuma word onregverdig geteiken.

“Hy word deur die duiwel aangeval en die duiwel gebruik Judas se strydwa. Satan gebruik selfs die mense naaste aan hom,” het Gumede gesê. “Gewone sterflinge kan Zuma nie veroordeel nie en het geen reg om dit te doen nie. Slegs Jehovah kan hom oordeel. Wie is julle om hom te oordeel?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

MikeT ·

Waar Zuma betrokke is is daar altyd geld issues ook by betrokke.
Hierdie man is giftigste slang in politieke kringe nog ooit.
Dis egter omdat KZN nog die enigste provinsie is wie se leiers en meestal sg stamhoofde hom nog egter onvoorwaardelik steun.
Hier kom nog ʼn ding…. kyk maar mooi

hoe nou ·

Bank zuma en sy gupta vriende ook by die vbs bank. Iets klink nie lekker aan die storie van die kerk nie. Hier is n slang in die kerk en ek dink ek ken die slang se naam

Ig ·

Laat hulle daar bank en die risiko loop om al hulle geld te verloor en ook gelooi word met rente en hoëbankkostes.

hoe nou ·

Gaan hulle ‘n tak oopmaak in Dubai sodat zuma se seun Sy miljoene daar kan bank

Johann ·

Dank die Vader vir n Gees van onderskeid want soveel van n gemanifesteeerde vals profeet het ek nog nooit gesien nie! En weereens word daar skaamteloos op die mees funrable geprooi…Zuma die BEDRIER!!!!!!! Sopas weet 16 miljoen rand van die land se staastskis gevat om oor sy terroris pel Castro te gaan huil…

Kaufman ·

Mense wat vir sulke naiewe nonsens val is inelkgeval nie goeie kliente van lenings nie so dit beteken minder slegte skuld vir die slim banke. Dankie Caesar.

Alida ·

Oee ek ruik n vet stink rot. Wat het n Ds met die gemeente se banksake te doen? Los hulle n paar miljoen mense gaan lang trane huil as al hul geld weg is. Net die naam Zuma moet al jou hare laat rys as dit by geld kom.

Jaco Grobler ·

Alles wereldse dinge wat hier ter sprake is, nuwe huis, nuwe kerk, banklening wat afgekeur is, twee banke en ‘n leier wat misrabel daarin faal om sy medemens te dien. Nou wil hy nog 4.5 miljoen mense se lewens benadeel deur hulle te laat aansluit by ‘n bougenootskap wat 4 takke in die land het! As die man tog net ‘n greintjie kon verstaan van die ‘Jehovah’ wat hy gebruik in sy boodskap…

John ·

Die een dag met trane by ‘n ateis se begrafnis en twee dae later smekende en afwysende prediking met die Bybel in die hand by Christelike feesvieringe. Die preek en kollekte-bordjie was ten bate van die aardse opperleier en mammon. Oppertunisme en post-waarhede se moses. Die Guptas wou glo self ‘n bank koop. Wat is die prys van ‘n bankrot bank? Mens wonder of die ander swart volke in SA nog lank die’ Zoeloe-dominansie en voortrekkery gaan veel. Hier kom ‘n ander ding. . .

Sue ·

Ek bekommer myself nie so baie oor dir leiers nie…maar juiste oor die mense wat glo wat hulle vekondig in die naam van Godsdiens of watookal hierdie mense verkondig. So maklik om hordes mense te breinspoel! Dit maak my bang om te dink mense kan nie meer Dink nie!

Marius ·

Hulle is baie slim Zuma gaan laat die kerk mense sy skuld betaal.

snoefie ·

dis nou vryheid van keuse a la jz soos deur die grindwet bepaal. nongqunga kyk mooi wat het van die handperdjies void jou geword.

neelsie ·

Die wat wind saai sal n storm oes.
Die profeet Amos(hoofst 3+4) waarsku oor hierdie handeling.

Jean ·

Die een scam na die ander. Alles draai om geld, en om dit van die armes te steel gee niemand een nag se slapeloosheid nie. MAAR bygesê as die mense van SA nogsteeds so dom is om al hierdie goed te glo en ingetrek te word daarby, dan moet hulle maar suffer. Daar is nie pille vir domgeit nie. Een dag trek Zuma die Bybel nader, die ander dag moet die kerk ophou inmeng in sy sake .. dink ook nie meer hy weet aldag lekker wat hy wil hê nie.

jaco ·

Dis uiters rassisties van FNB om nie vir die man n lening te gee nie. Lyk my as daar n swart aansoeker by FNB vir geld vra, word die deur voor hom toegeklap. FNB is net nog n voorbeeld van wit rassistiese uitbuitende geldmag wat hardnekkig weier om te transformeer. Die Staat behoort FNB te dwing om dadelik sy topbestuur volgens SA se nasionale demografie te transformeer, en indien FNB dit ook weier, moet dit genasionaliseer word.

maricia ·

Ons wou n lening by FNB gaan maak het toe is dit nie toe gestaan nie.die selfde dag gaan ons Capitec toe we’ll ons het dit gekry.is nou al 15 jaar by hulle.en ek sal nie my bank veruil vir FNB of ABSA nie.

Louwrens ·

Jaco, ek weet nie of dit wat jy se eintlik tong in die kies is of nie. As jy erenstig is met die opmerking moet jy jou self gaan vergewis van die internasionale norm wat toegepas word om krediet en kredietwaardigheid te bepaal. Die kleur van jou vel het bittermin daarmee te doen.

GerhardG ·

Hierdie ‘predikant’ en sy meelopers het ‘n hele paar tekste uit Spreuke 10 wat op hulle van toepassing is! Hier is ‘n paar voorbeelde: ‘Goed wat deur onreg bekom is, bring geen voordeel nie.’; ‘Daar steek geweld agter die mooi woorde van die goddeloses.’; ‘Wie aanhou onsin praat, kom self tot ‘n val.’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.